Carike Odendal

Ek is n plaaskind in murg en been, gebore in Mei 1996. Die plaas (in Vryheid omgewing) en al sy opwindende kattekwaad inspireer my en gee my 'n ietwat anders uitkyk op sekere dinge van die lewe. Ek kyk na ons land met ander oë na 'n dag in die veld en op die klein plattelandse hoërskool, Hoërskool Pionier, ervaar ek samehorigheid wat ek dink uniek is aan ons menswees. Ek het my liefde vir skryf ontdek toe ek Gr 8 was en voel dat die lewe net soveel beter beskryf kan word deur prosa en poësie. My graad 11 jaar verg uithouvermoë en ek voel elke dag al hoe nader aan die grootmens wêreld daarbuite. Om te dagdroom is heerlik, maar dis nog meer bevredigend om die gedagte in 'n stukkie kunswerk, met potlood en lyntjiespapier, te omskep en jou vry te skryf van die druk wat soms bietjie kom pla. Ek is bitter lief vir ons moedertaal en is mal daaroor om daarop te verbeter soos ek ervaring opdoen.

Tweede weergawe: Optog

Carike Odendal 2013-05-14  Lees die tweede weergawe van Carike Odendal se gedig "Optog".

Tweede weergawe: Jakkals

Carike Odendal 2013-05-14  Die tweede weergawe van Carike Odendal se gedig "Jakkals".

Eerste weergawe: Jakkals

Carike Odendal 2013-02-24 Eerste weergawe van Carike Odendal se gedig "Jakkals" as deel van SkryfNet 2013.

Eerste weergawe: Optog

Carike Odendal 2013-02-24 Eerste weergawe van Carike Odendal se gedig "Optog" as deel van SKryfNet 2013.
Top