Nuwe Stories 2013-kortverhaalwedstryd: Eerste keurverslag van "Woorde is soos magic"

  • 0

Woorde is soos magic: Die eerste keurverslag deur Leti Kleyn

 



Wat werk?

Hierdie verhaal het wonderlike potensiaal. Dit is ’n interessante blik op seksuele ontwaking en die behoefte om suksesvol met meisie te wees ten spyte van die karakter se grootste struikelblok: hy hakkel. Daarteenoor het sy broer geen probleem op dié gebied van meisies nie, en het hy reeds ’n wenresep om sukses met hulle te hê.

Wat om te lees

  • Lees die kortverhaalbundel Bloots

Waarom aan aandag te gee:

  • Die verhaal begin met ’n aanduiding van ’n vol en problematiese huishouding. Dit is ’n element wat deur die verloop van die verhaal nie juis verdere aandag kry nie. Ons weet daar is twee broers en ’n suster, maar van die verhoudings tussen hierdie kinders en die aard van die huishouding weet ons besonder min.
  • Let op die verskynsels “wys” (show) en vertel (tell). Die inligting moet aan die leser oorgedra word op so ’n wyse, dat hy/sy nie voel dit word direk oorvertel nie. Voorbeeld: 7de Laan was op en haar vriendin het daar kom kyk.
  • Die beskrywings van manlike ervaringswêreld oortuig my nie altyd nie – dit is te sensitief en gestroop: tieties; die raad van sy broer, “Denzil het in sy eie arms op die bank ineengekrimp”, ens.
  • Krastaal word nie deurlopend en ewewigtig gebruik nie. As jy “naai”, praat jy nie van “tieties” nie 🙂
  • Denzil se interne konflik moet verder ontwikkel word sodat hy tot ’n volronde karakter kan groei.  Soos dit hier geskryf is, sien die figure en die gebeure in die verhaal te oppervlakkig daarna uit.
  • Die skrywer sal ’n positiewe verandering in die storielyn meebring as die seksuele spanning verhoog kan word. Die twee insidente wat in die verhaallyn voorkom kan hiervoor gebruik word, maar dit moet oortuigend aangebied word.
  • Die dialoog moet oortuigend wees en by die karakters pas. Die toneel op die strand se dialoog oortuig nie.
  • Waak daarteen om jou karakters se ras direk uit te spel: “coloured”.
  • Die verteller hou nie sy/haar posisie vol nie – die verwysingsraamwerk en woordegebruik is wisselend en oortuig nie. Let ook op die wisseling tussen die verlede tyd en die hede.
  • Heroorweeg die titel van die verhaal.

 


 

Lees die kortverhaal "Woorde is soos magic"

Terug na die lys Nuwe Stories-kortverhale

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top