Die ouderling moes die Sondag die diens waarneem. Hy lees uit die heilige boek: “En Moses op de berg geklimmen,” en met swetende hand blaai hy twee bladsye om en lees verder: “vloog weg.” Kopskuddend blaai hy terug en lees weer: “En Moses op de berg geklimmen,” blaai weer om terwyl hy grootoog die gemeente in die gesig staar: “en Broeders en Susters, hy vloog toe so wragtag weg.”
Van kleinsaf ken ons almal die storie van Moses se geboorte, hoe hy met die Nyl afgedrywe het, en later sy volk uit die slawerny uit gelei het. Ons Bybel-onnie op skool het ons verseker dat Moses die eerste vyf boeke van die Ou Testament geskrywe het. Dis eers later jare, toe my oë oopgegaan het , dat ek begin besef het dat dit sommer alles net pure twak is.
Die skrywer van hierdie verhaal van Moses was beslis bekend met die legendes en mites van die songod, Bacchus. Die Griekse digter, Orpheus, besing Bacchus en hoe hy met sy staf wondere kon verrig. Hy kon dit in ’n slang laat verander en het dit gebruik om die Rooisee oop te kloof sodat hy droogvoets met sy leër kon deurstap. Deur die water van die Orontes- en Hydaspusriviere daarmee aan te raak, kon hy ook deurloop sonder om nat te word. Met dieselfde stok kon hy ook water uit ’n droë rots tap, maar meer nog, oral waar hy rondgetrek het, het dit gevloei van melk en heuning.
Dis nie al ooreenkoms wat Moses met Bacchus het nie. Bacchus het ook twee moeders gehad, ’n biologiese ma en ’n stiefma, hy het ook met die rivier afgedrywe gekom in ’n houtkassie, en hy was ’n wetgewer wie se wette op twee kliptablette geskryf is. Bacchus se le?r is gedurende die dag deur die son gelei en snags deur ’n vuurpilaar.
Moses, net soos met Bacchus, word dikwels met horings uitgebeeld. Kyk hier.
Ja-nee, Moses vloog toe so wragtag weg!
Groete
Angus


Kommentaar
Met erkenning aan Hilton Hotema wat sy tyd dekades vooruit was.
Hello Angus
Dis net as jy dink Griekse mitologie kom na die Ou Testament stories dat jy nie die ooreenkomste sien nie.
As jy die Bacchae van Euripides lees wat gaan oor die god Bacchus, gaan dit nie lank vat voordat jy wonder hoekom hierdie werk so bekend klink nie. Gaan lees dan Handelinge in die Nuwe Testament en jy sal maar net jou kop kan skud.
Paulus het saam met Moses gevloog.
Chris
En ek dog nou weer dit is Noag wat iets met Bacchus in gemeen gehad het: eerste ding wat hy doen toe hy na die vloed grondvat is om ’n wingerd aan te lê en hom te vergryp ...
Hallo Angus,
Die dominee op ’n plattelandse dorpie kondig een Sondag af dat hy die volgende Sondag oor die sondvloed gaan preek. ’n Paar kwajongens glip toe gedurende die week by die kerk in en plak twee van die Kanselbybel se blaaie mooi netjies aan mekaar.
En dié Sondag lees die dominee in sy dramatiese kanselstem die verhaal van die sondvloed. Aan die einde van die bladsy lees hy: “En Noag het vir hom ’n vrou geneem en ...” toe blaai hy om en lees verder: “sy was 135 meter lank en 22 meter breed en 13 meter hoog.”
Die gemeente het hoorbaar na hulle asem gesnak en die dominee het vir ’n oomblik stil geword en met ’n vraagteken op sy gesig die bladsy stadig terug geblaai ... en weer vorentoe geblaai. Toe kyk hy op, maak gewigtig keel skoon en sê vir die gemeente: “Nou – as dit so in die Bybel staan dan is dit waar.”
Groete
Panda
Chris: Die hartseer ding omtrent fundamentalisme is dat dit juis die Bybel verarm eerder as om hom te verryk. As mens bewus is van die Bybel geskiedenis dan word hy soveel meer leersaam as werklik nuttige bron van inligting oor hoe mense daardie tyd gedink het, wat vir hulle belangrik was, in watter opsigte hulle van ons verskil het en met ons ooreengestem het ens.
Fundamentaliste is soos mense wat daarop aandring dat die fabels van Esop van geen nut is tensy mens glo dat hulle almal letterlik plaasgevind het nie.
Angus, Angus, Angus (en sommer al jou ateïstiese en agnostiese trawante)
Kopskuddend lees ek jou (julle) wanhopige poging(s) om die lesers se aandag weg te lei van Louis se knellende vrae oor die leuen van die evolusieleer, wat nog steeds onbeantwoord bly, en eerder jou (julle) onnoselheid ten toon te stel oor jou (julle) absolute wanbegrip oor die Woord van God en ware geloof! Jou (julle) laster is besig om jou (julle) stadig maar seker in te haal – wees gewaarsku – jy (julle) weet nie met Wie jy (julle) te doen het nie!
