nu lat oud-vryheidsvegter moedertaal biza “isiBhulu”,
sit Afrikaanse mos met een moersk’ hlungu, kakhulu,
sou’t g’pas is, indien, wan’r, as, Mens nog “Boer” was,
superioriteitsg’wys, as sodanig ge-“klas”, nogge “ras”
neo-onnerdrukking, G’wete-loos, g’wetenloos, g’meen,
al g’niet’t, voorwaar, binnekringbegunstigdekringsteun,
diskriminasie, versus mede-Mens, Naaste, mosse ding,
nes apartheid, wil’t net leed, pyn, hartseer, voortbring
Millennium Drie is Tyd, koöperatief, versoening in t’span,
al’s Gewete huidiglik, Spiritueel, oppie skerm nette bliep,
droom Mens, Hoop, frokkelinglik uit Waarheid op t’diep,
Skepperswater, Heilig, oor Sy Allerheilig Akker t’lat gan
“Duiwelspiek”-dissipelslaafsheid, tóéka al so onb’sonne,
sonner ultra-B’sinning, Mens, ’s Stryd nimmer g’wonne
Jacobus Faasen

