CM van den Heever (1902–1957)

  • 2

Gebore en getoë

Christiaan Maurits van den Heever is op 27 Februarie 1902 in die Norvalpontse konsentrasiekamp gebore, as die vierde van agt kinders. Sy pa was Christiaan Maurits en sy ma, Maria Elizabeth Oberholzer.

Ná die Anglo-Boereoorlog het die gesin mekaar weer op die plaas Poortjie in die Trompsburgse distrik gevind. Hier was dit veral sy pa, wat ’n gesiene kerkmens was, wat ’n groot invloed op CM van den Heever gehad het. Hy het ook gereeld saam met sy oupa na begrafnisse en bidure in die omgewing gegaan.

Hy het grootgeword op Poortjie en sy broers was almal ook kunstenaars. Kootjie was eers joernalis voordat hy na Johannesburg is, waar hy tydskrifredakteur en reklameskrywer was, asook skrywer van etlike boeke. Daar was ook Tom wat die Hawaise kitaar met gevoel kon bespeel, en ook Giel, wat in die hoërskool besluit het dat hy genoeg van die skool gehad het en sy boeke weggepak het. En toe verskyn daar in Die Landbouweekblad verhale van Boet Giepens, Giel se skuilnaam (Albert Coertzen, Oggendblad, 24 Maart 1981.)

CM van den Heever se eerste skool was op Krugerspoor in die Trompsburgse distrik en dit is hierdie gebied wat hy in sy latere skryfwerk so graag uitgebeeld het. Hy het self vertel dat die tyd wat hy aan hierdie skooltjie deurgebring het, die enigste tyd was wat hy nie buite in die veld was nie. Hy het meestal gehelp om sy pa se skape op te pas.

In standerd vyf is hy na Grey-kollege in Bloemfontein, waar hy gematrikuleer het. Hy het op skool al ’n buitengewone belangstelling in die geskiedenis en letterkunde getoon.

Verdere studie en werk

Ná matriek het hy as onderwyser en staatsamptenaar gewerk, maar hy wóú gaan studeer en hy is aan die begin van 1922, met behulp van die Thomas Robertson-beurs, na die Grey Universiteitskollege in Bloemfontein, waar hy aan die einde van 1924 sy BA-graad met onderskeiding in Hollands en geskiedenis behaal het.

Dit was tydens sy studies dat die jong CM vir DF Malherbe ontmoet het, en dit was Malherbe wat die eerste persoon was wat die student se eerste pogings tot digwerk gesien het. Aanvanklik was geskiedenis CM hoofbelangstelling; hy het hom eers tydens sy derde jaar, in 1924, op sy skryfwerk begin toespits. Van sy eerste digwerk het in universiteitsblaaie en in tydskrifte soos De Goede Hoop, Die Huisgenoot en Die Boervrou verskyn.

Hy het hom na afloop van sy studie by die redaksie van Die Landbouweekblad aangesluit en vanaf 1925 ook redaksiewerk vir Die Volksblad gedoen. Hy het sy studie voortgesit onder leiding van A Francken en DF Malherbe en einde 1926 het hy sy MA-graad met onderskeiding behaal. Hy het hiervoor die Porter-beurs vir buitelandse studie ontvang en moes dus uit sy werk as redakteur van die letterkundige en ontspanningsrubriek van Die Volksblad bedank om verder te gaan studeer.

Hy het gedurende sy studiejare ’n bepaalde voorliefde ontwikkel vir die Vlaamse skrywers Stijn Streuvels en Cyriel Buysse. Sy belangstelling in die wêreldletterkunde is verder geprikkel deur die Russiese skrywers Tolstoi en Dostojewski en ander groot Europese skrywers soos Gustave Flaubert, en ook die Skandinawiese meesters, soos Hamsun en Unset.

Hy het hom baie aangetrokke gevoel tot die digwerk van die Nederlandse Tagtigers met hulle stemmingswerk, en in Afrikaans was dit veral Totius wat hom begeester het.

CM van den Heever is in Julie 1927 met Martie Klopper van Dewetsdorp getrou. Hulle het mekaar tydens hulle studentejare ontmoet. Hulle het twee dogters en ’n seun gehad. Martie was, net soos haar man, ’n vrou wat ’n leidende rol in die kultuurlewe van Johannesburg gespeel het. Sy het ook boeke geskryf, onder die skuilname Lydia en Anette Terblanche, sowel as werk onder haar eie naam. Sy was stigter van die tydskrif Die moderne vrou, wat later by Die Brandwag ingelyf is, asook van die Afrikaanse Dameskring en die Maria van Riebeeck-klub. Laasgenoemde was albei die eerste in hulle soort. Martie het dus deur haar betrokkenheid by hierdie twee organisasies haar lewe lank ’n belangrike invloed op die kultuurlewe aan die Rand uitgeoefen.

Voor sy vertrek na Nederland is Van den Heever se eerste digbundel, Stemmingsure, gepubliseer. Oor hierdie debuutbundel het GS Nienaber in Die Huisgenoot van 1 April 1927 geskryf dat CM van den Heever self gesê het “dat vir hom gesing moet word van liefde en haar wee, van lewe en sy kortstondigheid, van dood en sy koudheid, dit gaan oor sielsmart en natuuroorvloed, dit is vol van herinneringspyn en ’n besef van nietige eindeloosheid en beperkte ruimtelikheid – maar altyd bly dit vaag, soos by ’n Wassenaar; altyd verby die aandster, verby die ewigheid, iewers geheimsinnig. Hy voel die woeling in hom, maar nie met die hande nie: dis ’n gesang van rusteloosheid, soms so dat die stemming meer deur die ruisende sangerigheid van glyende winde gewek word as deur die inhoud self.”

Daar is net een gedig waarop Nienaber die aandag wou vestig en dit is “Die aandster”, wat aan ’n gelyknamige, lang en epiese gedig ontleen is.

Ook in hierdie tyd het sy novelle Op die plaas (1927) en die roman Langs die grootpad (1928) verskyn.

