Die behoefte vir aanvaarding,
brand in my soos St. Francisbaai se huise.
Want ek wil saam skinder en kan lag ...
ek wil kan sê my vriende is my tuiste.
Die behoefte vir aanvaarding,
spoel oor my soos ’n brander oor ’n land se grense.
Want ek wil saam spot en vinger wys ...
ek wil deel wees van hulle wense.
Die behoefte vir aanvaarding,
breek my af van binne soos die stakings in die Wes-Kaap.
Ek laat myself rondstamp en verneder,
so ek is net hulle pion in die lewe se skaak.
Die behoefte vir aanvaarding,
is so erg soos ’n oorlog in Iran.
Ek is bereid om myself te verander ...
ek wil hê hulle moet aan my vaskram.
Die behoefte vir aanvaarding,
is soos ’n groot ysberg wat ’n boot laat sink.
Want ek wil mooi wees ... in wees ...
en dit laat my dink.
Die behoefte vir aanvaarding,
is een groot ramp!
Dit laat mens verander,
en die lelike meisie met die puisies wegstamp ...
(Redakteursnota: Die eerste weergawes van die verse is sonder enige veranderinge opgelaai.)

