Finale weergawe: Padlangs

  • 1

Vir haar

Wanneer ons soms padlangs ry, die lang pad, Bloem toe,
dink ek graag aan ons land se are
Hier waar jy op my skoot sit met jou rug in die holte
van my bors
voor die oop venster jou afwesigheid verraai.

Jou teenwoordigheid hier is soos dié van ’n skoenlapper
en dis by dié gedagte dat die werklikheid stol: in elke springbok
wat oor die vlaktes pronk sien ek jou; jy is in elke meerkat
wat in sy gaatjie grou en selfs in die arend waarvoor hulle waghou,
altans, jy is in die dassies koringlande padkosbroodjies teerpaaie ...

O skoenlapper, Bloemfontein is tog so
koud
glip nou deur die gleuf
terwyl ek die venster  
vir oulaas toeskuif.

         

Keer terug na die SkryfNet-indeksblad.
   

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top