Op die plaas vertel die verhaal van Freek, ’n boereseun wat ’n stil lewe op die plaas gelei het totdat sy buurman se susterskind kom kuier en sy liefde vir haar begin ontstaan. Vir FS (Die Volkstem, 3 September 1927) is dit ’n mooi boekie wat toon dat Van Heerden sy karakters ken, en hoewel sy skryfwerk nog nie volle wasdom bereik het nie, is die resensent seker dat dit nog sal gebeur. Van den Heever se taal was nie altyd vir FS suiwer nie, vanweë die anglisismes, en die sinne kom lomp voor. Hierdie taalfoute is hinderlik, maar intussen hoop FS dat mense die boekie sal lees.

Vir MSB Kritzinger in Die Volkstem van 22 September 1928 was Langs die grootpad “besonke kuns – ’n boek wat van die eerste sin boei”. Dit handel, net soos Op die plaas, oor Hansie, ’n plaasseun wat jonk uit die skool is, maar wat baie graag dorpskool toe wou gaan, maar sy pa het nie die geld nie en het ook nie die nut daarin gesien nie. Hy raak bevriend met Maria, die bywonerdogter, wat hom aanmoedig om sy viool te speel. Ná omswerwinge beland Hansie weer by Maria-hulle op ’n ander plaas en ook later in die stad, waar hy verder studeer.

Vir Kritzinger is dit veral Van den Heever se beskrywing van die natuur wat goed is. Die natuur word ingespan om atmosfeer daar te stel en Van den Heever doen dit deur in ’n lekker digterlike prosa te skryf . Die vergelykings se egtheid kan ook nie betwyfel word nie. Kritzinger beskryf Langs die grootpad as ’n “verdienstelike roman en as ’n mens hom deeglik gelees het en oor die en ander nadink, voel jy dat hier ’n kunstenaar aan die woord is, wat met gesonde selfkritiek dit ver behoort te bring in ons romanwêreld”.

CM van den Heever het op 2 Februarie 1928 na die Universiteit van Utrecht in Nederland vertrek en einde 1929 sy doktoraal in die Nederlandse letterkunde behaal. Hy het in 1932 aan die Universiteit van Suid-Afrika gepromoveer met die proefskrif “Die digter Totius, sy betekenis vir die Afrikaanse letterkunde”.

Tydens sy verblyf in Europa het hy sy belangstelling in die filosofie gevoed deur heelwat leeswerk te doen. En vir die res van sy lewe sou daar in sy persoonlike lewe sowel as in sy werk ’n voortdurende spanning te sien wees tussen die aanvaarding van en berusting in die godsdiens waaraan hy van kindsbeen af blootgestel was, en aan die ander kant die “donkerder swaarwigtigheid van Schopenhauer of die meer mistieke instelling van veral Spinoza (in later jare opgevolg deur ’n soeke na rus in die Brahmaanse denkwêreld)” (André P Brink: Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek).

Van den Heever was altyd ’n voorstander van bande met die Dietse stamlande en nadat hy daar studeer het, het hy kontak behou met organisasies en individue in Nederland en België. Hy het hom entoesiasties daarop toegespits om die Vlaamse en Nederlandse boek in Suid-Afrika bekend te stel en ook om die Afrikaanse boek in Nederland en België bekend te stel. Hy het besoeke van studente gereël en ook studiebesoeke. In ’n toespraak voor die Imperiale Perskonferensie in 1935 het hy verklaar: “Die Hollander, net soos die Engelsman, moet nie net Afrikaans duld nie, hy moet dit aktief bevorder” (Pieter Kapp, Acta Academica, 2003).

Van den Heever is van 28 Oktober tot 15 Desember 1955 na Nederland nadat die Nederlandse regering hom daarheen genooi het. Die Departement van Onderwys, Kuns en Wetenskap het Van den Heever in Augustus 1955 benoem tot lid van die Toesigkommissie oor die Belgies-Suid-Afrikaanse Kultuurverdrag.

Aan die begin van 1931 is Van den Heever as lektor aan die Grey Universiteitskollege in Bloemfontein aangestel en in 1933 as professor in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Witwatersrand. Hier was hy die grondlegger van die Departement Afrikaans-Nederlands aan die Engelstalige Wits en as sodanig het hy oor die volgende 25 jaar ’n belangrike invloed op vele studente gehad.

“As departementshoof het hy ’n benydenswaardige tradisie gevestig van akademiese integriteit en hoë ideale wat skeppende produksie betref,” skryf Otto Liebenberg in Volksblad (1 Maart 2002). “Op dié grondslag kon opvolgers van die statuur van NP van Wyk Louw, Ernst Lindenberg en Gerrit Olivier voortbou totdat die roemryke departement uitgefaseer is.”

Hy het jonger Afrikaanse skrywers soos Elisabeth Eybers en Uys Krige aangemoedig en aan hulle leiding verskaf en sodoende bygedra tot die groei van die Afrikaanse letterkunde.

In Johannesburg het hy ook uitgereik na anderstaliges en ander kultuurgroepe en onder die Joodse gemeenskap het hy veral aansien geniet. Hy het bydraes aan die Jewish Affairs en Zionist Record gelewer en in 1953 het hy Israel op versoek van hulle regering besoek. Daar het hy weer kontak gemaak met een van sy oudstudente, Olga Kirsch.

Van den Heever se tydperk in Johannesburg kan beskou word as sy belangrikste jare op kultuurgebied en as skrywer. Hy het homself as boerseun in die groot stad van Johannesburg gevestig en het terselfdertyd ook as Afrikaner in ’n oorwegend Engelse omgewing gewoon en gewerk. Hy het dus die politieke stryd wat op die skeuring van 1933 uitgeloop het, beleef.

CM van den Heever se pa was sedert 1912 ’n getroue ondersteuner van generaal Hertzog en ook lid van die Nasionale Party vandat dit gestig is. Hy het in sy pa se voetspore gevolg en toe daar ’n breuk tussen Malan en Hertzog was, het Van den Heever saam met Hertzog gegaan. Hierdie ondersteuning het uitgeloop op sy belangrike biografie, Genl JBM Hertzog, wat in 1943 verskyn het.

Hy was ook ’n voorstander van “die Afrikaanse gedagte” – wat die titel van een van sy kultuurboeke was wat in 1935 verskyn het en wat opgevolg is deur Die stryd om ewewig van 1941.

CM van den Heever was lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en stigterslid van die Afrikaanse Skrywerskring in 1934. Hy was voorsitter van die Skrywerskring vanaf die stigting tot sy afsterwe in 1957. Hy het ook in die redaksie van die Jaarboek van die Afrikaanse Skrywerskring gedien en in 1951, nadat die Jaarboek beëindig is, het hy stigterslid van Tydskrif vir Letterkunde geword, waarvan hy tot sy dood hoofredakteur was.

