Eienskappe van die suksesvolle Afrikaansonderwyser

  • 1

Foto's van klas en potlode: Pixabay; foto van Toyer Hefca: verskaf

Toyer Hefca is 'n entoesiastiese nagraadse student wat sy wenke vir suksesvolle Afrikaans-onderwysers met die SêNet-gemeenskap deel.

Daar is verskeie eienskappe, strategieë en ander faktore wat van iemand ’n suksesvolle onderwyser kan maak. Dit kan so uiteenlopend wees as die onderwyser self. Daar is getoon dat sekere tydgetoetste eienskappe, gedrag en praktyke ’n aansienlike bydrae lewer tot die prestasie van onderwysers. Die eienskappe wat vervolgens bespreek word, is die kenmerke van suksesvolle Afrikaansonderwysers.

Goeie voorbereiding, belesenheid en onderlegging in terme van die vakinhoud is nodig om effektiewe onderrig en leer in die vak te verseker. Genoegsame motivering, emosionele intelligensie en goeie geestesgesondheid by die onderwyser moet ten alle tye teenwoordig wees om geslaagdheid in onderrig en leer van die vak te verseker en te bevorder. Positiewe energie en aansteeklike geesdrif is nodig om ’n leersame klasatmosfeer te verseker. Entoesiasme vir die vak, asook genoegsame energie en geesdrif, moet uitgestraal word, sodat leerders die wilskrag vir leer kan ontwikkel en behou deur kreatiewe, dog praktiese benaderings te implementeer.

Wat professionaliteit betref, is dit belangrik dat ’n Afrikaansonderwyser binne die skool en vak se gedragskodes moet beweeg en altyd eties moet optree. Die onderwyser moet ook nie te familiêr met die leerders wees nie en moet dus professionele verhoudings binne klaskamer- en skoolverband met die leerders hê in plaas van persoonlike verhoudings. Dit is ook belangrik vir ’n Afrikaansonderwyser om voldoende kennis van onderwys in Suid-Afrika te bekom en te behou om by te bly met veranderinge, beleide, aanpassings en strategieë, sodat die onderwyser dit in die skool- en vakgebied kan toepas na gelang van die behoeftes en aanvraag. Kernwaardes in jou klas, soos pligsgetrouheid, dissipline, en vakintegrasie binne en buite die vak is van kardinale belang vir ’n suksesvolle Afrikaansonderwyser, omdat Afrikaans gewoonlik oor al die ander vakke strek. Daarom kan die kernwaardes binne die klaskamerpraktyk toegepas word en deur leerders ingekoop word om sodoende volle eienaarskap te neem van die klaskamer en die leerders te laat ontwikkel tot verantwoordelike individue. Leerderbetrokkenheid is ook van kardinale belang om ’n gevorderde dog leersame klaskameratmosfeer te skep as deel van klaskamerpraktyk.

Ten spyte van die uitdagings wat daagliks in die klaskamerpraktyk ervaar word, moet die Afrikaansonderwyser ten alle tye verstaan dat goeie klaskamerpraktyke hand aan hand gaan met goeie dissipline van beide die onderwyser en die leerders se kant ten einde ’n gunstige leeromgewing te skep, hetsy fisies, sosiaal-emosioneel of kognitief, wat ’n stimulus is vir positiewe en geslaagde leer en leerprosesse. Dissipline werk dissipline in die hand en moet dus deur beide partye in die klaskamer beoefen word. Die handhawing van goeie dissipline verseker nie net wedersydse agting en respek nie, maar verminder in ’n groot mate leerdergedragsprobleme. Onderrigtyd moet ook maksimaal benut word om dissipline deurgaans te verseker.

Die opvoeder moet nie as dié klimaatskepper optree nie, maar moet eerder sorg dat die klimaat hartlik, warm en verwelkomend is. Wanneer die leeromgewing koud en klinies is, kom die deelnemers, nl die leerders, gespanne voor. Leerders moet dus gerusgestel word en op hul gemak wees met die uitvoer van aktiwiteite, selfs al is dit ietwat uitdagend. Tydens lesure moet die Afrikaansonderwyser rondbeweeg en leerders daarvan verseker dat hul op die regte pad is met die uitvoer van opdragte. Alle leerders moet ook deur die onderwyser betrek word en die Afrikaansonderwyser moet positiewe kommentaar mildelik uitdeel om verdere leer te bevorder. ’n Plekkie moet ook deur die onderwyser ingeruim word waar ’n leerder wat trauma ervaar, privaat kan oopmaak teenoor die onderwyser.

’n Afrikaansonderwyser moet voortdurend op hoogte bly van leerders se eksterne faktore en hul behoeftes om sodoende die eienskap oor kennis van menslike behoeftes te vervul. Daar moet ook in gedagte gehou word dat die leerders uit verskillende agtergronde en kontekste kom wat soms stremmend tot die leerproses kan wees. Daarom is voortdurende uitreiking na die leerders se welstand nodig om vir hulle die nodige ondersteuning te bied.

