Agtergrond van onderstaande
’n Resensie van Hans Pienaar se Kaap het onlangs op LitNet verskyn:
Crito, LitNet se resensent van boekresensies, het op hierdie resensie reageer:
Ilse de Korte reageer nou hier onder op Crito se artikel:
Dit is nie maklik om ’n resensent in die Afrikaanse kultuurlandskap te wees nie. Dit is ’n klein poeletjie met baie visse. Groot en klein, maar menige dink hulle is baie belangrik.
By die onlangse Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein was ek op ’n paneel waar die kwessie van resensering bespreek is. Van die kernvrae wat geopper is, is wie mag en mag nie resenseer nie, wat is die waarde van resensies, moet dit akademies gerig wees of so geskryf word dat die algemene publiek dit kan verstaan?
Ook is bespreek hoe moeilik dit soms is om ’n resensie te skryf. Wat gebeur byvoorbeeld as jy as resensent gekonfronteer word met ’n teks waarby jy geen aanklank vind nie? Jy sit vir weke en wroeg oor die teks, want jy weet dit maak nie saak wat jy skryf nie, iemand, iewers, gaan ’n groot, vet volstruiseier te lê hê.
Dis erg genoeg dat die sosiale media ons toelaat om alle dekorum en ordentlikheid heeltemal by die venster uit te gooi by gebrek aan enige vorm van hekwagter (of selfs net die getroue ou wag voor die mond). Gooi anonimiteit daarmee saam en enige ruimte wat daar kon gewees het vir ’n positiewe, oop gesprek is daarmee heen. Wat op jou eie, persoonlike sosiale media gebeur, is jou saak en ek hoef dit nie te lees nie. Maar om ’n publieke platform te skep waar iemand anoniem en sonder voorbehoud resensies en die resensent kan kritiseer, beteken dat ons laer as laag gedaal het. As die punt is om “bekgevegte” of polemieke te ontlok, dan is daardie motiewe ook twyfelagtig.
Een van my MA-studente sê nou die dag vir my na aanleiding van ’n vorige resensie dat ek rook in die skrywers se alies op blaas, omdat ek so hard probeer om op die positiewe in die boek te fokus. En dit is presies wat ek gewoonlik doen: ek fokus uitermatig op die positiewe.
Dan kry jy eendag ’n boek van LitNet af waarvan jy duidelik nie die teikenleser is nie en jy skryf vir ’n slag ’n eerlike reaksie. Pleks daarvan dat dit bloot lei tot kommentaar en ’n oop gesprek, soos “ek stem nie saam nie, ek dink dis ’n literêre wonderwerk”, lei dit tot ’n persoonlike, anonieme aanslag op dieselfde platform wat die resensie aangevra het!
............
Dan kry jy eendag ’n boek van LitNet af waarvan jy duidelik nie die teikenleser is nie en jy skryf vir ’n slag ’n eerlike reaksie. Pleks daarvan dat dit bloot lei tot kommentaar en ’n oop gesprek, soos “ek stem nie saam nie, ek dink dis ’n literêre wonderwerk”, lei dit tot ’n persoonlike, anonieme aanslag op dieselfde platform wat die resensie aangevra het!
.............
My volle naam en van word 10 keer deur die loop van die diatribe herhaal soos ’n ma wat op ’n stout kind skree. My persoon en skrywerskap word aangevat en selfs die feit dat ek nie Facebook-vriende is met ’n sekere über-resensent nie.
Ek het al baie resensies, akademiese artikels en vele ander goed geskryf. Ek het self ook al slegte resensies gekry. Maar om vir (ex)crito die seepkis te voorsien om anoniem so gal te braak, is myns insiens onvanpas en gevaarlik. Socrates se Crito sou in afgryse die spektakel bejeën het.
...........
Daar is so baie mense wat so baie doen om Afrikaans en die boekbedryf lewendig en dinamies te hou. Dan word daar op neerhalende wyse na hulle as “snotjantieties” verwys. As jy (ex)crito dan so ’n ekspert is op hoe die perfekte resensie moet lyk, gaan skryf dit dan.
