Tweede weergawe: Openbaring van liefde

  • 0

Hulle sê dit is mooi,
dit maak heel,
maar hoekom dan                        
moet ek jou hart steel?

Hulle sê dit is ware geluk,
heeltemal volmaak,
maar hoekom gil Pappa dan
dat hy gatvol raak?

As dit so wonderlik is
en net geluk bring,
hoekom het Ouboet in sy laai
’n teruggegede ring?

As dit volmaak is
en alles kamstig verstaan,
hoekom moet sommige van ons
elke naweek na ’n ander huis toe gaan?

Hulle sê dit is perfek,
maar wie is die “hulle” wie almal so praat?
En wat weet ons nou eintlik van liefde af
as dit so mode is om net rond te slaap?

Die waarheid oor liefde
is dat niemand werklik weet nie
en almal maar net hoop
dat niemand hulle sal vergeet nie.

         

Keer terug na die SkryfNet-indeksblad.
 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top