Megan Janse van Rensburg
Verantwoordelikheid, eerlikheid en regverdigheid is die persoonlike waardes waarvolgens ek lewe. Ek is ‘n liefdevolle, eerlike, toegewyde persoon met baie selfdissipline wat ek deur my klavier en sport aangeleer het.
My skryfwerk bring my kreatiewe kant uit en bewys ook die emosionele insig wat ek mee gebore is om oral ‘n storie te kan sien in alle gebeure en onderwerpe. Ek is ‘n perfeksionis en baie goed met my twee tale tog is ek ook nederig en baie teruggetrokke.
Eisteddfod en die Montagu kunstefees het my gehelp om letterkundige kritiek goed te kan aanvaar en dit in te neem. Net bietjie ekstra; vir Eisteddfod het ek silwer gekry en by die Montagu Kunstefees het ek silwer,brons en twee meriete ontvang vir my gedigte..
Kultuur speel ‘n belangrike rol in my lewe aangesien ek Unisa gr 5 musiek (prakties en teoreties) geslaag het met lof en ek neem ook redelik kompetisie standard foto’s. Dis nie al nie ek doen natuurlik ook atletiek en speel graag tennis.
Ek het al ‘n versameling van 16 gedigte en 2 verhale in wording.
Ek probeer deelneem aan soveel moontlike aktiwiteite en doen gemiddeld in meeste.
Ek is Megan, baie emosioneel vir kultuur maar ook veelsydig.
Nuwe gedig: Penwedloop
Megan Janse van Rensburg
2013-05-14
Megan Janse van Rensburg se nuwe gedig vir die SkryfNet-slypskool.
Eerste weergawe: Die lewe van
Megan Janse van Rensburg
2013-02-24
Eerste weergawe van Megan Janse van Rensburg se gedig "Die lewe van" as deel van SkryfNet 2013.