Hy was ’n jaar lank voorsitter van die Afrikaanse Kunsvereniging en van die begin af lid van die Van der Walt-komitee wat gemoeid was met die uitruiling van kultuurgesante tussen Suid-Afrika en Nederland. Ook was hy lid van die Leijdse Maatschappij voor Nederlandse Letteren. Hy het ook gedien as voorsitter van die Johannesburgse Skakelkomitee, as lid van die Johannesburgse Hospitaalraad en as lid van die beheerraad van die SAUK.

Maar dit was as skrywer en digter dat Van den Heever sy grootste bydrae gelewer het en een wat altyd in die Afrikaanse letterkunde sou voortbestaan. Sy belangstelling in die politiek kon na vore kom in sy letterkundige werk. Maar behalwe dit kon hy sy lewenslange verlange na die plaaslewe van sy grootwordjare uitleef en dit idealiseer. Hy het ook in 1940 ’n plaas op die walle van die Vaalrivier in Parys gekoop, waar hy en sy gesin gereeld kon gaan kuier wanneer die stad hom verdruk laat voel het.

Met die verskyning van Droogte in 1930 het Van den Heever homself in die Afrikaanse romankuns gevestig. Die lewens van vyf Vrystaatse broers wat naby mekaar woon op die familieplaas, word uitgebeeld. Nie een kan ’n ordentlike bestaan op die plaas maak nie en as gevolg van die droogte boer hulle almal uit, behalwe Sagrys, wat gedurende die Anglo-Boereoorlog verraad gepleeg het en nie sy besittings verloor het nie.

Die hoofkarakter in die boek is die droogte, wat nie net ’n impak op die grond het nie, maar ook die mense van binne laat verdroog. En namate hulle sorge toeneem, is dit hulle swakker instinkte wat inskop.

In Die Volksblad van 30 Junie 1931 het PC Schoonees geskryf dat die roman een van die belangrikste probleme uitbeeld, naamlik “die ontaarding en verarming van die plattelandse bevolking as gevolg van langdurige droogtes. Van den Heever het hierdie probleem oorpeins en toe oorgegaan tot die skepping van enige romanfigure wie se lewe deur sekere ekonomiese verhoudinge bepaal word.”

Schoonees het afgesluit deur te skryf dat Van den Heever op sy beste is wanneer hy die droogte uitbeeld en skilder. Maar vir Schoonees het Van den Heever nog nie sy hoogtepunt bereik nie, hoewel hy oortuig is dat hy een van die bestes kan word. “Hy het ons iets laat voel van die boer se tragiese stryd teen die natuurkragte; verower deur die uitbeelding van enkele dramatiese momente in die lewe van ’n doofstomme en sy broer Soois, en hy het ons telkens verras deur sy digterlike waarneming van die gewone, alledaagse dinge. Buitendien het hy die erns om te strewe na die verwesenliking van sy kunstenaarskap.”

In sy Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur. Deel 1 (1978) skryf JC Kannemeyer dat dit ’n “eerste poging in die Afrikaanse romankuns (is) om die realistiese uitbeelding van die natuur met ’n sekere simboliese betekenis te laat”, maar die beelding van die karakters is te yl, “terwyl die mengsel van die liriese (geïnspireer deur sy leermeester Malherbe) en die realistiese (vermoedelik beïnvloed deur Jochem van Bruggen) ook sinvolle sintese mis” (André P Brink: Suid-Afrikaanse biografiese woordeboek. Deel IV).

Brink beskou Van den Heever se digbundel Deining, wat in 1932 verskyn het, as sy eerste hoogtepunt, veral vanweë sy “ambagbewustheid, sintuiglikheid, versifikasie en besondere ekspressiwiteit”. Brink gaan voort: “’n Byna-sensitivistiese inslag, waarin impressionisme verhewig tot innerlike gewaarwording, uitgebring in ’n baie fyn klankspel, maak van hom die voorloper van die broers Louw. Op sy beste gee Van den Heever hierin versmusiek stemmingsmomente waarin die heimlike gestalte kry; maar die gevaar van die vaagheid wat soveel van die waarde van sy later werk gaan verminder, is ook al hier aanwesig.”

DJ Opperman het Deining as “die eerste bundel van Dertig” beskou.

Van den Heever se volgende roman, Somer, verskyn in 1935 en dit word allerweë as sy beste prosawerk beskou. Dit is in Nederlands, Duits en Engels vertaal en in 1974 was dit ook in ’n filmweergawe op die silwerdoek te sien. In Somer word die plaaslewe beskryf, maar dit is nie weer die plaas in die droogtetyd nie, maar in sy “oordaad, in sy somerweelde,” het MSB Kritzinger in Ons Tydskrif (November/Desember 1935) geskryf.

Die leser leef saam met die koringboere en beleef saam die vrees wanneer die weer dreig om die oeste te vernietig, en vir Kritzinger word daar nêrens elders in die Afrikaanse letterkunde ’n koringsnyery so realisties uitgebeeld as in Somer nie. Dit het hom veral laat dink aan De oogst van Stiijn Streuvels. “Van den Heever gee nêrens lang uitputtende realistiese beskrywings nie. Hy is meer die impressionis wat in ’n paar lyne en enkele kleurveë die toneel voor ons laat lewe, maar ook die simboliese betekenis daarvan laat voel.” Vir Kritzinger is dit die “gaafste lang kunswerk van Van den Heever”.

In ’n artikel in Rapport van 27 Oktober 1974 getiteld “Somer: van roman tot draaiboek” skryf André P Brink dat as daar een boek in Afrikaans is wat die benaming “klassiek” verdien, dit Somer is, saam met Ampie en miskien Hans-die-Skipper en Uit oerwoud en vlakte. En Brink het vas geglo dat dit moontlik was om Somer na ’n film te verwerk sodat dieselfde verbeeldingstonele in die boek met dieselfde trefkrag op die silwerdoek vasgelê kan word.

