Tweede Weergawe: Padlangs

  • 0

Vir haar

Wanneer ons, maar nie ek en jy, soms padlangs ry, op die langpad Bloem toe en selfs verby
dink ek aan ons land se are – paaie na jou hart.
Terwyl pragbeelde van jou hoof deur my denke pols, laat die werklikheid my bloed stol.
In elke herfsblaar lê jou donkerbruin hare,
elke vlakte die leegheid sonder jou, elke springbok die rondings van jou bou.
Elke duif jou saffiere, elke apie jou lawwe giere, elke arend jou dieper ure.    

Ek moes lankal reeds omswaai of uitdraai, die bloedrooi stoptekens wyd gesaai.
Soos ’n skoenlapper moet ek jou nou uit my gedagtes laat
en jy sal nie terugvlieg nie, want jy ken ongelukkig nie die pad na die maan.
Tog het ek ’n voorgevoel, nee, ’n sekerheid, dat ek my besluit sal berou.

         

Keer terug na die SkryfNet-indeksblad.
 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top