Maar voordat jy en jou pêlle self “weg vloog” (weereens) van die werklike kwessie af – beantwoord gou-gou vir ons die vragies van Louis, soos byvoorbeeld hoe die diere met on-ontwikkelde (nie ten volle ontwikkelde) geslagsdele voortgeplant en oorleef het oor miljoene-der-miljoene jare (met nie-ten-volle ontwikkelde organe – bv. die oog, hart, lewer, ens.), en dies meer. Dit is mos volgens jou (julle) vorige skrywes al lank gelede afgehandel – dus daar behoort mos geen probleem mee te wees nie. O ja, moet ook nie vergeet om ons te verwys na die bewysde wetenskap asook die fossiele rekords van die oorgangs fossiele ter ondersteuning van die sogenaamde teorie nie. En defnitief moet jy en jou pêlle ook eers aandag gee aan die “bewys” van jul afgod Darwin se evolusie essensie dat ALLE lewe uit een enkele, toevallig gevormde, partikel ontstaan het!
Sterkte
Dolf
As die drink van wyn (wat geassosieer word met bloed) by die nagmaal nie sy oorsprong het in die kultus van Bacchus weet ek darem nie. Dit kom definitief nie uit Judaïsme nie. Geen Jood sou dit ooit oorweeg het om bloed te drink, selfs nie eers as dit net simbolies was nie. Die Pentateug verbied dit op meer as een plek.
Brianvds, Angus, Panda, Chris, Thomas en algar ander ateïste en agnostici (wat hier moontlik gaan lees).
Graag wil ek julle daarop wys dat enige mens wat ’n gesonde verstand het, logika kan gebruik, realisties bly en kan lees, kan redelik maklik die teorieë en hipotese (alhoewel hulle gedurigdeur verander en as sulks onbewys bly) wat die evolusieleer ondersteun, verstaan – dit is werklikwaar nie “rocket science” nie – alhoewel baie mense (veral ons evolusionistiese vriende) daarop roem van hoe “slim” die wetenskaplikes al weer is – veral wanneer daar nuwe teorieë en hipotese uitgedink word (nie bewys word nie) om sodanige lastige vrae wat die evolusie snert weerlê, die hoof te bied en toe te smeer.
Ook is dit baie eenvoudig om Darwin se oorspronklike basis (steeds), of te wel “hoeksteen”, van die evolusieleer te begryp. Die steeds onbewysde teorie én die absolute essensie – direk vanaf Darwin – van die evolusieleer en waarom die hele spul draai, is dat ALLE lewe uit een enkele, toevallig gevormde, partikel (selletjie?) ontstaan het – kyk asseblief weer na sy “Evolusie boom” en die feit dat wetenskaplikes huidiglik besig is om dié boom te herteken, net met bykans 2 miljoen takke – die hoeksteen bly vas. Dus het een enkele "by chance" gevormde selletjie natuurlik gesellekteer – nadat dit skynbaar in ander identiese selletjies verdeel het – om elkeen in iets totaal anders uiteindelik te evolueer – bv. die een het natuurlik geselekteer om in ’n boom te evolueer en sy identiese pel het natuurlik gesellekteer om in ’n akkedis te evolueer, en dies meer en so voorts – hahahaha ... verskoon dat ek lag maar dit is werklik amusant! Hierdie netelige puntjie is nog NOOIT OOIT bewys deur ENIGE wetenskaplike nie – GLAD NIE! Deur die jare is etlike ander teorieë en hipotese ter ondersteuning van dié essensie bygevoeg (o.a. die Big bang – ons weet nog steeds nie wat ontplof het nie, ens.) in ’n poging om die leuen van die evolusieleer lewend te hou. En, Nee-nee, die evolusieleer is nie ’n feit, todat dit deur die wetenskap verkeerd bewys word nie, dit is nog NOOIT deur die wetenskap as feit bewys nie! Dus bly dit ’n onbewysde mensgemaakte teorie wat as geloof aangehang word as teenvoerder vir die ware christelike geloof – punt! Dan maak julle sulke simpele opmerkings soos “sonder die evolusieleer maak biologie nie sin nie.” – hahahahaha … Julle sien, die wetenskalikes MOET net eenvoudig die onbewysde evolusie teorieë en hipotese lewendig hou met nog meer onbewysde teorieë en hipotese! Dit is absoluut ’n verwronge “rat voor die oë gedraaide” kringloop, oor-en-oor-en-oor!
