Rynie Olivier
Rynie is ‘n graad 11 leerling aan die Hoërskool Paul Sauer op Kareedouw. Sy speel sedert graad 10 vir haar skool se eerste netbalspan, sowel as vir haar skool se eerste meisies-tennisspan. Sy geniet dit ook om saam met haar gesin perd te ry. Sy dien op haar skool se uitvoerende raad en is ook onder die akademiese top vyf in haar graad. Op kulturele gebied neem sy gereeld op skoolvlak sowel as aan die ATKV se redenaarskompetisie en tienertoneel deel. Sy is die ondervoorsitter van Paul Sauer se ATKV-tak en is ook die kuns-portefeuljebestuurder. Sy hou van die opwinding van adrenaliensportsoorte soos “Bungy” en “zipline”. Sy kry egter haar grootste adrenalienskop uit haar kreatiewe skryfwerk soos digkuns. Sy wil graag in 2015 joernalistiek aan die PUK gaan studeer. As joernalis hoop sy om eendag die wêreld plat te reis en ‘n impak om mense se lewens te maak.