Finale weergawe: Openbaring van liefde

  • 0

Hulle sê dit is mooi,
dit maak heel,
maar hoekom
moet ek dan jou hart steel?

Hulle sê dit is ware geluk,
heeltemal volmaak,
maar hoekom gil jy dan
dat jy gatvol raak?

As dit so wonderlik is
en net geluk bring,
Hoekom het jy in jou laai
‘n teruggegewe ring?

As dit volmaak is
en alles kamstig verstaan,
hoekom moet ek
nou sonder jou aangaan?

Jy sê dit was perfek,
maar wie is jy
om my te verwoes
en te sê ek moet die seer vermy?

Die waarheid oor liefde
is dat jy nie werklik weet nie
en jy maar net hoop
dat niemand jou sal vergeet nie.

         

Keer terug na die SkryfNet-indeksblad.
 
 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top