Die ware christelike geloof, daarinteen, kan nie deur enige mens wat ’n gesonde verstand het, logika kan gebruik, realisties bly en kan lees, vertaan of begryp word deur slegs die Bybel sonder opregtheid te lees nie. Ware geloof kom dus nie deur die lees van die Bybel, gereelde kerk besoek, die armes help, ander goeie dade of die gee van kollekte nie. Dit kom ook nie deur geleerdheid by teologiese instansies of die besoek aan geskiedkundige plekke nie. Alhoewel al hiedie dinge ’n bydrae lewer (behoort te lewer), kom Ware Geloof slegs van die Heilige Gees van God af – dit is ’n gawe van God. Ja-ja, die Ware Woord van God (die Bybel) MOET gelees én gehoor word – maar slegs gepaardgaande met die werking van die Heilige Gees in jou hart word ware geloof bewerkstellig. Julle sien, die mens is ’n God geskape wese met liggaam (fisiese), gees (spirituele), vrye wil (keuse) én intellek (vertandigheid). Julle kan maar skop, skiet, op die kop staan, skreeu, ens. maar dít is ’n voldonge feit! Daarom is daar ’n outomatiese hunkering en verlange in elke mens na die Goddelike waarheid, alhoewel baie in ontkenning leef – ons is in adam, aanvanklik.
Dus, by die lees en/of aanhoor van die Ware Woord van God én spesifiek die Enigste Ware Evangelie van Christus Jesus (Die hele Nuwe Testament – as julle wil, gee ek graag teks verwysings,) tree die Heilige Gees in die lesers/hoorders se harte in. Openb. 3:20: “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand My stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My.” Dit is dus hier waar die keuse (vrye wil) van die mens plaasvind – óf die deur word oopgemaak óf die deur bly toe. Julle sien, daar is net een handvatsel aan die deur én dit sit aan die binnekant! Sien dan ook dat ons geen aandeel in ons Redding deur Jesus Christus het nie, maar dat deur aanvaarding van God se Genadeversoening wat Hy bewerkstellig het in en deur Sy enigste Seun, Jesus Christus, daardie deur dan oopgemaak word en ons tree dan op ons pad van heiligmaking (waaraan ons dan ’n aandeel het nadat ons tot bekering gekom het). Dit is dan ook in hiérdie proses dat Ware Geloof ingetree het! Ons tree asitware (spelling?) uit adam uit en ín Christus ín! Dit kan nie ge-“bypass” word nie en met onopregtheid gedoen word nie, want God toets die harte!
Ongelukkig beleef baie mense bekering aanvanklik, maar dwaal mettertyd af – hulle vorder nie op hul heiligmakingspad nie – dit is nie ’n maklike pad nie. Lees maar gerus die gelykenis van die saaier. Die Woord word gesaai, maar nie almal neem dit aan nie! Julle sien, mense wil dikwels God dien, maar op die voorwaarde dat God daar is vir hulle behoeftes (dit gaan dus or hulle self). Ek het slegte nuus aan diesulkes, Alles gaan oor God en nie oor ons nie! Ons is geskape vir God se eer en nie andersom nie! Dit is beslis so dat nie almal tot bekering kom nie – nie omdat hulle nie God se Woord gehoor en/of gelees het nie, maar omdat hulle self gekies het om dit nie te aanvaar nie en eerder hulself wil verhef! Die Woord leer ons ook “dat selfs die goddeloses geskape is vir die oordeelsdag.”
Ek twyfel sterk dat my skrywe enigsins impak op julle sal hê, maar dan het ek dit ook nie ten doel nie! Nee-nee, ek wys maar net jul wanbegrip van sake Gods uit en dat julle die ware essensie van die ware evangelie in die Woord van God totaal en al mis (en bly mis) en geen begrip hoegenaamd van ware geloof het nie. Ek het dit ook nie ten doel om in argumente met julle betrokke te raak nie – julle verstaan eenvoudig nie waaroor sake Gods gaan nie en wat ware geloof behels nie – daarom praat ons verby mekaar. En soos Brianvds gereeld opmerk, “swaai ek ook nie my vuiste magteloos in die lug nie” – nee glad nie, eintlik ek voel regtig jammer vir julle en kan maar net hoop dat julle wel eendag tot inkeer sal kom.
Terloops, julle verstaan ook fundamentalisme verkeerd. Fundamentalisme is soos die moslems wat ten alle koste hul geloof moet verdedig – kyk maar na die geskiedenis wat dit aanbetref. Ware gelowige christene hoef geensins hul geloof te verdedig nie – hoekom? – want ons wéét die Waarheid en ons is dan ín Christus – wat kan mense aan ons doen? God regeer en ons behoort aan Hom. Nee-nee, fundamenteel is ons beslis nie – ons het geen vrees nie!
Sterkte.
Dolf
Hello Brian
Ek stem saam met jou dat daar baie te leer is uit die Bybel wanneer dit in konteks geplaas word van die antieke wêreld. Dit is ook ongelooflik fassinerend om uit die duisende stukkies van ’n legkaart, waarvan seker duisende stukkies meer eenvoudig nie meer bestaan nie, ’n beeld te probeer vorm van die oorsprong van ’n geloof wat so ’n groot invloed gehad het op die Westerse beskawing.