Brink gaan verder: “Die eenvoudige waarhede waarmee Van den Heever werk, is wat my verknog hou aan Somer. Hy sit vol gebreke, moenie dink ek weet dit nie: sy filosofie raak topswaar en afgedwing op die gang van die storie; daar is nie oral noodwendigheid in sy gang van die storie nie. (...) Die verhaal is so eenvoudig as kan kom: Wynand wat, op vlug van sy verlede in die tronk, op die hoogtepunt van die somer op oom Tom se plaas aankom en help koringsny; oom Tom se dogter Linda wat op hom verlief raak; die buurseun Hannes wie se heimlike liefde vir haar vergal tot jaloesie wat hom dryf tot die afbrand van oom Tom se mied op Oujaarsnag, wanneer die ander mense plesier maak; Linda wat met gebroke hart agterbly. (...)

“’n Doodeenvoudige outydse storie. Maar óók ’n brokstuk verskriklike ‘lewe’. Want ónder daardie maklike oppervlakte beweeg al die magte wat ewig in en om die mens bly woed: die groot Onveranderlikes: geboorte en liefde en dood; teerheid en geweld; vriendskap en vyandskap; wysheid en dwaasheid; ouderdom en jeug; en van die lewe.”

Brink het die draaiboek geskryf. In Rapport skryf hy dat die verloop van die roman dieselfde gebly het, maar in die film speel dit af in 1912, terwyl die roman in die 1930’s gesitueer is. Die ouer mense staan in die film nie so sterk voorop as in die roman nie. Hulle is nog daar, en alles wat in die roman met hulle gebeur, gebeur in die film ook, maar hulle is op die agtergrond.

“Dié aksentverskuiwing het meegebring dat Wynand en Linda se verhouding vollediger uitgebou moes word,” vertel Brink. “In plaas van alles by vae, onderdrukte hunkering te hou, moet dit werklik uitgroei tot ’n liefde – hoewel dit vanselfsprekend die soort mistiek moet behou wat ook in ons jare sewentig weer opvallend raak: nie wat gesê of gedoen word, is hoofsaak nie, maar dit wat uit die stiltes daaragter blyk.”

Daar is egter probeer om so getrou moontlik te bly aan Van den Heever se roman, en almal wat aan die verwerking gewerk het, het dit met die grootste piëteit en veral liefde gedoen.

Volgens Brink het Van den Heever met sy digbundel Aardse vlam (1938) as digter sy hoogtepunt bereik. “Hier kom die filosofiese inslag die stemmingsgegewe te hulp (selfs al bly ‘filosofie’ hoofsaaklik beperk tot mymering), in die strewe om vanuit die enkele en die momentele oor te gaan in die volledige en die ewige. Verse soos ‘Die vertrekkende wildeganse’ en ‘Die gevalle Zoeloe-indoena’ verteenwoordig hoogtepunte in Van den Heever se digterlike oeuvre.”

Saam met Somer verteenwoordig Laat vrugte (1939) die hoogtepunt in CM van den Heever se romans. Dit was verblydend om te sien, veral na die minder suksesvolle Kromburg, wat in 1937 gepubliseer is. HA Mulder het in Die Huisgenoot van 15 Maart 1940 geskryf dat die skrywer hom “met ’n ruk bo die obsessie van Kromburg uitgehef het en in die ou, harde boer Sybrand ’n gestalte geskep het wat in die Afrikaanse literatuur na sy weerga soek”.

Vir Mulder is Laat vrugte amper ’n soort epos van die boerelewe. “Die skrywer hou hom meer buitekant sy werk. So voldoen dit beter aan Flaubert se eis dat die kunstenaar in sy werk aanwesig moet wees soos God in Sy skepping, met ander woorde oral teenwoordig maar nêrens sigbaar nie (...)

“Die sfeer van die boereplaas met die eienaardige nuanses van iedere seisoen word deur Van den Heever weer pragtig vertolk, gewoonlik in verband met die gemoedsingesteldheid van sy figure. Alleen kon die skrywer sy beskrywende gedeeltes (...) bietjie beperk het; te veel daarvan berus op roetine. Ook die beskouende gedeeltes is te woordryk; die vaart en krag wat die skrywer as verteller kenmerk, laat hom hier heeltemal in die steek; die sinne word nutteloos uitgerek en bereik wankelend en uitasem hulle slot. Bowendien is dit altyd weer dieselfde gedagtes oor die verganklikheid van die lewe wat in effens ander bewoordings tot vermoeienis toe herhaal word. Van den Heever bly ’n gevoelsmens, ook in hierdie roman; hy kan stemminge en drifte so uitbeeld dat ons hulle werklik mee ondergaan; maar hy is nie ’n konstruktiewe denker nie, wat natuurlik ’n sekere intuïtiewe wysheid nie uitsluit nie.

“Wat ons in Laat vrugte geniet, is dan ook nie die gedagtes wat hier en daar uitgespreek word nie, maar die epiese lewensuitbeelding self wat in ’n boeiende afwisseling van ligter en donkerder kleure verloop. Van den Heever se prosa klink nou eens fors, soos in die openingstoneel (die temmery van die perd), waarmee hy onmiddellik die leser se aandag vang, dan weer musikaal en elegies, soos in sy beskrywing van die gevoeliger episodes. Laat vrugte kan begroet word as ’n voortreflike bydrae tot die Afrikaanse romankuns in die algemeen, en as ’n hoogtepunt in Van den Heever se artistieke ontwikkeling in die besonder.”

AGV het in Taalgenoot van Mei 1940 geskryf dat Laat vrugte beslis Van den Heever se beste roman is. Hierin beskryf hy dít waarvan hy meester is, naamlik die lewe van die boer op die platteland met sy voorspoed, maar ook sy terugslae en dit waarteen hy voortdurend stry. En al die karakters is gedurig in stryd met dinge wat hulle van buite, sowel as van binne, opdraand gee. Die verhaal van Sybrand is ’n sterk en diep menslike verhaal en vir AGV is Laat vrugte ’n “boek wat jou hart beklem, verwring, pynig en dan met ’n verligtende sug laat besef dat die mens nie verniet lewe nie. As daar een Afrikaanse boek is wat internasionaal van gehalte is, dan is dit Laat vrugte, Van den Heever se grootste werk.”

