Ek kon vertel het
van die wonders van
verkeersligte en wolkekrabbers
of die olieglim op die see waar ons
ons merk gelaat het.
Ek kon vertel het
van die koue asem
van ’n verkoelingstelsel in ’n kantoor
of die sug van ’n skootrekenaar
of die klap van waaier-tonge.
Ek kon vertel het
van die harde glans
van ’n stiletto-lem
of die steekgeur
van ’n Beretta 92.
Maar die son vertrek
na nuwe lanings
en skadu’s verslind die replika
totdat die oorspronklike ontbloot is –
sag en rein
voor ons oë