Daar is al so baie gedoen deur vakkundiges om hierdie beeld meer duidelik te maak, maar die fundementalis het, soos met die teorie van evolusie, alles in die stryd gewerp om die water so modderig as moontlik te probeer hou. Dit is ’n anti-intellektuele houding wat nie net op die ou einde die ondergang van Christendom gaan spel nie, maar ook die wêreld ’n meer gevaarlike plek gaan laat as ons nie meer kan onderskei tussen fiksie en feit nie. Die aanvaarding en populariteit van "new-age" spiritualisme kom nie van nêrens nie. Dit is, in my opinie, ’n newe-effek van ’n mislukte geloof in die God van die Bybel wat eenvoudig nie meer sy oorspronklike doel, wat dit ookal mag wees, dien nie, ’n Kondisionering van die manier hoe ons dink en die fondasie van beginsels (bv. die bestaan van spiritualisme, die siel, die bo-natuurlike, ens.) wat onkrities aanvaar word as deel van realiteit, wat dit ookal mag wees.
Elders maak Jan Rap die geldige punt dat die wetenskap (miskien sou dit beter gewees het as hy verwys het na mense kennis eerder as die wetenskap) die kat al baie keer aan die stert beet gehad het. Die belangrike is dat ons amper nooit bly klou aan hierdie stert en laat los as ons eers besef daar is fout. Idees en kennis word getoets en onderwerp aan eksperimente en logika, dit word nooit eenvoudig aanvaar as dogma. Die waarde van die wetenskap sou dan wees dat, al sou die wetenskaplike metode ons geen nuwe kennis kon gee (die teenoorgestelde is natuurlik waar) oor die wêreld nie, dit ons ten minste kan laat weet wanneer ons ’n kat aan die stert beet het. Iets wat daai ander katstert, godsdiens, behalwe dat dit nie erken word vir wat dit is nie, nog nooit baie goed kon doen nie.
Chris
Beste Chris,
Ek het baie al gewonder oor die gebloeddrinkery en en gemensvleisetery. Kom dit nie uit die heidense tydperk toe gode menslike offerandes aangebied is nie? Ek het sowaar Bacchae opgespoor tussen my erfstukke. Dis in Engels vertaal, het een shilling gekos, en dis ’n druk wat in 1906 verskyn het. Dit lees darem swaar; ek het net die eerste twee bladsye gelees.
Chris,
Nie "darem" nie - jy weet nie - punt!
Sterkte
Dolf
Dolf, Dolf, (en sommer al jou meelopertjies ook),
Wetenskaplikes is maar gewone mense, wat nie die antwoord op alles het nie. Daarom soek en werskaf en doen hulle reg oor die wêreld gedurig navorsing. Hulle ondersoek en bevraagteken absoluut alles. Onder andere probeer hulle ook uitvind waar lewe sy ontstaan het, en hoe lewe voortgeplant word. Die evolusieteorie is hulle model waarvolgens hulle werk wat sê dat lewe ’n voortdurende aanpassing is by veranderende en veranderde geografiese omstandighede.
Dis net fundamentalistiese Christene soos bv. jy en Kobus wat agteroor kan sit en sê die menslike lewe het sy ontstaan in ’n ribbebeen en ’n hopie grond, WANT DIE BYBEL Sê SO. Vergelyk wat Panda hierbo geskryf het.
Dolf, sommer so ’n los vragie om jou Bybel-kennis te toets:
Waar was Jesus tydens sy minder-as-48-uur in die graf?
Beste Dolf,
Graag wys ek jou op die volgende: Gesonde verstand? Wetenskaplikes kan nie staatmaak op sogenaamde gesonde verstand nie. Hulle gebruik eksperimentele data om ’n wet te formuleer. Gesonde verstand sê jou dat die son, maan en sterre om die aarde wentel. Gesonde verstand sê jou dat die heelal ’n begin en ’n einde moet hê, en as jy iets vashou en los, dit af ondertoe moet val. Nee, gesonde verstand is misleidend .
As dit so eenvoudig is om Darwinistiese evolusieleer te verstaan, waarom bestudeer jy dit nie? Dan sal jy dit ook verstaan. Dit is die spul (sic) waarom alles draai, maar nêrens het Darwin enigsins navorsing gedoen oor die oorsprong van lewe nie. Hy het sy teorie verduidelik in sy boek Origin of Species. Dit het te make met hoe nuwe spesies gevorm word deur aanpassing by nuwe omgewingsomstandighede. Dan vra jy my om te kyk na sy “Evolusie boom”. Sal jy my asseblief laat weet waar ek so ’n Darwin se boom te siene kan kry? Die evolusionêre boom het eintlik eers gestalte verkry met die opkoms van molekulêre genetika, maar al bome wat Darwin geken het, groei in die grond.
