Nuwe Stories 2013-kortverhaalwedstryd: Eerste keurverslag van "Die fiets"

  • 0

Die fiets: Die eerste keurverslag deur Leti Kleyn

 



Wat werk?

Hierdie is ’n verhaal van verlies. ’n Verhaal wat vertel dat die verlies wat ’n individu ervaar soms so groot kan wees, dat dit jou blind laat vir die goeie dinge wat oor is in die lewe en sodoende verdere vernietiging tot gevolg het.

Wat om te lees

  • Lees die kortverhale van Rita Gilfillan

Waarom aan aandag te gee:

  • Jy het die vertelperspektief van die kind gekies. Hierdie perspektief stel bepaalde beperkinge met betrekking tot die ervaring, inligting, vermoë en interpretasievaardighede wat jy in die verhaal kan inskryf. ’n Kind se perspektief is besonder beperk, en soos die verhaal nou daarna uitsien, oortuig dit nie as ’n betroubare vertelperspektief nie.
  • Ek sou nie noodwendig aanbeveel dat die perspektief verander moet word nie. Dit sou ’n besonderse verhaal kan word deur van hierdie perspektief gebruik te maak, mits dit oortuigend gedoen kan word.
  • Die karakters is nog nie ontwikkel tot voltronde figure nie, en die leser kan dus nie die nodige simpatie vir die situasie en die figure in die situasie ontwikkel nie.
  • Die tema van drankmisbruik en die nagevolge daarvan vir die verslaafde sowel as mense in sy/haar lewe is relevant en kan op interessante wyse aangebied word om die leser tot skokkende insigte te bring. Dit moet egter op so ’n wyse gedoen word dat dit nie prekerig oorkom nie, en dit nie lyk asof die verteller vir ons ’n les wil gee in die gevare van drank nie.
  • Soos die verhaal tans daarna uitsien, herinner dit eerder aan ’n opstel as ’n kortverhaal. Dit sal goed wees as die skrywer na die verskillende verhaalelemente kan gaan kyk, en ’n paar kortverhale lees waarin hierdie elemente op verskillende wyses aangewend word.
  • Let ook op die verskynsels “wys” (show) en vertel (tell). Die inligting moet aan die leser oorgedra word op so ’n wyse, dat hy/sy nie voel dit word direk oorvertel nie. Die leser hoef ook nie altyd presies en volledig ingelig te wees nie – laat die storie ontvou en die inligting daarmee saam bekendgemaak word.
  • Die dialoog moet oortuigend aangebied word, en kan nie gebruik word as enigste bron om inligting aan die leser oor te dra nie.
  • Die skrywer is geweldig woordvaardig, maar moet daarteen waak om nie in “mooiskrywery” te verval nie.
  • Ek sal graag wil sien dat die titel van die verhaal heroorweeg word.

 


 

Lees die kortverhaal "Die fiets"

Terug na die lys Nuwe Stories-kortverhale

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top