Nuwe Stories 2013-kortverhaalwedstryd: Eerste keurverslag van "Gister se dinge"

  • 0

Gister se dinge: Die eerste keurverslag deur Leti Kleyn

 



Wat werk?

Hierdie verhaal kan – as dit suksesvol voltrek word – ’n wonderlike bydrae maak tot literatuur oor gemeenskappe waarin die uitdagings wat armoede en drankmisbruik oorwin moet word. Dit vertel die boeiende verhaal van ’n pa se stryd om sy lewe te verander en vir sy kind (Shawnie) ’n beter lewe te voorspel. Dit fokus ook op die konflik wat daar ontstaan as Meagan besluit om haar situasie te verbeter (deur weg te trek met die kind) met ’n nuwe man, maar al die tekens reeds sigbaar is dat sy weer die foute van die verlede gaan herhaal.

Ek is veral gek na die Meagan se ma wat so by die ruit uit skree 🙂

Wat om te lees

  • Jeanne Goosen se Ons is nie almal so nie
  • AHM Scholtz se Vatmaar
  • Abraham Phillips se Die evangelis van Kaggelsberg

Waarom aan aandag te gee:

  • Bou jou karakters uit tot oortuigende figure wat jou leser sal aangryp en aanspreek en dwing om iets vir hulle te voel.
  • Verwerk jou dialoog na oortuigende gesprekke waarin karakters se agtergrond en leefstyl sigbaar is.
  • Maak seker dat die verteller nie ook verval in die gebruik van Kaapse Afrikaans nie. Hy/sy moet neutraal teenoor die verhaal staan en dit uit ’n neutrale hoek vertel.
  • Ontwikkel die interne konflik wat in Shawn woed weens sy stryd met drank en om ’n werk te kry sodat hy vir sy kind kan sorg.
  • Ontwikkel die karakter en omstandighede van Meagan en die kind op ’n wyse waarop die leser simpatie kan ontwikkel vir haar besluit om ’n beter lewe vir haar en die kind te vind; of ontwikkel haar tot ’n figuur met min integriteit wat te veel aandag aan die oppervlakkige dinge in die lewe gee en uitgelewer is aan die impulsiewe besluite wat sy neem.
  • Brei die leidrade in die teks uit wat vir die leser aandui dat haar keuse nie noodwendig ’n beter keuse is nie, en dat sy waarskynlik die foute van die verlede gaan herhaal met die nuwe man wat sy gekies het.
  • Maak seker dat die gemeenskap en die agtergrond waarteen hierdie verhaal afspeel goed in die verhaal na vore kom, en dat ons die karakters teen die agtergrond hiervan ervaar.
  • Let op die verskynsels “wys” (show) en vertel (tell). Die inligting moet aan die leser oorgedra word op so ’n wyse, dat hy/sy nie voel dit word direk oorvertel nie. Die leser hoef ook nie altyd presies en volledig ingelig te wees nie – laat die storie ontvou en die inligting daarmee saam bekendgemaak word.
  • Besluit wat jy wil hê die slot moet voorspel: Nuwe hoop of uitsigloosheid. Pas dan ook die titel van die verhaal dienooreenkomstig aan.

 


 

Lees die kortverhaal "Gister se dinge"

Terug na die lys Nuwe Stories-kortverhale

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top