Nederlandse boeke soek ’n nuwe tuiste

  • 2

Ek het omtrent ’n dosyn Nederlandse boeke, wat woordeboeke en ensiklopedieë insluit. Die meeste is in ’n goeie toestand, maar daar is wel een of twee waarvan die rugbindings aandag nodig het. Ons het dit gered van ’n instansie wat dit wou verbrand het. 

Ek sluit ’n paar foto’s van die boeke in. Ek hoop regtig dat dit iewers ’n tuiste kan kry. Dit sou jammer wees om dit te verloor.

  • 2

Kommentaar

  • Ivette, dis baie interessant. As ek die datum op jou foto reg lees, dateer jou boeke uit 1882. Ek is seker verskeie instellings sal definitief daarin belangstel.
    Ek het 'n soortgelyke Nederlandse reeks (Winkler Prins 1935) wat aan my Oupa (senator) Michael Brink behoort het. Oupa was destyds oa die burgemeester van Innesdale en leier van die Verenigde Party 1943-1948. Ek is egter nog nie gereed om sy boeke aan te gee nie, alhoewel ek seker binnekort daaraan sal moet begin dink.
    Dankie dat jy hierdie kosbaarheid met ons gedeel het.

  • Hans Richardt

    Skenk dit aan die Orania biblioteek, asseblief.
    Kontak die Orania Dorpsraad of Orania Beweging.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top