Jan Rap, anglikaner vs afrikaner?

  • 0

Jan, my oumas het gesnuif en man móés hul soengroet. Ek het gedink dat inlê van alles onder son, normaal was. Toe word ek groot en sien die anglikaners dink ons is erg Agterlik. Hul ma's het elke dag/week vars groente en vrugte gekoop of blikkieskos. Hul het hoender en eiers by slaghuis of winkel gekoop. Ek het nie iets soos 'bacon' geken of geëet, totdat ek as 16-jarige begin werk het nie. Toe het ek ook vir die eerste maal in sitfliek gefliek en The rocky horror picture show gesien. Ek het nie Engels verstaan nie en my pêl moes die storie na die tyd op pad huistoe verduidelik. Verstaan jy hoekom ek met 'n E deur hoëgraad matriek vir Engels was? Shakespeare was toe en is nog steeds onverstaanbaar vir my, wat geleer lees het met my pa se Hooghollandse Bybel. Ek was jongste uit 10. My pa was net na die ABO gebore.

Die Duitse 'ronde tafel' het vir ons Kersgeskenke gegee een jaar. Alles was in pragtige bokse met sulke bruin papier 'strooi' gepak. Ek moes Duits as verpligte skoolvak doen tot standerd 7. Die ou het te seer gedonner met daai plank, daai tjoep agter in broek het nie gehelp nie en dit het my dadelik van plan laat verander. So, eintlik was dit 'hoog-Duits' en Vlaams wat op 'taal en kultuur'-basis was. Ons kon darem met die Belgiese tannie oorkant gesels. Die oom was Franssprekend. Hul kinders het na die katolieke skool gegaan en was anglikaanse Franse? As hul wou privaat gesels, was dit altyd in Frans.

Ek dink aan my ma met haar strop, waarmee sy ons gedonner, oor kop, rug of net waar dit geland het. As jy 'n hou in oog gekry het, was dit my skuld, want ek was stout. Daai selfde 'skuld'-frase kom nou nog by SA-vroue in hul manipulasie uit? Ek wil nou net wees, net Hans, myself wees.

Hans Richardt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top