Nuutskepping: "memory foam" in Afrikaans?

  • 9

Erkenning: Jude Infantini, https://unsplash.com/photos/gRZmKaFUpBM

Goeiedag! Ek het vandag by die kassiere in 'n winkel in gesprek getree oor 'n kussing met 'n mede-kliënt en myself bietjie spitsvondig geag met my poging om 'n Afrikaanse sê-wyse vir 'n Engelse beskrywing te vind. My ouers het my aangepor om dit te deel, en soos ek en omie Google kommunikeer, het LitNet se vorige kompetisies uitgespring. Dus sit julle maar met my opgesaal.

My spitsvondigheid (myns insiens): "memory foam" = geheue-vesels. 

Hoop hierdie kan iemand anders dalk help vir 'n beskrywing, want ekself het nog nooit 'n vertaling vir "memory foam" tevore gehoor nie. 

Dankie vir al julle moeite om ons taal te laat voortleef, uitdrukkings te help behoue bly en geleenthede skep vir mense om meer betrokke te raak!

Groete, Liesl Gerstner 

  • Die LitNet-redaksie nooi ander lesers uit om ook hulle nuutskeppings na litnet@litnet.co.za te stuur. Ons plaas dit graag.

Lees ook:

Gespierde Afrikaans

 

  • 9

Kommentaar

  • Die herinneringskuim op my glas bier laat my nogal terugverlang na die ou dae, die jong dae, die dag toe Mannetjies Roux daai drie gedruk het.

  • Zirk van den Berg

    DUIKSPONS ... Die kenmerk van hierdie produk is dat die duik wat jy met jou gewig maak, 'n ruk daar bly.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top