Die tragiese rillerkomedie duur voort

  • 9

Prent: Pixabay

Lees eerste hierdie skrywe:

Die konsert in die land


Soos in vorige skrywes ploeter die ploerte van die tragiese rillerkomedie ongersteurd voort. Die orgie van vergrype, wanbestuur en waansinnigheidswaansin gaan onverstoord aan soos die osse stap aan deur die stowwe ...  Die kiem gee die hoofrolspelers die onbeperkte mag in pag om te doen wat hulle in die vorige 27 jaarlikse tonele aanhou doen het.

Wat egter te bespeur is, is die verwaandheid waarmee hulle doen wat hulle wil, en die skares probeer inperk.

Soos met alle lewensverhale en toneelstukke is daar altyd ’n einde of slottoneel. Dit het gewoonlik ’n aanloop, maar die narre het geen benul of enige snuf in die neus wat aan die kom is nie. Die krake van onvergenoegdheid is reeds in die skare waarneembaar. Daar is ’n kriewelrigheid en onrustigheid. Die hoofnarre se dae is getel en hulle is totaal en al ontkennend en onbewus daaroor. Die skares wat slaafs aangehang het, is ook besig om geleidelik tot ander insigte te kom. Dit is onvermydelik dat elke hoofstuk/toneelstuk ’n klimaks bereik. Die einde blyk reeds in sig te wees.

Dit gaan nie maklik wees nie. Nog minder gaan dit mooi wees.  Wat egter waar is, is die skrif is aan die muur en die klok het gelui ...

Die slottonele gaan self uitspeel en ’n klimaks van onbeperkte plundery van orgasmiese afmetings van smetterige selfvernietigende vergrype bereik wat die afgelope 27 jaar plaasgevind het. Die tyd is ryp, maar nog nie tot pitsweer-oopbarstens toe vrot nie. Die smetspul is tot algehele onafmeetbare mislukking verdoem. Ek kan nie aan meer ongepaste beskaafde terme/woordgebruik dink om my misnoeë op ’n redelike ordentlike  manier uit te druk nie.

Reusedwerg

  • 9

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Die koning is naak, die koningskleed van korrupsie laat die skare juig?
    Reusedwerg, dalk moet ons rebelleradio begin, want opinies word gedomineer deur kommentators met vooropgestelde idees, wit en swart. Wit en swart is mos die enigste klassifikasie deesdae, niks grys nie.

  • Hans, die radio-idee is reeds 'n geruime tyd op my doenlys. Ek moet net met tegniese manne praat wat my kan verduidelik hoe ek te werk moet gaan. Ek is altyd te vinde vir uitdagings, en om iemand of iets gas te gee.

  • Hans Richardt

    Reusedwerg, sg gemeenskapradio is werkbaar as jy dit op die internet stroom. Ek het dit oorweeg om 'n rebellestasie met Raspberry PI te begin. Daarvoor het jy 'n program nodig om te skeduleer en te stroom, iets soos Podcast.

  • Hans Richardt

    Raed-na-gael, jy is of net "wit" of "swart" in SA. Ander etniese en kulture verdelings (grys) is mos "rassisme"!

  • Hans, grys beteken jy sien nie in kleur nie - nie swart of wit nie. Sien jy wel swart of wit, is jy mos rassisties.

  • Hans Richardt

    Raed-na-gael, die strekking gaan daaroor dat swart agtergeblewenes bly in SA, ten spyte van grootskaalse bevoordeling, hetsy wettig of gesteel. Wit bly voorheen bevoordeeldes, ongeag verarming. Eiendom moet gedeel/onteien word, om agtergeblewenes te bevoordeel. Dis regeringsbeleid van die huidige Bevelsraad. Dit is wat op staatsmedia senders gepropageer word, deur oa man met 'n kopdoek....
    Die voortdurende propaganda, veral deur sg akademici eksperts, is nou 2 dekades te veel.

  • Hans Richardt

    Raed-na-gael, die grys waarna ek verwys, is die verarmdes van SA, wat oor kleurgrense sny.
    Duidelik verstaan jy my stelling dat daar niks grys is in politiek in SA, moedswillig as "rassisme"!
    In SA is daar baie uitsluiting deur swartes van wittes. Ek dink aan swart redakteursforum, swart gemeenskapsradioforum, swart sakemanneforum, swart prokureursforum, swart boerevereniging ens. Hoekom is wit outomaties "rassisties", wanneer ons dit ophaal?
    My gesprekvoering met Reusedwerg het juis gegaan oor swart wat deesdae diskrimineer teen wit, oa op media bv gemeenskapradio of nasionale uitsaaier, met dekades van retoriese emosionele plakkery.

  • Hans Richardt

    Raed-na-gael, die oorsaak van die Groot Trek was juis vir min of meer dieselfde redes as wat wit Afrikaners tans beleef. Onder koloniale bewind van Benjamin D'urban was almal gelyk gestel. Die Britse media van toendertyd in Kaap, het ene Fairburn gehad wat rassisme in koerante geskreeu het vir elke bakatel, saam met polities-korrekte sendelinge. Filantrope was volop in 1800 se Europa, VSA en Brittanje, net soos byna 200 jaar later. Wittes was verarm deur die Britse koloniale beleid, net soos nou in SA.
    Die grensboere het destyds nie hul eie media bedryf nie en moes noodwendig verlief neem met soms polities-korrekte fopnuus. Deesdae moet ons wit Afrikaners sukkel met dieselfde verskynsel in media en die mediamunt het net 2 kante, terwyl elke munt 3 kante het - in realiteit.
    Ek is nie 'n rassis of filantroop nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top