CM van den Heever het ook ’n hele aantal kortverhaalbundels geskryf. In Perspektief en profiel (PJ Nienaber, red) skryf Ernst van Heerden dat hy op hierdie gebied van sy beste werk gelewer het. Sy eerste klompie bundels, soos Simson (1932), Vuurvlieg en sterre (1934) en Kruispad (1938), toon almal duidelik dat die “kleiner bestek en vaste dissipline van die korter genre die wydlopigheid en ‘vloeibaarheid’ van sy talent ten goede gekom het: opbou en afronding, die uitbuiting van ’n dramatiese gebeure tot in die fynste detail, treffende beligting van één karakter in ’n krisis-oomblik” is almal duidelik waarneembaar in bogenoemde bundels, aldus Van Heerden.

Maar vanaf die publikasie van Nooit in 1942 het sy kortverhale se gehalte begin afneem. Verhale wat oor die stad handel en daar afspeel, het al meer geword en “die karikatuuragtige van die siening van die stadsmens word al opvallender. Die lewensbeeld is so dikwels skeef en verwronge dat die geslaagde stukke al moeiliker uitstaan. Steeds bly die beste stukke dié waarin die effens patetiese van die landelike mens – in kleinheid én grootsheid – oorheers” (Ernst van Heerden).

Van den Heever se skrywerskap word gekenmerk deur periodes wanneer hy met ’n soort besetenheid geskryf het. DF Malherbe het hom in 1942 aangeraai om minder te skryf en sy reaksie was: “Ek het nie tyd nie.” André P Brink skryf in Suid-Afrikaanse biografiese woordeboek. Deel IV dat “juis dié verbete aktiwiteit hom vermoedelik algaande meer en meer onttrek het aan die ervaringswêreld, dieper in ’n ‘woordwêreld’ in – terwyl juis die gawe van die direkte, helder woord selde van hom kenmerkend was, hoe seer hy dit ook in Flaubert bewonder het”.

In die daaropvolgende dekade (1940 tot 1950) lewer CM van den Heever werk van ongelyke gehalte en is sy belangrikste werk van hierdie tydperk die saamgestelde Kultuurgeskiedenis van die Afrikaner (1945) in drie dele saam met P de V Pienaar. Sy gedigte is reeds in 1945 gebundel onder die titel Versamelde gedigte en in 1950 het Verhalende gedigte die lig gesien. In hierdie bundels het die “swewende aard van sy poësie” ’n laagtepunt bereik, aldus Brink. Ook ander kritici het hierdie mening gehuldig. Nog ’n versameling, Honderd sonnette, is in 1955 uitgegee en daarin kan die leser verrassings vind veral as gevolg van die hegter verspatroon, maar “vaagheid omnewel en omsluier alles”, aldus Ernst van Heerden ( Suid-Afrikaanse biografiese woordeboek. Deel IV).

Die Hertzogprys is twee maal aan CM van den Heever toegeken: vir sy digbundel Die nuwe boord in 1928 en vir sy roman Laat vrugte in 1942.

In Augustus 1950 het die Afrikaanse Skrywerskring ’n huldigingsplegtigheid vir Van den Heever gehou. By hierdie geleentheid het SPE Boshoff gesê dat CM van den Heever ’n “selfstandige plek” onder die Afrikaanse digters en skrywers beklee. “Hy het konsekwent ’n hoë peil en ’n onderskeidende selfbeheer gehandhaaf. Hierdie selfbeheer, wat gaandeweg selfbeheersing en soberheid in sy werke laat posvat het, het bewys gelewer van Van den Heever se ontwikkeling en vooruitgang” (Die Transvaler, 1 Augustus 1950).

Op hierdie huldeblyk het Van den Heever geantwoord: “Die grootste gebied wat vir ontginning oorbly, is die ideë-wêreld. So groot is hierdie gebied dat dit die stoflike heeltemal oorheers. Dit is ook die magtigste op aarde en dit is om hierdie rede dat ek dit as uiters belangrik beskou dat die staat hulp aan die universiteite verleen. ’n Volk moet lewe uit sy ideë-wêreld put, want hy kan nie uit ’n materiële lewe kultuur voortbring nie” (Die Transvaler , 1 Augustus 1950).

Grey Kollege het in 1953 ’n eremedalje as oudleerling tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling aan Van den Heever gegee. In 1964 het die burgemeester van Johannesburg, Pieter Roos, ’n gedenkplaat ter ere van CM van den Heever by sy eertydse woning, Maupertuus, in Westcliffe onthul.

In 1949 het CM van den Heever sy eerste trombose-aanval gehad en het hy getoon dat hy al hoe meer bewus was van die ouderdom en sy gesondheid wat besig was om te verswak. Hy het in ’n dagboekinskrywing (23 Mei 1955) geskryf: “Ek dink veel aan die ouderdom en oor die jare wat verby is. Plotseling het hierdie groot verandering nou volledig aangebreek. Temidde van ’n mens se eie probleme is daar nou die groter landsprobleme wat jou aandag vra. Ek het die drang om lank te gaan rus. Die begeerte om aktief aan baie dinge deel te neem, is nie meer daar nie. Sedert my aanval van trombose kan ek nie weer so sterk word nie” (Pieter Kapp, Acta Academica).

Die volgende trombose-aanval het Van den Heever in Junie 1956 getref. Pieter Kapp skryf dat dit duidelik in sy skrif in sy dagboek gesien kon word dat hy baie siek was. Die jonger kritici het nie sy werk baie hoog aangeskryf nie en dit het hom laat glo dat daar ’n vendetta teen hom gevoer word. Uit ’n dagboek-inskrywing het dit duidelik geblyk dat hy dit veral teen Rob Antonissen en sy “groep” gehad het. Hy het hulle as “aanmatigend” beskryf, aangesien hulle gemeen het dat hulle slimmer as ander is. Hy het ’n opvoering van DJ Opperman se Periandros van Korinthe by die Johannesburgse Tegniese Kollege bygewoon en het daarna daaroor geskryf: “Die posisie op die oomblik is dat Opperman se werk buite perke opgehemel word, dieselfde wat destyds met Van Wyk Louw gebeur het. Tydelik is sulke dinge natuurlik strelend, maar die vraag is hoe lank dit sal duur. En dan is die teleurstelling natuurlik baie groot as die kritiek kom soos dit noodwendig moet gebeur” (5 Oktober 1956).

