Ronnie Strydom

My naam is Ronald Stephanus Strydom en ek is op 21 Maart 1995 gebore. My noemnaam is Ronnie sedert geboorte en ek is die seun van ’n prokureur–pa en ’n eks–rekenmeester ma. Ek is die middelkind, met ’n ouer broer Danie en ’n jonger broer Stefan.

Ek het my laerskoolloopbaan by die Laerskool Handhaaf voltooi waar ek die onderhoofseun sowel as die Dux-leerling was. Ek is tans besig met my matriekjaar by die hoërskool Die Brandwag, waarby ek bevoorreg genoeg is om vanjaar die pos van hoofseun te beklee.

My beste vakke is Wiskunde en Rekeningkunde. Ek verteenwoordig reeds vir 8 jaar die OP skaak by die nasionale kampioenskappe. Ek is ook ’n groot debatteerder en het ook al aan die nasionale rondte deelgeneem.  

Ek het begin dig in die middel van Graad 10. My beroepsvoorligter het einde Graad 9 genoem dat ek, volgens sy toetse, uitsonderlik kreatief was. Nadat my ma my vlugtig herinner het aan my onvermoë om ’n stokmannetjie te teken, het ek gou besef dat die skryfkuns, en veral die digkuns, vir my ’n wyse kan wees om aan my kreatiwiteit uiting te gee.

As ek myself met een woord moes saamvat: “Denker”. Ek is lief vir dig en sal poog om eendag in ’n digbundel soos Nuwe Stemme te kan debuteer, of om eendag my eie digbundel vry te stel.


Finale weergawe: Padlangs

Ronnie Strydom 2013-12-02  Die finale weergawe van Ronnie se gedig "Padlangs".

Finale weergawe: Berwind

Ronnie Strydom 2013-12-02  Die finale weergawe van Ronnie se gedig "Bergwind".

Tweede weergawe: Bergwind

Ronnie Strydom 2013-05-14 Die tweede weergawe van Ronnie Strydom se gedig "Bergwind".  

Tweede Weergawe: Padlangs

Ronnie Strydom 2013-05-14  Die tweede weergawe van Ronnie Strydom se gedig "Padlangs".

Eerste weergawe: Bergwind

Ronnie Strydom 2013-02-24 Die eerste weergawe van Ronnie Strydom se gedig "Bergwind" as deel van SkryfNet 2013.

Eerste weergawe: Padlangs

Ronnie Strydom 2013-02-24 Die eerste weergawe van Ronnie Strydom se gedig "Padlangs" as deel van SkryfNet 2013.
Top