Jou opvatting oor hoe spesies sou ontstaan het volgens die evolusieteorie, is, om die minste te sê, belaglik. Die fout wat jy maak is om dit met jou gesonde verstand te probeer verstaan. Gesonde verstand sê dat dit onmoontlik is, maar as jy dit bestudeer (werklik bestudeer, nie luister wat Dominee daaroor preek nie) sal jy tot ander insigte kom. Niemand wat die evolusieteorie verstaan sal dit as sommer snert afmaak nie.
Jy sê Christene hoef nie hulle geloof te verdedig nie? Waarom gaan jy en Kobus dan so heftig tekere? Waarom het die kerk Galileo as ketter verklaar en hom beveel om sy sienswyse oor ’n heliosentriese planetestelsel te staak? Waarom is en word Darwin dan so heftig aangeval oor sy teorie? Waarom word daar miljoene dollars in Amerika bestee aan die bou van museums om Kreasionisme te propageer? Waarom die aanvalle op alles wat na wetenskap ruik? Waarom dan hierdie debat? Ek sal jou sê waarom. Die Christelike geloof het nie tred gehou met die moderne lewe nie, en is besig om leeg te loop. So hier en daar is iemand nog besig om vir oulaas munt daaruit te slaan (soos my naamgenoot, die aartappelboer), maar die Christendom is dood, die le? kerke en powere psalmgesang Sondae getuig daarvan. Hierdie heftige aanvalle vanuit Christelike geledere is die laaste stuiptrekkings.
Dolf, lyk my mens moet al die fokken werk gaan doen vir die luigat fundamentalis wat die een stront storie na die ander uit sy duim suig en hoop hy kom weg daarmee. Fundamentaliste is nie net die ouens wat bomme gooi nie, maar ook julle lot wat vasgehaak het in die 17de en 18de eeu.
Fundamentalisme het sy oorsprong in Amerika in die begin van die 20ste eeu, bestaande hoofsaaklik uit verskeie sektes wat ’n obsessie gehad het met Openbaring en die einde van die wêreld (in hierdie opsig het min verander) wat hulle seker was sou kom voor die einde van die 19de eeu. Dit was aanvanklik in protes teen liberale Protestante wat nie meer die Bybel as die onfeilbare en letterlike woord van God gesien het of kon aanvaar nie, maar die Scopes hofsaak van 1925 het hierdie beweging vir altyd verander as die hoof opponent teen die teorie van evolusie.
Die dokumente waarop hierdie beweging gebasseer is staan bekend as "The Fundamentals", gepubliseer tussen 1910 en 1915 in 12 volumes. Basies kom dit neer op die verwerping van enige intellektuele idees wat nie ooreenstem met ’n letterlike interpretasie van die Bybel nie. Dit weier ook om te erken dat daar enige fout is met of in hierdie boek. Dit floreer op die tipe onkunde wat jy, Kobus en nou Louis ook so pragtig vir almal ten toon stel hier op LitNet.
Dat die fundamentalis homself wil distansieër van hierdie term is ’n flou poging om te maak asof daar ’n verskil is tussen hom en die mentaliteit van die Moslem fundamentalis wat bereid is om homself op te blaas vir sy geloof. In enige ander eeu sou julle die fakkels in die brandstapels gedruk het om onskuldige mense te verbrand en sou nie vir ’n oomblik gedink het julle is besig met iets anders as God se werk nie.
Die ouderling moes die Sondag die diens waarneem. Hy lees uit die heilige boek: “En Moses op de berg geklimmen,” en met swetende hand blaai hy twee bladsye om en lees verder: “vloog weg.” Kopskuddend blaai hy terug en lees weer: “En Moses op de berg geklimmen,” blaai weer om terwyl hy grootoog die gemeente in die gesig staar: “en Broeders en Susters, hy vloog toe so wragtag weg.”
Van kleins af ken ons almal die storie van Moses se geboorte, hoe hy met die Nyl afgedrywe het, en later sy volk uit die slawerny uit gelei het. Ons Bybel-onnie op skool het ons verseker dat Moses die eerste vyf boeke van die Ou Testament geskrywe het. Dis eers later jare, toe my oë oopgegaan het, dat ek begin besef het dat dit sommer alles net pure twak is.
Die skrywer van hierdie verhaal van Moses was beslis bekend met die legendes en mites van die songod, Bacchus. Die Griekse digter, Orpheus, besing Bacchus en hoe hy met sy staf wondere kon verrig. Hy kon dit in ’n slang laat verander en het dit gebruik om die Rooisee oop te kloof sodat hy droogvoets met sy leër kon deurstap. Deur die water van die Orontes- en Hydaspusriviere daarmee aan te raak, kon hy ook deurloop sonder om nat te word. Met dieselfde stok kon hy ook water uit ’n droë rots tap, maar meer nog, oral waar hy rondgetrek het, het dit gevloei van melk en heuning.
