Eerste weergawe: Tant Lenie en Tant Lafrye

  • 0

Al gehoor van
Tant Lenie en Tant Lafrye
die twee het mos altyd na
die posman gevry

Elke oggend vroeg opgestaan
baklei, baklei om deftig te lyk
en gewonder vir wie hy sou gaan

maar so deftig soos hul was
het dit woes gegaan in die huis
en toe gewaar die twee mos
die afgruwelike muis

mekaar gelos so gou soos nou
om die gedierte te vang
wat die kaas altyd so kou

vergete was die deftige klere
so ook toe sommer die poshere
die muis was te veel skande
soos hy geglip het deur hul hande

uitasem kom hul toe te stane
voor die deur soos twee hoenderhane

gewaar toe die posman met
die mooi nooi aan sy sy
hulle wou nog gil
toe glip die muis weer verby

hulle liefde toe verlore
so sing die kattekore
met die muis gevang
lê die twee stokflou in die gang.

 

(Redakteursnota: Die eerste weergawes van die verse is sonder enige veranderinge opgelaai.)

 

Keer terug na die SkryfNet-indeksblad.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top