Nuwe Stories 2013-kortverhaalwedstryd: Eerste keurverslag van "Pik"

  • 0

Die eerste keurverslag deur Leti Kleyn

 


 

Pik
 

Wat werk?

Hierdie is een van twee verhale wat handel oor plaasaanvalle en -plaasmoorde. In hierdie verhaal is die verskynsel goed nagevors en oortuigend aangebied. Die verhaal het egter ’n besonderse kinkel, as die ware rede agter die aanval in die slot onthul word. Die tegniek wat die skrywer gebruik om die leser saam met die verteller te laat ontdek, behou die spanning en kan m.i. beskou word as een van die pluspunte in die verhaal. Hierdie verhaal het baie potensiaal om te ontwikkel tot ’n noemenswaardige verhaal oor die tema van plaasmoorde.

Wat om te lees

  • Japie Bogaards se Tussen middernag en dagbreek (roman oor plaasmoorde)
  • Paul Bosman se kortverhaal “Nag van twee vroue”
  • André P. Brink se ’n Droë wit seisoen

Waarom aan aandag te gee:

  • Die geweld in die verhaal word oortuigend aangebied, maar moet in die verhaalstruktuur verwerk word sodat deel van die gebeure word en nie soos ’n koerantberig klink nie. Die skrywer moet ook waak teen die hoeveelheid geweld wat aangebied word, sonder om die verhaal minder grusaam te laat oorkom – kies een of twee marteltegnieke en ontgin dit volledig.
  • Die kwessie van rassekonflik moet stelselmatig en deur die verloop van die verhaal ingewerk word sodat dit nie slegs deur dialoog en aanmerkings aangedui word voordat in die wending tot uiting kom nie, maar ’n deurlopende tema in die verhaal word.
  • Dialoog moet oortuigend en eg klink, nie ’n terloopse toevoeging van inligting vir die leser wees nie.
  • Vertel die verhaal so brutaal en roerend as moontlik sonder om in sentimentele beskrywings te verval.
  • Wees versigtig vir te veel byvoeglike naamwoorde en beskrywings. Hierdie verhaal vereis om gestroop te word van alles wat nie daadwerklik nodig is nie.
  • Die karakters moet verwerk word in volronde figure waarmee die leser kan assosieer en simpatie voor sal ontwikkel.

 


 

Lees die kortverhaal "Pik"

Terug na die lys Nuwe Stories-kortverhale

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top