Afrikaner is 'n paradoks

  • 0

Die benaming van Afrikaner is 'n deel van die gefabriseerde NP-geskiedenis, soos Pleysier se volkspele en Piet Retief as volksheld. Eintlik moes dit Anglikaner gewees het. Tot 1902 was daar nie 'n ding soos 'afrikaner' nie, anders sou dit mos Anglo-Afrikaner Oorlog geheet het.

Net hier vou Jan Rap se Afrikaner of dalk nie. Dalk het Jan Rap die gepaste naam op die gepaste tyd na vore gebring in die 2012 SA-demokrasie, waar mense in gemengde huwelike Afrikaans praat met kinders? In die noorde van Italië praat die 'wit' Italianers Italiaans, maar meng nie met Sicilianers of die uit Montenegro vrylik of met donker Italianers in suide nie. Tog is almal Italianers? Ek gee op. Ek wil net myself wees in enigste land wat ek my geboorteland is.

Hans Richardt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top