Dis nie al ooreenkoms wat Moses met Bacchus het nie. Bacchus het ook twee moeders gehad, ’n biologiese ma en ’n stiefma, hy het ook met die rivier afgedrywe gekom in ’n houtkassie, en hy was ’n wetgewer wie se wette op twee kliptablette geskryf is. Bacchus se le?r is gedurende die dag deur die son gelei en snags deur ’n vuurpilaar.
Moses, net soos met Bacchus, word dikwels met horings uitgebeeld. Kyk hier.
Ja-nee, Moses vloog toe so wragtag weg!
Groete
Angus
Chris,
Net so ’n “los vragie”, sê jy – om my Bybel kennis te toets? Is dit nou om te bepaal of ek nou kamstig “goed genoeg ” is om met jou te redekawel? En dít te oordeel aan wie se mening – joune? Gaan ek ’n merkie uit 10 uit kry – gemeet vanuit jou kennisvlak? Ai, ai ou Chris, ek bespeur ’n tikkie arrogansie, selfverhoging en eiewysheid van jou af. Dit is ’n gevaarlike ding om te doen om in ’n “Bybel kennis” toets, of te wel, argument betrokke te raak met ’n “eks" christen? En erkende lasteraar en ateïs – wat dan ook daarop roem dat hy sogenaamd “kennis” oor sake Gods het (hy meet dit aan die feit dat hy blykbaar die Bybel “ken” en daarom homself “rate” as kundige oor sake Gods)- g’n wonder die Bybel waasku ons om nie in sinlose argumente met ongelowiges betrokke te raak nie! Jy sien, soos ’n tipiese ateïs probeer jy ware gelowige christene “uitoorlê” met jou sogenaamde kennis oor die Bybel. Jy besef eenvoudig nie waaroor die enigste ware evangelie van Christus én daarmee tesame, die ware christelike geloof, gaan nie – Hoeveel “Bybel kennis” het die misdadiger aan die kruis gehad? Hoeveel “Bybel kennis” het die blinde man in Jerigo gehad? Nee-nee, Chris, ware geloof word nie gemeet aan “Bybel kennis” nie – dit word gemeet aan ’n Heilige Gees gewekte liefdes en geloofs verhouding met Jesus Christus die Here! Sien is nie Glo nie – Glo is Sien! Die lig sal nooit vir jou opkom sonder ware geloof nie – hou op spartel!
Jy sien, jy het skynbaar kennis oor die Bybel (gewese verlore teologie student?) en ag jouself waardig om uitgesproke te wees oor sake Gods. Ek ag jou nie waardig nie – ek ag jou as ’n gevaarlike valse profeet wat bose motiewe het om niksvermoedende mense weg te lei van hul ware redding in Christus en hulle te onderwerp aan die wêreldse dwaasheid wat jy self aanhang. Jy doen dit dan ook doelbewus – jy sien, jy kon nog nooit ware geloof verstaan nie en het nog nooit enigsins ’n begrip van God se Liefde, Almag en Wysheid én Sy Genade versoening ín en deur Sy enigste Seun Jesus Christus, gehad nie – en dit frustreer jou geweldig in jou absolute magteloosheid – daarom jou obsessie oor sake Gods! Jou “vragie” is nie gestel met die doel om tot beter insig te kom nie – nee, dit is gestel om uit te lok. Jy kom vir my voor as iemand wat gewoond daaraan is om mense wat van hom verskil te "stoomroller" met sy sogenaamde "kennis" – (ek doen my bes om nie te lag nie) – ek het regtig geen vrees nie!
“Having said that” en ter wille van mense wat opreg soekend na die waarhied is en ook in die lig gesien van die diepere betekenis van christenskap ten opsigte van die ware en enigste evangelie – die evangelie van Jesus Christus, beantwoord ek graag die “vragie” kortliks. Ek stel dit spesifiek só omrede daar vooraf in ag geneem moet word dat baie christene beperkte “Bybel kennis” het – daar is niks mee verkeerd nie – kennis bepaal nie ware geloof nie – ware geloof is ’n baie kosbare gawe van God! – daarom lei "Bybel kennis" op sig self nie tot bekering en ware geloof nie – neem nou maar jouself Chris, en ander “eks” gelowiges, as sprekende voorbeelde.
Om breedvoerig na jou vragie om te sien gaan ek nie doen nie – bloot omdat dit redelike lang skrywes nodig het. Daarom gaan ek net die lesers se aandag vestig op dit wat Christus se Kruisdood beteken het – onthou ook dat die “Christus-verbond” – Die Nuwe Verbond – God se Genadeversoening – hier ter sprake kom. Onthou ook dat Christus daar gestel is deur God self, om as Middelaar vir die mensdom toe te tree, dus geld die volgende:
Hy, as enigste Seun van God, het ten volle mens word, die wet volmaak nagekom en alle konsekwensies daarvan/aan vervul.
