Tweede weergawe: Optog

  • 0

Op die straathoek kyk ek vas in trane
wat soos reën op ’n stofpad rol oor uitgehongerde wange.
Ek hoor die krete: toi-toi teen geweld,
’n vrou wat luid ween
oor haar kind – krampagtig teen haar bors vasgedruk.

In die straat: vullis tussen dooie vlees,
hande eens bak – nou vuiste druppend met bloed,
petrolbomme soos opgefrommelde papiere rondgegooi,
traangas sodat sogenaamde bedaring kan heers.
Daar’s ’n vurigheid van honger wolwe in die lug.
Skote word gevuur en oorverdowende gille vlug.

Ons praat dieselfde  taal,
maar bly verdwaal
in die donker slaggate
van Suid-Afrika se strate ...

Keer terug na die SkryfNet-indeksblad.
 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top