Die konsert in die land

  • 2

Foto: Pixabay

Wat ’n voorreg en plesier om nog steeds in die stand van sake regop en lewendig gesond te wees. Ek het simpatie met die wat geliefdes sedert die pandemie begin het, verloor het.

Die konsert in die land hou te midde van al die ander uitdagings nog steeds aan en aan. Die ou koning is in die tronk gestop weens ongehoorsaamheid aan die hoofregter. Die ou koning se mediese fonds wou nie meer vir die uitgebreide familie dekking gee nie. Die ou koning het seker maar besluit dit is die enigste uitweg om bietjie met inperkingsverlof in die koshuis deur te bring. Dit het ’n moerse baklei gevat maar hy is nou daar, agter tralies in die koshuis. Die ou koning se agterryers is kwaad en wil onrustigheid saai en anargie laat uitbreek. Ons almal sit en wag vir die aanslag. Die bende waaraan die ou en huidige koning behoort is vinnig aan die uitrafel. Die bende het nie net drie varkies, of die koei wat oor die maan spring of Aspoestertjie se prins se kasteel gesteel nie maar baie meer.

Die enigste bendelid wat vir my kop en skouers uitstaan is hul hof/hoofnar wat die bende se afgetrede gewapende stryders se spreekbuis is. As daar nou al een man is wat die moed van sy oortuiging uitleef en by sy besluite sal staan en val is dit die skepsel. Onwrikbaar staan hy lojaal by sy gevalle leier. Hy veg onverpoosd en onbeskaamd vir die eer en aansien van sy leier. Vir langer as die Israeliete se tyd in die barre woestyn, voer die man die stryd teen enige iets en iemand wat nie reg is nie. Hy is absoluut standvastig in sy beginsels en is horende doof en sienende blind terwyl hy as hof/hoofnar sy posisie gestand doen en ’n Uilspieël van homself maak.

En so gaan die konsert voort. Dit is een van die interresanter bedrywe die afgelope tyd. Gelukkig weet ons wat die slot of einde van die tragedie is. Soos in alle konserte val die gordyne op ’n stadium. Ongelukkig is daar nie ’n "happy ever after" vir die rolspelers in die konsert/klugspel nie.

Reusedwerg

  • 2

Kommentaar

  • Avatar
    Hans Richardt

    Op RSG gaan Piet Kopdoek rasend aan dat dit uiterste armoede is wat armste van die armes dryf om te plunder. Wonder net hoeveel "armes" is van buurlande, waarheen al die gebuite platskerms, wasmasjiene en vragte kos gestuur word met oorlaaide taxi's ...
    Zuma se gevangenissetting was ideale verskoning vir openbare misdaad.

  • En moenie vergeet van al die luukse karre en bakkies wat rystaan om die 'goedere' weg te ry nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top