Finale weergawe: Penwedloop

  • 0

Op julle merke
penne reg – weg!

Die klok lui en
die penne hardloop
die wedloop oor die
bloubelynde, wit veld

Dit krabbel en skrap
van een struikelblok
na ’n ander
tot dit oor die bladsy
teen die reguit, stewige
staaf gly

’n Halfuur oor

Uitasem tot stilstand
terwyl die veld geruil word
Die wedloop teen tyd
vind verder plaas

Die lewelose blou inkstokkie –
pap, seer en asemloos –
word neergegooi – 
die klok lui.

Stop! Penne neer!
Die inkbesmette veld verdwyn.

         

Keer terug na die SkryfNet-indeksblad.
   

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top