Afrikaansonderwysers moet met sekerheid weet wat hulle in hul vak wil bereik deur veral ’n gepaste onderrigmodel wat konstruktivisties van aard is in plek te sit. Hulle moet intervensie tydens assessering toepas, asook ’n vaste moniteringsinstrument van leerders se sosiale konteks. Remediërende onderrigmodelle, veral leesstrategieë om leestegnieke aan te moedig en te verbeter, is belangrik vir ’n Afrikaansonderwyser. Daar moet ook ten alle tye ’n onderrigplan wees om effektiewe tydsbestuur te verseker. Dit dien ook as ’n bruikbare riglyn in die vak om aan te dui wat nog gedoen moet word en waarheen die onderwyser op pad is met inagneming van die uitkomstes en verwagtinge wat in die vak daargestel word, aan beide die onderwyser en die leerders. ’n Assesseringsplan is ook broodnodig, sodat almal kan weet wanneer, hoe en watter assessering volg en voltooi moet word.

Net soos met die ander vakke, blyk die evaluering van handboeke ook ’n baie belangrike faktor vir ’n Afrikaansonderwyser te wees. Die onderwyser moet by die LOOM-komitee verslag kan gee van handboektitels ter bestelling daarvan. Dit is baie belangrik dat die Afrikaansonderwyser seker moet maak dat evaluering van handboeke ten alle tye plaasvind, sodat die oogpunt waaruit die leerders die vakinhoud benader terselfdertyd gemonitor en geëvalueer kan word. Daar moet ook sekergemaak word dat die leerders al die vakmateriaal ontvang, sodat die leerders geen verskoning het om nie te leer nie.

Afrikaansonderwysers moet groepsdinamika in die klaskamer en vak in ag neem, sodat sterker leerders die swakker leerders kan ondersteun. Dit sal ook die leerders in staat stel en help om sin te maak van mekaar se diverse perspektiewe en sodoende by mekaar te kan leer (kultuurleer). Leerders vul dan dus mekaar so aan. Groepsaktiwiteite is belangrik vir ’n Afrikaansonderwyser, omdat dit ook die kenmerke van groepsdinamika aanneem. Aktiwiteite soos paneelbesprekings en debatte in die vak is effektief vir hierdie benadering, omdat leerders se denkwyses en redenasies deur mekaar verbreed en versterk kan word en hulle sodoende dinge anders kan sien en benader.

......

Effektiewe kommunikasie, veral binne ’n multikulturele klaskamer, is noodsaaklik vir ’n Afrikaansonderwyser, omdat dit die geslaagdheid van onderrig sal verseker. Dit is belangrik dat die onderwyser die leerders se verskillende agtergronde in ag neem en die taal praat wat al die leerders in die klaskamer verstaan. Die onderwyser moet ook baie sensitief wees vir die voorbeelde wat gebruik word, met inagneming van diversiteit onder die leerders in die klaskamer.

.........

Effektiewe kommunikasie, veral binne ’n multikulturele klaskamer, is noodsaaklik vir ’n Afrikaansonderwyser, omdat dit die geslaagdheid van onderrig sal verseker. Dit is belangrik dat die onderwyser die leerders se verskillende agtergronde in ag neem en die taal praat wat al die leerders in die klaskamer verstaan. Die onderwyser moet ook baie sensitief wees vir die voorbeelde wat gebruik word, met inagneming van diversiteit onder die leerders in die klaskamer. Dit is goed dat die Afrikaansonderwyser binne die taalbeleid moet beweeg om inklusiwiteit te verseker en aan te moedig, en die inhoud moet dus op volgens die vlakke van die samelewing aangepas word sodat ál die leerders daaruit sin kan maak en nie net sekere leerders nie. Die onderwyser moet ook binne die gedragskode van die skool en vak beweeg om kru taal te elimineer. Binne die konsep van die vakgebied moet ook hieromtrent gekommunikeer word en nie van ander vakke nie.

Die Afrikaansonderwyser moet die vermoëns van die leerders takseer met inagneming van hul unieke maniere van leer en meervoudige intelligensie, sodat niemand benadeel of uitgesluit kan word tydens die onderrig-en-leer-proses nie. Die leerders se meervoudige intelligensie sal dan mettertyd gestimuleer word en sal verhoed dat die leerders enigsins stagneer in die vak. Dit is belangrik vir ’n Afrikaansonderwyser om veral nuwe tegnologie in die klaskamer te implementeer en aan te moedig om aan te pas by die leerders se georiënteerdheid met tegnologie. Derhalwe is dit belangrik om aan te sluit by wat die leerders reeds weet en kan doen, ten einde begunstiging van leer en onderrig by die leerders te verseker en te laat plaasvind.

Lees ook:

Indeks: notas, toetse en vraestelle

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top