Pieter Kapp het dit as baie tragies ervaar dat Van den Heever nie in sy laaste jare ten volle besef het wat besig was om in die Afrikaanse letterkunde te gebeur nie. Ook was daar belangrike woelinge in die Afrikaanse kultuurlewe in die algemeen. Hy was bekommerd oor die toekoms van die blankes in Suid-Afrika, maar het nooit in die rassevraagstuk as sodanig, of in Afrika, belangstelling getoon nie. ’n Paar jaar voor hy oorlede is, was sy grootste bekommernis sy persoonlike geldsake en huisvesting en die feit dat sy seun nie rigting in die lewe kon kry nie. Sy dogter het ’n miskraam gehad en dit het hom baie hartseer gestem, en dan was daar boonop die spanning by die werk tussen Abel Coetzee en PJ Nienaber. Hy het as ’n eensame mens gesterf.

CM van den Heever is op 8 Julie 1957 aan serebrale trombose in die Johannesburgse Algemene Hospitaal oorlede nadat hy ná ’n operasie sewe dae lank in ’n kritieke toestand was. Hy het sy eggenote en drie kinders nagelaat. Die begrafnisdiens was op 10 Julie vanuit die NG Kerk in Irene en ds AJV Burger het die diens waargeneem. CM is in die Wesparkbegraafplaas te ruste gelê. Ongeveer 1 000 mense het die begrafnis bygewoon.

Huldeblyke

  • AJV Burger: “As digter en romanskrywer, as leermeester en as kerkman en vader van sy huis, was CM van den Heever ’n man wat drie of vier lewens gelyk gevoer het – ’n man wat diep spore in die volkslewe getrap het.” (Die Vaderland, 11 Julie 1957)
  • WG Sutton, rektor van Wits: “In CM van den Heever het sy kollegas ’n man van uitmuntende karakter herken, ’n man toegewy aan die taak van die daarstelling van harmonie in menslike verhoudings.” (Die Vaderland, 11 Julie 1957)
  • Die Vaderland -hoofartikel: “Nog een van die goue drade wat loop deur ons volksbestaan, is afgeknip. CM van den Heever is nie meer nie – ‘CM’, die rapporteur uitgegroei tot kunstenaar, die afbeelder van sy tyd en die stille wegwyser na blywende waardes, ’n man met talente wat hom hoog verhef het maar wat sy roeping en sy geluk gevind het in diens van sy volk.” (Die Vaderland, 11 Julie 1957)
  • G Dekker: “Met die dood, na ’n langdurige siekte, van CM van den Heever op ’n leeftyd waarop dit baie beskore is om nog in die volle krag van hulle skeppingsvermoë te staan, het aan ons volk ’n kunstenaar ontval wat ’n veelsydige en waardevolle rol in ons letterkunde en ons breë kulture lewe gespeel het as digter, essayis, kultuurbesinner, roman- en kortverhaalskrywer. (...) As kultuurbesinner het Van den Heever gewaarsku teen verstarring, teen ‘intellektuele stywesiekte’, aan die een kant teen chauvinisme, aan die ander kant teen kritieklose navolging van die vreemde. Hy het gepleit vir ‘die stryd teen ewewig’, vir die behoud van sedelike waardes.” (Tydskrifbylaag tot Dagbreek, 14 Julie 1947)
  • Abel Coetzee: “Die dood van prof CM van den Heever is ’n onherstelbare verlies vir die Afrikaanse gedagte. Met sy onwrikbare geloof in die bestaansreg van die Afrikaanse volk het hy hom tot aan die einde beywer om in alle kringe vriende vir die Afrikaanse kultuur en letterkunde te werf. Hy was ’n groot krag vir die Afrikaanse kultuur in die Goudstad. Hy het in nederigheid en stilte die Afrikaanse saak gedien.” (Die Transvaler, 9 Julie 1957)
  • S Ign Mocke: “CM was ongetwyfeld ons grootste romanskrywer, en sy beste werk kan met die beste in die wêreldletterkunde vergelyk word. In ons eie land is daar in sekere kringe nog ’n traagheid om hierdie feit te erken, maar dit is te verwag in ons huidige letterkundige opset waar daar nog ’n tasting na essensieel estetiese waardes is.” (Die Transvaler, 9 Julie 1957)
  • Jan Kromhout: “Hy was ’n uiters minsame en nederige persoonlikheid – ’n man met innerlike beskawing. Ondanks die bekendheid wat hyself as skrywer verwerf het, het hy steeds egte belangstelling in die werk van ander skrywers getoon.” (Die Transvaler, 9 Julie 1957)
  • Volksblad -hoofartikel: “Dit is vandag presies 100 jaar ná die geboorte van die skrywer CM van den Heever op 27 Februarie 1902 in die konsentrasiekamp by Norvalspont. Tot sy vroeë dood 55 jaar later het hy met koorsagtige haas gewerk aan die kulturele erfenislandskap wat vandag vir ons ’n vanselfsprekendheid is. Sy eie transformasie van kampkind en plaaskind tot verfynde verstedelikte kultuurmens karteer die traumatiese maar tog suksesvolle pad van ’n hele era van Afrikaners. Soos by geen ander tydgenootlike skrywer nie lê hierdie veeleisende ervaringspad verwoord in die getransponeerde lotgevalle van die tientalle karakters wat sy skeppende oeuvre bevolk. Sy plaas- en stadsromans, naas sy poësie en ander werk, wag nog op die regte navorser om die angste en uitdagings, die wroeging, emosie en idealisme van 'n ganse Afrikanergeslag te rekonstrueer. In ’n tyd waarin soveel van die Afrikaner se kulturele en ander prestasies saam met die ge-etiketteerde [sic] politieke badwater uitgeloop het, kan die literêre herontdekking van Van den Heever ’n welkome vonk tot ’n nuwe historiese integriteit wees. Dat hy die kampomstandighede en ongenadige winter van 1902 oorleef het om joernalis (onder meer by Volksblad), akademikus, woordkunstenaar, skrywersmentor en kultuurleier in die ‘volksonvriendelike’ Johannesburg van sy tyd te word, is ’n geskenk aan die Afrikaanse letterkunde en kultuurlewe wat erkentlikheid regverdig. (Volksblad, 27 Februarie 2002)

Agt maande na CM van den Heever se dood op sy verjaardag op 27 Februarie 1958 het die Afrikaanse Skrywerskring ’n huldigingsprogram gereël en is ’n bronsplaat as huldeblyk op sy graf onthul. DF Malherbe het die huldigingsrede gespreek en het saam met die moderator van die NG Kerk in die destydse Transvaal, ds AM Meiring, en Abel J Coetzee, voorsitter van die Skrywerskring, in die NG Kerk Linden opgetree.

