SêNet-briewe

Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat. Stuur jou brief aan webvoet@litnet.co.za. Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions. Send letters to webvoet@litnet.co.za.

Albie Sachs oor Afrikaners

Suzette Mckerron SêNet-briewe 2022-11-11

"Albie Sachs, wat deur ’n bom uit Afrikanergeledere vermink is, het my en mede-Afrikaners Vrydagaand trots Afrikaans gemaak toe hy oor Afrikaners gepraat het as mense wat ook vir geregtigheid gestaan het."

Ilse de Korte oor Crito se "Dwarsklappe": Wanneer die gebrek aan hekwagters en anonimiteit die oop gesprek bedreig

Ilse de Korte SêNet-briewe 2022-11-07

"Daar is so baie mense wat so baie doen om Afrikaans en die boekbedryf lewendig en dinamies te hou. Dan word daar op neerhalende wyse na hulle as 'snotjantieties' verwys. As jy (ex)crito dan so ’n ekspert is op hoe die perfekte resensie moet lyk, gaan skryf dit dan."

Nederlandse boeke soek ’n nuwe tuiste

Ivette van Baalen SêNet-briewe 2022-08-03

"Ek hoop regtig dat dit iewers ’n tuiste kan kry. Dit sou jammer wees om dit te verloor."

SêNet: Kommentaar van ’n nagraadse student van professor Van Coller

Sulette Bruwer SêNet-briewe 2022-07-26

"Die artikel probeer ons dalk net aanpor om nou van oordrewe politieke korrektheid tot ’n gebalanseerde middelpunt aan te beweeg."

Wie was Recht Malan?

Lynette Paterson SêNet-briewe 2022-07-02

"Wie was Recht Malan? Die internet swyg oor hierdie vraag. Ek sal enige inligting baie waardeer."

’n Tomahawk van ’n les

Willem de Swyger SêNet-briewe 2022-05-18

"Miskien dit: mense is soos restourante – om gelukkig te wees met hulle moet jy nét van hulle verwag wat hulle kan gee. As jy méér as dit verwag, is die potensiaal groot dat dit in trane gaan eindig. Moet dus nie ’n steak bestel in ’n restourant wat in kerrie spesialiseer nie."

Boeke om weg te gee

Marie van Eck SêNet-briewe 2022-04-26

"Ek het 64 Dricky Beukes-boeke wat ek wil weggee."

Nuutskepping: "memory foam" in Afrikaans?

Liesl Gerstner SêNet-briewe 2022-04-20

"Ek het vandag by die kassiere in ’n winkel in gesprek getree oor ’n kussing met ’n mede-kliënt en myself bietjie spitsvondig geag met my poging om ’n Afrikaanse sê-wyse vir ’n Engelse beskrywing te vind."

Skepties oor Kaapse Forum

Kirby van der Merwe SêNet-briewe 2022-04-06

"Dit is die breinkind van ’n dinkskrum en beleidsvormers in ’n binnekamer."

Eienskappe van die suksesvolle Afrikaansonderwyser

Toyer Hefca SêNet-briewe 2021-11-23

Toyer Hefca is 'n entoesiastiese nagraadse student wat sy wenke vir suksesvolle Afrikaans-onderwysers met die SêNet-gemeenskap deel.

Hoe het jy tydens die inperkingstyd gemaak toe dit verbode was om drank te koop?

Raed-na-Gael SêNet-briewe 2021-11-08

"Ek maak toe plan soos baie ander en brou my eie voorraad."

Die tragiese rillerkomedie duur voort

Reusedwerg SêNet-briewe 2021-10-20

"Soos in vorige skrywes ploeter die ploerte van die tragiese rillerkomedie ongersteurd voort. Die orgie van vergrype, wanbestuur en waansinnigheidswaansin gaan onverstoord aan soos die osse stap aan deur die stowwe ... "

Reaksie op Elsabé Brits se onlangse Voertaal-artikel rondom wantroue in die entstof

Pieter Loftus SêNet-briewe 2021-09-29

"Die artikel het inderwaarheid niks met inentings te doen nie. Dis meer maar oor haar siening van Afrikaners ..."

Spoke

Tiens SêNet-briewe 2021-08-30

"Toe ek heel klein was, het ons in ’n groot ou huis gebly aan die kant van die dorp, naby ’n vlei. Party nagte het die vloere gekraak en die koppies in die rak teen mekaar gestamp."

Biltong en brandewyn

Tiens SêNet-briewe 2021-08-23

"Presies wanneer ons voorsate hier is Suid-Afrika begin het om biltong te maak weet ek nie, maar uit ’n boek oor die Britse setlaars van 1820 wat ek nou weer lees, is dit duidelik dat dit ’n eeue-oue gebruik is."

Vir Crito: Ek versoek ’n resensie van dié resensie van die Groot Romanwedstryd se wenner

Nikolas van Cusanus SêNet-briewe 2021-08-04

"Dit is ’n misbruik van resensiekunde!"

Die afgelope week

Reusedwerg SêNet-briewe 2021-07-19

"Die afgelope week was een van die belangrikste tydperke in die land se geskiedenis."

Die konsert in die land

Reusedwerg SêNet-briewe 2021-07-12

"Gelukkig weet ons wat die slot of einde van die tragedie is."

Wanne gannie gangsters wêk soek?

Christo Meyer SêNet-briewe 2021-06-23

"Dieselle opportunities wat die next persoon gekry het, is vi jou oek ge-offer."

Sin van die lewe

Tiens SêNet-briewe 2021-06-21

"Wat is die sin van dit alles?"

Top