Nuwe Stories 2013-kortverhaalwedstryd: Eerste keurverslag van "’n Kis vir Boel"

  • 0

’n Kis vir Boel: Die eerste keurverslag deur Leti Kleyn

 


Wat werk?

Ek het hierdie verhaal gekies omdat dit die gemeenheid van kinders uitbeeld, maar ook die wonderlike wending het waar daar opoffering en versoening plaasvind. Dit verbeeld ’n wêreld van grense wat oorbrug moet word – ’n moeilike situasie as dit ’n gemeenskap is waarin rasseverhoudinge gebrekkig is en menslikheid nie bestaan nie.

Wat om te lees

  • William Golding se Lord of the Flies
  • Anna Kemp se kortverhaalbundel Die hond
  • Etienne van Heerden se kortverhaal “Dol hond”

Waarom aan aandag te gee:

  • Die ontwikkeling van die karakters tot volwaardige figure wat die leser emosie laat beleef. Die gemene kinders, die armlike figuur van Piet Skoorsteen, die ouers van die dooie kind ...
  • Let op die dialoog en die wyse waarop Piet Skoorsteen praat. Dit is nie langer aanvaarbaar om hierdie figure se taalvermoëns op ’n wyse uit te beeld waarin hulle intellek en geletterdheidsvlakke sigbaar is nie.
  • Maak seker dat die dialoog en die karakters se handeling tydens hierdie dialoog oortuigend is: Ouers wie se kind deur ’n hond doodgebyt is, het verwyte, woede ...
  • Bou ’n behoorlike en oortuigende spanningslyn in die verhaal in, wat die leser aanpor om verder in die verhaal in te lees ten einde uit te vind wat gaan gebeur.
  • Bou die “karakter” van die hond uit na ’n groter simbool van probleme in die gemeenskap en samelewing – maak van hom iets meer as net die hond wat die kind gebyt het.
  • Kyk of jy oplossings kan vind vir die tydsprong in jou verhaal. Inligting moet aan die leser geopenbaar word deur dialoog of handeling, nie deur vertelling nie.
  • Skryf gestroop en met insig van die tema wat jy aanpak. Vermy te veel byvoeglike naamwoorde en oordadige beskrywing.
  • Ontgin die wonderlike tema van die waarheid wat vrymaak.

 


 

Lees die kortverhaal "’n Kis vir Boel"

Terug na die lys Nuwe Stories-kortverhale

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top