DF Malherbe het CM van den Heever as beskeie en nederig beskryf. “Met ’n diepe en innerlike kultuur was hy minsaam en verdraagsaam en ’n man wat sy lewe gestel het ter veredeling van sy naaste. Deurgaans het die verganklikheidsgedagte deur sy werk geloop. Kritiek teen sy werk was dat Van den Heever ’n al te veel sombere toon in sy werk gebring het. Ekself reken egter die skrywer was ’n man van behoudende krag. Sy werk het ’n heenwysing bevat na die ewige dinge.

“Die religie – wat meer as blote godsdiens en wat die drang en onrus is by die mens om deur te dring tot sy oorsprong – is gesetel in die diepste van die mens se persoonlikheid en daarom die drywende en besturende krag. Ons behoort dankbaar te wees vir CM van den Heever, vir sy werk, woord en daad, dankbaar vir sy lewe, sy behoudendheid en sy voorbeeld.”

By die graf het Van den Heever se twee dogters ’n groot krans gelê. Sy weduwee het ’n Unievlag van die graf getrek om die bronsplaat te onthul. Daarop staan: “In die begin was die woord: ’n huldeblyk”. (Bron en datum van koerantberig onbekend)

In 2002, honderd jaar na CM van den Heever se geboortedag, het die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) ’n huldigingsjaar beplan wat ’n kranslegging op die terrein van die destydse Norvalspont-konsentrasiekamp ingesluit het. Ook is ’n bustoer op CM van den Heever se Vrystaatse spore gehou en is daar tydens die Volksblad-kunstefees ’n aanbieding van sy werk gehou.

In die April 2003-uitgawe van Literator is die werk van CM van den Heever van naderby bekyk. Vier bydraes wat tydens die Van den Heever-huldiging in 2002 gelewer is, het in die uitgawe verskyn: “Spore in die sand – ’n herbeskouing van die oeuvre van CM van den Heever” is Heilna du Plooy se bydrae se titel; Bernard Odendaal het na waardebepalings van Van den Heever se digkuns gekyk; Elize Botha het Van den Heever se vrouekarakters van naderby beskou; terwyl HP van Coller se bydrae getiteld was “Die gesprek tussen CM van den Heever se werk en enkele moderne Suid-Afrikaanse romans”.

Ná CM van den Heever se dood het die een tragedie na die ander sy familie getref. In 1960 het sy dogter Maura Stolz in ’n vlaag van depressie selfmoord gepleeg en vyf maande later is sy vrou, Martie, na ’n lang siekbed oorlede. In 1961 is Maura se man, Jack Stolz, in ’n motorongeluk oorlede. CM van den Heever en Martie se seun, ook CM, is in 1979 op 45-jarige ouderdom oorlede nadat hy vanaf 1964 vermis was. Hy is in die Forest Hill-begraafplaas in Port Elizabeth begrawe onder die naam CB Barnard.

Heilna du Plooy skryf in haar bydrae in die nuutste uitgawe van Perspektief en profiel (redakteur, HP van Coller) dat CM van den Heever ’n belangrike figuur in die Afrikaanse letterkunde van die eerste helfte van die 20ste eeu is. “Sy oeuvre bevat sterk hoogtepunte en vanselfsprekend ook werk van mindere gehalte, maar in vele opsigte het hierdie werk ’n belangrike rol gespeel in die ontwikkeling van die literatuur wat daarop gevolg het. In sy werk het temas soos kosmiese bewussyn en literêre vorme soos die plaasroman beslag gekry, en waar dit eers as norm gesien is, het dit later as teëpool gedien vir vele gedigte en romans wat juis téén die stereotiepe vorm in geskryf is. Saam met ander skrywers uit die dertigerjare vul CM van den Heever dus ’n belangrike plek in die historiese ontwikkeling van die Afrikaanse literatuur. Ten spyte van Van den Heever se donker siening van verganklikheid en die vervlietende aard van skoonheid, bly daar inderdaad ‘spore in die woestynsand’ oor.”

Publikasies

Publikasie

Stemmingsure: gedigte van CM van den Heever

Publikasiedatum

1926

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Op die plaas

Publikasiedatum

  • 1927
  • 1931
  • 1935
  • 1937
  • 1955
  • 1982

ISBN

0798114223 (hb)

Uitgewer

  • Bloemfontein: Nasionale Pers
  • Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel
  • Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

 

Vertalings

 

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Langs die grootpad

Publikasiedatum

  • 1928
  • 1935
  • 1938
  • 1944
  • 1950

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die nuwe boord

Publikasiedatum

  • 1928
  • 1932

ISBN

(hb)

Uitgewer

Amsterdam: Swets & Zeitlinger

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Hertzogprys 1928

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Droogte

Publikasiedatum

  • 1930
  • 1932
  • 1935
  • 1936
  • 1939
  • 1941
  • 1954

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Nederlands 1938

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Simson: kortverhale

Publikasiedatum

  • 1932
  • 1933
  • 1935
  • 1937
  • 1939
  • 1940
  • 1948

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Kortverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Deining

Publikasiedatum

  • 1932
  • 1936

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die digter Totius

Publikasiedatum

1932

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Biografie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Inleiding en aantekeninge by PT Helvetius van den Bergh: De neven

Publikasiedatum

1932

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: De Bussy

Literêre vorm

Letterkundige kritiek

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Groei

Publikasiedatum

  • 1933
  • 1938
  • 1949

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Geloof: drama uit die Hugenotetyd

Publikasiedatum

1933

ISBN

(hb)

Uitgewer

  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Oorsig van die Nederlandse letterkunde.Saam met Abel Coetzee

Publikasiedatum

  • 1934
  • 1943
  • 1958

ISBN

(hb)

Uitgewer

  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad: HAUM
  • Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Letterkundige geskiedenis

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Vuurvlieg en sterre: verhale en sketse

Publikasiedatum

  • 1934
  • 1939
  • 1941
  • 1950

ISBN

(hb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Pers
  • Kaapstad: Nasionale Boekhandel

Literêre vorm

Kortverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Somer

Publikasiedatum

  • 1935
  • 1937
  • 1938
  • 1939
  • 1940
  • 1946
  • 1947
  • 1949
  • 1950
  • 1951
  • 1953
  • 1954
  • 1957
  • 1958
  • 1962
  • 1970
  • 1972
  • 1974
  • 1985