.............
Daar is so baie mense wat so baie doen om Afrikaans en die boekbedryf lewendig en dinamies te hou. Dan word daar op neerhalende wyse na hulle as “snotjantieties” verwys. As jy (ex)crito dan so ’n ekspert is op hoe die perfekte resensie moet lyk, gaan skryf dit dan. Eerder as om lafhartige klippies uit jou anonieme glashuisie uit te gooi.
Lees ook:
Kommentaar
Soos Marieta McGrath sê: "Maar aangesien ek 'n Sannie is en nie 'n Jannie nie, wil ek graag 'n snotsantietie wees."
Ek stem!
Die Prediker het mos geskryf elke ding het sy tyd. Ek geniet soms 'n proefessirdoktor se analise. Op sy tyd is dit lekker. Maar dit is ook lekker om te lees wat die gewone leser dink. Pienaar se boek lyk nogal interessant, maar ek is bietjie afgeskrik toe ek sien jy skryf daar is te veel karakters in om mee kop te hou. Ek weet uit ervaring my kop draai ook gou as daar so baie karakters in 'n boek is. My stapeltjie is elk geval reeds hoog genoeg om my deur kersfees te kry.
Ek dink darem ook dat Crito 'n goeie rol speel. Stem ook nie met als saam nie maar dit is die lewe. Mense sal altyd verskil. Dis wonderlik dat iemand al daai moeite doen dink ek. Hoeveel tale op aarde het die wonderlike funksie ontwikkel dat daar 'n spesiale afgevaardigde is wat resensies resenseer? Dit sal jammer wees as dit ooit ophou en dan sal ons dit mis glo ek. Die anonimiteit, die is miskien sleg, maar dalk ook 'n noodsaaklike euwel. Op die manier bly dit 'n liefdesdiens. Dit was ook die rasionaal van die Broederbond se geheimhouding desjare. Doen alles oop en bloot, en spoedig verander mense se bona fides. Ek dink Crito probeer maar net saadjies plan, bietjie debat stimuleer. Alles met 'n goeie doel.
Hoor hoor, Ilse!
Snotjan Vannemerwe, ek stem nie saam nie. Hierdie Crito resenseer nie resensies nie. Hy/sy/them gryp eenmaal elke ses weke of so ’n byl en slyp hom. Dit was vir my baie leersaam en opbouend toe vorige Crito's kritiek op resensies gelewer het wat selfs my leessmaak help vorm het.
En oor die resensie self – ek huiwer nog die hele tyd om te sê dat ek dink dit was heeltemal in pas met die boek, asof die resensent op die boek se skryfwyse ingetune het. Maar wat weet ek nou?
Ja, lyk my dit is soos daai Dischem-briefie, die toon daarvan was so bietjie ongepoets.
Die hele idee van Crito is belaglik: resensies van resensies. Volgende is seker Ubercrito: resensies van resensies van resensies. Wie weet, dalk is Crito 'n sirkushoer.
Ek het al 'n paar resensies geskryf. Een was 'n regsboek, baie tegnies, en dit het talle irriterende foute gehad. Wat ek uitgewys het. Maar dit was 'n waardevolle boek, wat ek ook uitgewys het. Met fiksie is dit nie so maklik nie, want smaak verskil. Wat ek – onder die invloed van Crito se erg kwetsende resensies van resensies – besef, is dat ek die taak soos 'n advokaat benader het. Elke boek, soos elke saak, het goeie en slegte aspekte, en die advokaat se taak is om die slegte af te water en die goeie aan te prys.
So ook my houding met 'n resensie.
Boeke word nie vir hoogdrawende en hoogheilige resensente geskryf nie, maar vir die algemene leser wat nog met hulle voete op die grond loop. Soos dit hoort.
Resensies van resensies van resensies - hoekom nie? Dit is met ander woorde dan 'n gesprek.