Hulle sê dit is mooi,
Hulle sê dit maak heel.
As dit waar is,
Hoekom is dit dan nodig om iemand se hart te steel?
Hulle sê dit is die toppunt van geluk,
Hulle sê dit is volmaak.
As dit waar is,
Hoekom gil die man op sy vrou dat hy gatvol raak?
As dit so wonderlik is soos wat hulle sê,
en net geluk bring,
Hoekom lê daar in sy bedkassie
’n teruggegeede diamantring?
As dit volmaak is,
en kamstig alles verstaan.
Hoekom is daar kinders
wat elke naweek na ’n ander huis moet gaan?
Hulle sê dit is perfek,
maar die “hulle” waarvan almal so praat,
was duidelik net iemand met ’n groot verbeelding
wat stories vertel om rustig te kan slaap.
Die waarheid oor liefde,
is dat dit net ’n ou-vroustorie is.
wat grootmense vir kinders vertel,
om hul gewetens te sus ...
(Redakteursnota: Die eerste weergawes van die verse is sonder enige veranderinge opgelaai.)

