Op straathoeke kyk ek vas in krokodiltrane
wat soos reën op ’n stofpad rol oor uitgehongerde wange
vlees en bloed bedel met bakhandjies in hierdie land.
Gee my tog net ’n bietjie geld
of nog beter, stuur my in die rigting van drank en geweld,
want dis mos hoe dit is:
onderhewig aan die magtigste se oordeel en eise.
Ek voel kaal, opgeweeg teen ’n ander wêreld se skaal!
Die mense daar buite breek ons vertroue
soos ’n papier word dit opgevrommel.
Ons wandel soms in ’n doolhof verward en ontevrede.
Ons wonder alewig waarna ons moet strewe.
Ons is opsoek na raad, menige antwoorde op heterdaad!
Die oggend het ons gemars om te sê:
”Elkeen in hierdie land verdien meer as leiding en smart!”
Teen donker het ons besef, ons stap die verkeerde pad
Ons praat dieselfde taal,
maar bly verdwaal.
(Redakteursnota: Die eerste weergawes van die verse is sonder enige veranderinge opgelaai.)