Hy het ook die vereistes van die Nuwe Verbond (Christus verbond) volmaak nagekom om sodoende, as Eersgeborene, die pad vir die komende volmaakte volgelinge, voor te berei. Onthou ín Christus en deur Sy verdienste is alle ware gelowiges volmaak.
Hy het as volmaakte Offerlam aan die kruis gesterf om al die vloeke gedra vanuit die wet, uit te delg – Hy het dit gedoen sonder die hulp van God, deur die Gees.
Hy het ook aan die kruis gesterf vir al die sondes van die wêreld vanaf Adam tot by die voleinding van alle dinge. Hou ook in gedagte dat Christus daarom ook “terugwerkend” gesterf het vir die gelowiges wat onder die Ou Verbond (Ou Testament) gelewe het. Christus het dus Sy oorwinning aangekondig – ook in die doderyk.
In die proses het Hy dan ook die satan en sy trawante oorwin, nie alleen tydens Sy lewe op aarde nie, maar ook in die dood – "ek het die satan soos ’n weerligstraal uit die hemel sien val" – waarna Hy opgewek is uit die dood en verhoog is tot die regterhand van God as Tussenganger vir die mensdom.
Hierby volstaan ek dan.
Terloops, Chris, ek weet jy rafel uit, maar probeer maar om jou vuilbek vir jouself te hou, man. Ons het dit nie nodig hier op LitNet nie. Ek verstaan jou uiterste frustasie om met jou menslike dwaasheid sake Gods te probeer uit redeneer – maar jy kan nie! So, kom raak nou maar eers weer kalm, voordat jy verder strompel om jou pad na nêrens! O ja, ek volstaan ook by die feit dat ek en Kobus nie fundamentaliste is nie, ondanks jou gebabbel daaroor.
Angus,
Ek weet dit blyk ’n fout te wees aan LitNet se kant maar ter wille van alle lesers, die volgende: – Angus het onder my naam sy mees onlangse lasterlike snert kwytgeraak – dit kom Nie van my af Nie!
Angus, jy kan dit duidelik nie vat dat daar baie is (ware gelowiges ingesluit) wat juis die evolusieleer baie goed verstaan én dit as snert afmaak, nie! Soos ek alreeds opgemerk het – dit is nie "rocket science" nie! Graag sluit ek myself by hierdie groep in! Skrik wakker, ek verstaan die evolusie snert, man! En dit stink van onbewysde mensgemaakte teorieë en hipotese juis om die verotte karkas van Darwin (jul afgod) se evolusieleer lewend te hou! Gaan lees weer!
Verder moet jy ook weer my skrywe lees – veral die laaste paragraaf – ek en Kobus gaan nie te kere nie – lees weer die redes vir ons optrede!
Ter afsluiting wil ek net noem dat dit is ongelooflik pateties hoe jy en Chris (en soms jul ander trawante) eerder oorskakel na lasterlikhede om die fokus af te skuif van julle absolute onvermoeë om die evolusie snert as meer as ’n mensgemaakte leuen en afgodsdiens te bewys en ook jul absolute wanbegrip vanuit julle menslike dwaasheid om sake Gods enigsins te begryp of te verstaan – hoe uiters jammerlik!
Sterkte
Dolf
Angus,
Net gou-gou – jy weet nie dalk wie Moses gesien het of ’n oorspronklike foto van hom geneem het nie? Ek wil net kyk en vergelyk of die uitbeelding van Moses (sien jou verwysing) darem akkuraat is. Dankie man, ek wag geduldig.
Sjoe, is dit nie ook amusant hoe jy (en jou trawante) volhard om nie die evolusie vragies vir ons almal gou-gou te beantwoord nie (dit is mos lankal afgehandel). Hoe het jy eens op ’n tyd vir my aangedui? O ja: "Erken man, erken die evolusieleer is ’n klomp snert."
Chris,
Jy het nou jou vragie gestel – kom antwoord nou gou-gou Louis se vragies vir ons. Dankie man.
Sterkte
Dolf
Dolf,
Dit wil so lyk asof jou oë mos nou ook oopgaan.
Dolf die Fundamentalis
Jesus was net so bang soos jy om vrae te antwoord. In Markus 11:29 sê hy: "Ek gaan vir julle een ding vra, en as julle My daarop antwoord, sal Ek vir julle sê met watter gesag ek hierdie dinge doen". Die priesters antwoord hom nie en Jesus sê dan in vers 33: "Dan sê Ek ook nie vir julle met watter gesag Ek hierdie dinge doen nie" (Nuwe Vertaling met sy lomp gatkruiper hoofletters en al). Jy is in "goeie" geselskap.
