Jan Rap, ek hou nie van Orania nie

  • 0

Kyk, Orania (edms) bpk is beslis nie dié reddingboei vir alle wit Afrikaanssprekendes nie, agv die Vf+-familie-konsep. Die konsep van 'kibboets'-eilande in verskeie areas is dalk haalbaar, vir uiteenlopende politieke en tradisie-oortuigings? Dalk in die mees agtergeblewe areas van Noordkaap-Karoo, met tegnologie-gedrewe-tipe hippie-'groen'-idees, bv 'n bamboes-verwerkingsaanleg vir plankvloere en meubels? 'n Hemp-materiaal en -klere bedryf? Anders as wat baie altyd dink, daar is substansie in my geneul met die affêre en gryswater, selfs 'suur mynwater' of brak water? Terselfdertyd kan so ’n mikro-klimaat die omgewingsklimaat verander? Bv in Calvinia is 'n auqafur wat standhoudend is, maar agv abnormale hoë arseenvlak onbruikbaar is tans. Feit is dat osmose met regte boom of plantsoorte, die water in die atmosfeer vrygestel kan word in 'n natuurlike suiwer vorm. Daar is 'n sipres-soort in Vsa/Kanada wat groei in giftige water. Dis net die fiksasie van 'inheems' wat tans 'n probleem van dié voor die hand liggende groen volhoubare oplossings is. Die seder van Sederberge is byna uitgewis en dit was voor Portugese woude. Dalk dink ek te eenvoudig?

Hans Richardt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top