Stormweer in die psige
Wanneer ek snags in my huisie lê op die berg se piek, verban: “’n soeker”,
bid ek dat my moeë dak die wind sal stop.
Die bergwind wat dringend aan my vensters ruk en klop
soos ’n bergklimmer wat kom skuiling vra, of, stel jou voor, ’n besoeker.
Sien jy hoe my pa huil? Sien jy die trane oor sy hange rol? Sien jy
hoe selfs die hoogste denneboom rukkend hengel in maanverligte duister?
Sien jy die riete grootkop kry, voordat hulle knikkend hul pyn bely?
Luister gerus na die bergstem – die dowe fluister –
die woorde van ’n wyse op sterwenspunt.

