As 'n obsessie in 'n gebied onderliggend bestaan by 'n persoon, dan druk die persoon dit uit en jy beweeg hom/haar nie 'n aks nie. Meeste se retoriek uitgedruk is uit 'n waardestelsel waarin emosionele plakkery aan die orde van die dag is en dit die enigste ewige waarheid is.
Neem bv gebruik van EM's vs chemiese boerdery. Wat presies is effektiewe mikrobe? Al wat man opspoor is dat dit mikro klein 'grond goggas' is, maw daardie deel van natuurlike voedselketting wat nie met die oog gesien word nie en dus 'nie bestaan nie' vir meeste mense. Chemiese boerdery in die VSA was met disinformasie van die 'american dream'-advertensies in die media gedryf in 1960's, om 'n verbruiker-ekonomie te vestig en was gesensor deur die staat en media-huise. Dis wat 'ondergrondse koerante' in 1960's in VSA gevestig vir 'teen kultuur rewolusie' en dit was nie net teen Viëtnam-oorlog of vir swart bemagtiging nie.
Ongelukkig word die grootste gedeelte van die 'counter revolution' as 'zol rook' en swart regte uitgebeeld. Die konsep van 'organies' leef was toe gevestig as basis van hippie-wees. Vegetariër- en vegan-diëte was aan orde van die dag, teen voerkrale en hoenderhuise. Rachel Carson het met haar boek Silent spring die basis van die 'ecotopia' en organies-leef gelê. Natuurlik was maatskappye bv Monsanto dadelik in media met 'n disinformasie-veldtog besig, soos met geneties-gemanipuleerde saad tans. Ons bye vrek aan vreemde siektes? Vandag weet ons wat steriele grond, grond-erosie tot gevolg het en dat dit wel 'n impak op die omgewing en mens het. Shell dryf tans 'n disinformasie-veldtog met geld, in staatsmedia, met hulp van 'n minister? Sy bly in Boksburg en weet wat die effek van bv suur mynwater op omgewing het na 'n eeu en al die mynmaatskappye nie meer bestaan nie. Hoe kan mense glo dat Shell, deur profyt gedryf, werklik veilig gaan werk? Gaan hul 'n trustfonds vir 'reparasies' stig en verdwyn? Natuurlik gaan dit nie inmeng met Meerkat of Salt nie, dit gaan 'n maanlandskap soortgelyk as in Tankwa Karoo skep. Water loop deur Tankwa en het 'n klein impak op 'n klipwoestyn, na die Ceres-vallei, 200 km verder, 'n paradys? Nou ja, die regering gaan werk skep, teen R12 500 pm of stakings ...? Die politici voel dat Shell in 'moeilike tye' beloon moet word vir hul bereidwilligheid om in SA te belê en werk te skep, verkiesingsbeloftes te help realiseer? Lees subtiel die politieke verkiesingsbeloftes wat nie realiseer nie? Dalk die minister op 'n toer in Tankwa vat?
Hans Richardt

