SêNet-briewe
Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat.
Stuur jou brief aan webvoet@litnet.co.za.
Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions.
Send letters to webvoet@litnet.co.za.
Antwoord op Thomas se 'Afrikanergesprek'-brief
2012-10-22 Ek kry die gevoel hierdie 'inklusiewe' neiging gaan hand aan hand met die versoeningsmode wat nou so allesoorheersend is en in die lig hiervan lyk dit vir my geforseerd en meewarig (mooi woord wat ek nou by jou gesien het).Knyptangvrae vir Jaco
2012-10-22 Jaco, jy loop en spog met jou "Nuwe Afrikaner" (NA) wat dan nou die pas vorentoe sal aangee, maar jy laat ernstig na om vir ons te vertel presies hoe die NA lyk, wie een kan wees en wie nie en presies waarheen julle wil met die NA?Bel die Boere, meneer!
2012-10-22 Ek hoor haar nog lank voor ek sien wie dit is. Skel-skel kom sy in en raas met iemand wat nie hier is nie.En Moses op de berg geklimmen … vloog weg
2012-10-22 "Kopskuddend blaai hy terug en lees weer: 'En Moses op de berg geklimmen,' blaai weer om terwyl hy grootoog die gemeente in die gesig staar: 'en Broeders en Susters, hy vloog toe so wragtag weg.'"Baie belangrik: Gaan jou blog saam skuif? En wat kan jy verloor?
2012-10-19 "Wat om nou te doen: as jy nie die afgelope ses maande geblog het nie, maak vir jou kopieë van alle bloginskrywings wat jy wil behou. Maak ook seker dat die al die inligting wat moontlik verlore kan raak – soos in hierdie bloginskrywing genoem – veilig bewaar."LitNet-kommentare | LitNet comments: 16.10.2012-17.10.2012
2012-10-19Die volgende kommentaar is van 16–17 Oktober 2012 op LitNet geplaas. Teken in om kommentaar te lewer.
The following comments were published on LitNet from 16–17 October 2012. Log in to leave your comment.
Jaco, weet jy wat’s die verskil tussen eras?
2012-10-19 Dalk was hippie-era meer substantief as wat jy en jou tydgenote ooit sal word?Jan Rap, anglikaner vs afrikaner?
2012-10-19 Daai selfde 'skuld'-frase kom nou nog by SA-vroue in hul manipulasie uit?Jan Rap, anglikaner vs afrikaner?
2012-10-19 'Jan, my oumas het gesnuif en man móés hul soengroet. Ek het gedink dat inlê van alles onder son, normaal was."Jan Rap, tradisie vs kultuur?
2012-10-19 "As ek pitsa en pasta eet elke dag, is ek dan 'n Italianer? Kos maak nie 'n kultuur nie, dalk 'n tradisie."Thys se nagmerrie
2012-10-19 "Ek behoort reeds aan die grootste blanke groepering in die land wat die gekkegrens by die stembus verwerp het."Jan Rap, bloed SAP vs NP?
2012-10-19 "Ons het agterlik geraak omdat my pa 'n blêddie gebore SAP-man was."Die spreekwoordelike klipgooi
2012-10-19 "Wat egter die lagspiere effens geprikkel het, is die aankondiging deur RSG van die ontdekking op ‘klipgooi afstand’."Jaco Fourie, ek rook my hemp hemp?
2012-10-18 Synde jy so aangaan oor hippies en hemp wat as dagga gerook was, het ek vanaand 'n stukkie van hemp hemp in my pyp gestop. Dit het my laat hoes en niks verder nie.re Lewe Twee
2012-10-18 Skepsel wat van kleintyd af wan-, misdaad aanleer,ouers nie eens poog, rolmodel-modelleer t’v’rstaan,
“Duiwelspiek”-dissipelskap vir niks verruil, laat gaan,
verder v’rval in onkund’-ontkenning, sonner v’rweer