Met God en Jesus aan jou kant, hoe kan jy dink die antwoord van 'n eenvoudige vragie is gevaarlik? Terloops, waar in die Bybel word jy gewaarsku om nie in "sinlose argumente met ongelowiges" betrokke te raak nie? Verder, wat laat jou dink hierdie vragie is sinloos? Was Jesus in die paradys, die hel of nêrens? Is dit regtig 'n sinlose vraag?
Jou plig as Christen, sou ek dink, is om die woord van God te verduidelik en, indien nodig, te verdedig, en dit veral as jy betrokke wil raak op 'n forum soos hierdie. Daar kan 'n paar moontlikhede wees hoekom jy weier om te antwoord. Hier is 'n paar:
1. Jy is onintelligent en wil nie jou naam gat maak nie.
2. Jy ken nie jou Bybel nie, die "gees" skryf vir jou voor (is dit nie wat jy vir Trienie gesê het nie) en jy wag nog vir die antwoord.
3. Jy ken jou Bybel en weet dat dit vol foute is, die feilbare produk van mense, sonder 'n god se inspirasie.
4. Jy weet baie meer van anti-evolusie argumente as van jou geloof. Jy dink dat as evolusie verkeerd bewys kan word jy nie 'n vinger hoef te om jou godsdiens te regverdig nie. Dit kan ek jou verseker is naïef en 'n groot fout.
Ek gaan nie jou vrae oor evolusie antwoord nie, Brian, Angus en Thomas het jou alreeds goeie raad gegee: voed jouself op, maar ek gaan aanvaar dat jou weiering om my vraag te antwoord een of meer van die redes hierbo is.
Dolf: Jou vrae word nie beantwoord nie want hulle is meesal retories van aard, of berus of volslae wanbegrip van evolusieteorie. Die helfte van die tyd is dit nie eers vir my duidelik wat presies dit is wat jy wil weet nie.
Angus,
Watter deel van my skrywe verstaan jy nie? OK-OK daar was ’n bietjie sarkasme in, maar jy lees die onderliggende deel verkeerd. Ek het geen twyfel aan die egtheid van, en waarheid in, die Bybel nie – geensins nie – daarom dat ek ook geen twyfel het aan Moses se bestaan nie. As jy dus beweer dat “dit wil lyk asof my oë nou oopgaan” maak jy alweer ’n foutjie. Jy sien, my oë het lankal oopgegaan die dag toe die Heilige Gees ware geloof as gawe van God aan my gegeee het en ek Jesus Christus as my persoonlike verlosser en saligmaker aanvaar het. Dit is jy en jou trawante wat siende blind en horende doof is!
Chris,
As deelnemer aan hierdie debat, probeer om my skrywes volledig te lees. Watter deel van my antwoord verstaan jy nie? Lees weer! Daar kan ’n paar moontlikhede wees hoekom jy doelbewus die antwoord “mislees” of eenvoudig ignoreer:
Jy dink dat evolusie as waar bewys is alhoewel daar geen bewys daarvoor is nie. Jy gaan nie my vrae oor die evolusie snert antwoord nie – want jy kan eenvoudig nie en die redes hierbo genoem geld ook. Angus, Brianvds en Thomas se “raad” het geen impak nie omdat dit op dieselfde onbewysde basis as hul evolusie godsdiens berus – dit is totaal en al sinloos. Hulle weet dit en jy ook! Kyk maar na hul reaksies – wat sê hulle nou eintlik, behalwe niks? En nog steeds bly die vrae onbeantwoord!
Brianvds,
Jou eie vrae en aanvalle oor sake Gods dui jou eie onvermoeë om te verstaan en jou oningeligtheid daaromtrent, aan. Jy babbel oor dit en dat, maar ek lees wel en die evolusieleer is en bly eenvoudig ’n klomp onbewysde snert! Ek wil beslis nie hê dat jy (julle) vir my moet navorsing doen nie of jul afgod, Darwin, se twak moet herskryf nie. Nee man, moet jouself nie onnosel hou nie. Die antwoorde behoort maklik te wees, die kwessies is dan al lankal aangespreek en uitsorteer – dít nou volgens julle. Jy het iets gepraat van 150 jaar gelede al!
Sterkte
Dolf
Dolf: Ek het nog nie eintlik aanvalle geloods oor sake Gods nie. Die bestaan van God al dan nie is heeltemal irrlevant: die wette van die natuur werk vir almal dieselfde, ongeag hul geloof of gebrek daaraan, en ongeag of daar gode is of nie.
Wat die res van jou boodskap aanbetref is dit nie vir my duidelik wat jy nou eintlik sê nie. Jy vra vrae maar nou sê jy dat jy nie die antwoorde wil hê nie. Of so iets? Kan nie eintlik agterkom nie.
En ja, die antwoorde is meesal heel maklik. Hulle is ongelukkig dikwels ook baie lank, en vereis dat jy darem hoërskoolwetenskap moet verstaan. Ek dink nie wil dit eintlik hoor nie. Nou ja, dan moet jy maar in die duister leef.