Rond en bont
spring ek heen en weer;
baie tevrede
met my styl van lewe.
Ek baljaar met plesier
op die rug van die dier;
die arme hond
ag, wat gee ek tog om.
Krap bietjie hier
krap bietjie daar,
maar elke keer
gryp ek aan ’n nuwe haar.
Ek voel sommer tuis, want
dis mos die lewe van ’n luis.

