Weet jy hoe ek voel
Alles is stil hier om my en ek weet nie waar ek staan,
my gedagtes hardloop sirkels om my
en ek dink, wat jy dink, maar niks maak sin nie
en ek sukkel om jou te lees
en ek wonder … dink jy ook aan wat ek dink?
En is ek alweer die enigste een, wat so voel
dis nie dat ek wil nie, dis onbeheerbaar maar dan
wonder ek weer, of weet jy hoe ek voel?
weet jy hoe ek voel?
ag nee, ek dink alweer te veel!
EK wonder nog elke dag wat van ons twee gaan word.
In my binnekant voel ek hoop, maar dan sien ek iets anders
en ek besef alweer dis alles, net leë gedagtes, in my kop
en ek wonder … dink jy ook aan wat ek dink?
En is ek alweer die enigste een, wat so voel
dis nie dat ek wil nie, dis onbeheerbaar maar dan
wonder ek weer, of weet jy hoe ek voel?
weet jy hoe ek voel?
maar dis alles nogsteeds so deurmekaar om my
dis alles nog vaag en deurmekaar om my
ek staar in vertes in en wonder of hulle dalk vir my
die antwoorde kan kry ...
Ek weet die keer, is ek die enigste een, wat so voel
ek wil nie, maar dis onbeheerbaar
en ek wonder nie meer, want
jy weet nie hoe ek voel
jy weet nie hoe ek voel
en ek het ophou dink ...
![]() |



