Stormweer in die psige
Wanneer ek snags in my huisie lê op die berg se piek, verban: “die Soeker”.
Op ’n kooi van strooi bid ek dat my moeë dak die wind en die weer sal stop.
Waar ek verskrik stik as die bergwind die vensters ruk soos ’n dringende klop.
Soos ’n bergklimmer wat kom skuiling vind, of stel jou voor, ’n besoeker.
Dan sien ek hoe koerantpapiermarionette magteloos verby my gly
Hoe selfs die hoogste denneboom rukkend hengel, in maanverligte duister
Ja, wanneer jy alleen luister, hoor jy hoe die gras onheilspellend fluister?
En sien jy die riete grootkop kry, voordat hulle knikkend hul pyn bely?
Luister gerus na die dowwe fluister van die wind
Diep soos die woorde van ’n wyse op sterwenspunt
Dit wek selfs meer lewe as die son, soos ek nou sal beduie
Want selfs die kleinste halmpies gras kry ’n taal van hul eie.
Soms wanneer ek dink, weet ek, ek is geen kind van die wind
Die wind waai op sy hardste as jy alleen is – daarom sal ek vind?
(Redakteursnota: Die eerste weergawes van die verse is sonder enige veranderinge opgelaai.)