ISBN

0627000398 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

  • Nederlands 1938
  • Engels 1945

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die Afrikaanse gedagte

Publikasiedatum

1935

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Letterkundige oorsig

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Nederlands 1937

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Kromburg

Publikasiedatum

  • 1937
  • 1938
  • 1941
  • 1943
  • 1949
  • 1981

ISBN

0868144541 (hb)

Uitgewer

  • Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel
  • Pretoria: Daan Retief

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Engels 1954

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Laat vrugte

Publikasiedatum

  • 1939
  • 1940
  • 1943
  • 1944
  • 1946
  • 1955
  • 1957
  • 1958
  • 1961
  • 1963
  • 1970
  • 1975
  • 1987

ISBN

  • 06270086X (hb)
  • 0627015352 (sb)

Uitgewer

  • Bloemfontein: Nasionale Pers
  • Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Hertzogprys 1942

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Kruispad: kortverhale

Publikasiedatum

  • 1938
  • 1939

ISBN

(hb)

Uitgewer

Bloemfontein: Nasionale Pers

Literêre vorm

Kortverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Aardse vlam

Publikasiedatum

1938

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Gister

Publikasiedatum

  • 1941
  • 1943
  • 1944

ISBN

(hb)

Uitgewer

Bloemfontein: Nasionale Pers

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Stryd om ewewig: opstelle oor ons strewe na kulturele selfstandigheid

Publikasiedatum

1941

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Kultuurgeskiedenis

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Nooit!: kortverhale

Publikasiedatum

  • 1942
  • 1949

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale pers

Literêre vorm

Kortverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Van aangesig tot aangesig

Publikasiedatum

  • 1942
  • 1944

ISBN

9hb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

 

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Generaal JBM Hertzog

Publikasiedatum

  • 1943
  • 1944
  • 1946
  • 1948

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Biografie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Anderkant die berge

Publikasiedatum

1944

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Versamelde gedigte

Publikasiedatum

1945

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Kringloop van die winde: drie novelles

Publikasiedatum

1945

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Novelles

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Woestynsand dek die spore

Publikasiedatum

1946

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Mens en woord

Publikasiedatum

1947

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Essays

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die held

Publikasiedatum

1948

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Marthinus se roem

Publikasiedatum

  • 1949
  • 1983

ISBN

0628023944 (hb)

Uitgewer

  • Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel
  • Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Jeugfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Verhalende gedigte

Publikasiedatum

  • 1950
  • 1956
  • 1958

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Versamelde werke. Deel l–Vlll

Publikasiedatum

1957–1958

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Prosa

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Jeug

Publikasiedatum

  • 1951
  • 1952
  • 1953
  • 1957
  • 1983

ISBN

0628024002 (hb)

Uitgewer

  • Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel
  • Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die laaste baken

Publikasiedatum

1951

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Vannag kom die ryp

Publikasiedatum

1952

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Dirk se oorwinning

Publikasiedatum

1953

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Delwer en sif: keuse uit die opstelle van CM van den Heever

Publikasiedatum

1954

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Essays

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Swaard van die oomblik: keur uit die sketse van CM van den Heever

Publikasiedatum

1954

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Sketse

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Honderd sonnette

Publikasiedatum

  • 1955
  • 1957

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Beelde in die stroom: kortverhale

Publikasiedatum

1956

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Kortverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Sewentien: verhale van CM van den Heever

Publikasiedatum

1971

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Kortverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Daiel se afskeid

Publikasiedatum

1983

ISBN

062802400 (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Jeugfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Vyand

Publikasiedatum

1983

ISBN

0628023987 (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

The achievement of Afrikaans. Saam met TJ Haarhoff

Publikasiedatum

19-?

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: CNA

Literêre vorm

Letterkundige en taalkundige geskiedenis

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

CM van den Heever as samesteller

  • My jeugland: jeugherinneringe van Afrikaanse skrywers.  Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel, 1953
  • Celliers, Jan FE: Bloemlesing uit die gedigte van Jan FE Celliers. Saam met PJ. Nienaber. Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel, 1948, 1949, 1950
  • Gezelle, Guido: Bloemlesing uit die gedigte van Guido Gezelle. Pretoria: De Bussy, 1933, 1944
  • Malherbe, DF: Uitgesoekte gedigte van Malherbe. Kaapstad: Nasionale Boekhandel, 1954
  • Totius: Keur uit die gedigte van Totius. Bloemfontein: Nasionale Pers, 1949
  • Van den Vondel, Joost: Bloemlesing uit die gedigte van Vondel. Pretoria: Van Schaik, 1945

CM van den Heever as redakteur

  • Kultuurgeskiedenis van die Afrikaner. Deel I–III. Saam met P de V Pienaar. Kaapstad: Nasionale Pers, 1945, 1947, 1950

Artikels oor CM van den Heever beskikbaar op die internet

Bronne

  • Kapp, Pieter. 2003. Serieuse selfstandige soeker: CM van den Heever (1902–1957). Acta Academica, 35(2):1–34
  • Suid-Afrikaanse biografiese woordeboek. Deel IV. Pretoria, RGN, 1981

Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum 

 

Terug na bo


• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

Bygewerk: 2014-06-23
Inligting verouderd/onvolledig? Stuur 'n e-pos aan album@litnet.co.za

  • 2

Kommentaar

  • Avatar
    Heinz Eickmans

    Een kleine aanvulling bij de vertalingen: de eerste vertaling van "Somer" is in 1937 in het Duits verschenen:

    Das Leben schreitet weiter : Ein südafrikanischer Bauernroman / C. M. Heever. [Alleinige berecht. Übertr. aus d. Afrikaans v. Marcel R. Breyne]
    Einheitssachtitel Somer
    Person(en) Heever, Christiaan M. van den
    Breyne, Marcel Romeo
    Verleger Dresden : Deutsches Verlagsbuchhaus
    Erscheinungsjahr 1937
    Umfang/Format 159 S. ; 8

  • Avatar
    Louisa van den Heever

    Dit is vir my elke keer wanneer ek van CM van den Heever lees, dat ek vasgevang word deur duisende idees en die onsienbare ook "sien". Sy uitbeeldings was nog altyd 'n rigtingwyser.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top