Corlietha Swart2013-05-06Die uurglas is vinnig besig om leeg te loop vir die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se landswye skryfwedstryd, Skrywers 2013, waarvan R15000 prysgeld geborg word deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat. Die wedstryd se sluitingsdatum is op 10 Mei, maar alle posstukke met die regte datumstempel word aanvaar.
Rentia Bartlett-Mohl2013-04-23Rentia ondersoek die aweregse rol van konsumpsie in ’n reportage van die enfant terrible van die Nederlandse letterkunde, Arnon Grunberg. Sy kyk veral hoe hy, deur na die verlange na kos te praat, ’n morele oordeel oor die samelewing uitspreek.
Burgert A Senekal2013-04-18Die internet is 'n publikasieplatform vir digters en digtersnetwerke. Burgert Senekal maak 'n studie van al die rolspelers se ligging in die kuberruim sedert 2000.