Tweede weergawe: Jakkals

  • 0

’n Sekelmaan lê in afwagting
vir die middernag se gebeure
en agter toe houtdeure,
tussen ou sandsteengange word ’n plan beraam.

Die ondier roep vanuit die kloof.
’n Geblêr van lammers weerklink in die veld
soos ons soekligte die gras deursnuffel
bou angs en adrenalien – een op die ander.

’n Silwer-grys skadu sluip blitsend oor die stofpad
regsvoor ritsel die droë gras.
Oogies glinster in die pikgietswart van die nag –
Soos ek stadig uitasem,
voel ek hoe die koeël uit die .270 nael
ek  sien hoe die lewe uit sy lyf sypel
 Oombliklike stilte ...

Kletterende tarentale begin’t bespiegel
tussen takke van ’n ou doringboom.

         

Keer terug na die SkryfNet-indeksblad.
 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top