SêNet-briewe

Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat. Stuur jou brief aan webvoet@litnet.co.za. Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions. Send letters to webvoet@litnet.co.za.

Sjeeste en spoke

Reusedwerg 2013-06-05 Die boodskap wat die dooie ou ook gewoonlik het is "don't worry be happy" en vreet jou groente en moenie jou familie die moer in maak nie.

En my skaduwee rek, en dit rek ... en dit rek ...

Cornelius Henn 2013-06-05 'n Man se wese en inbors word bepaal aan die hoedanigheid van sy vyande; of so meen baie ...

Unieke gebeurtenis op Jupiter vir Thomas

Panda 2013-06-05 Ek plaas ’n foto van ’n simulasie van die unieke gebeurtenis op 12 Oktober later hierdie jaar wanneer die skaduwees van drie van die Galileaanse mane gelyktydig op Jupiter waargeneem sal kan word.

Hoekom doen ons Afrikaners dit?

Jan Rap 2013-06-05 Hoe sou dinge gelyk het as ons nog murg in ons pype gehad het, as Afrikaans ons erns was, as ons geag was deur sake-ondernemings omdat Afrikanerondersteuning vir hulle belangrik is?

Godheid in aksie

Trienie 2013-06-05 "Soos wat die bouer ’n onontbeerlike leer benodig om sekere hoogtes te bereik, so is hierdie manuskrip ’n ondersteuning vir enigiemand wat dit in die veld van die praktiese spirituele wil uitwaag."

ov’rg’zetzynde

Jacobus Faasen 2013-06-04 agt’rg’blewe Ekonomie Drie-inboorl’ng hlopekha, suff’reer,
arm’r’s arm, oppie heel laagste sport, dóúr, doer ver onn’r,
lat Mens, opnuut, opreg, ov’r eie Menslikheid moet wonn’r,
hoe lat Mens, Self, toe, lat mede-Mens so bitt’rl’k kr’peer?

Ek trek toe maar 'n knertsie rooietjie nader …

Raed-na-Gael 2013-06-04 … om die winter so effentjies van die knieë en gewrigte af weg te hou, en lees toe die panda's en kie se rekenaar-ongeletterdheid raak.

Karakters van my kontrei: Die nasate van Jean Durand en sy kleinseun: heemraad Jan Durand van Graaff-Reinet  in die Oosgrensdistrikte om en by Glen Lynden, Baviaansrivier, en die familie

Humphries du Randt 2013-06-04 Bewyse dat Roger Federer 'n negende geslag nasaat is van  die Hugenote stamvader Jean Durand en sy tweede vrou Wilhelmina van Zijl, en gevolglik ook die sewende nasaat van oud-heemraad Jan Durand van Graaff-Reinet. Laasgenoemde was aanvanklik woonagtig te Baviaansrivier, Bedford.

Selfvoldaan

CM 2013-06-04 Oortuig van sy eerbaarheid, wil niemand weet wanneer hy lieg nie.

Die dag toe ek soos 'n straatvrou behandel is

Enjee 2013-06-04 Onlangs gaan spreek ek my huisdokter oor 'n seer knie wat my opdraande gee.

Du Randt se laaste ure

Humphries du Randt 2013-06-04 Die vonnis dat hy gehang word, is reeds vroeër deur die Britse bevelvoerder in Suid-Afrika, Lord Kitchener, bekragtig. As rebel sou hy egter nie gehang nie, maar deur ’n vuurpeloton tereggestel word.

Laurie en Frits Gaum: Praat Verby Grense

Johannes Comestor 2013-06-04 "Die boek is eintlik 'n poging enersyds om aan Laurie die geleentheid te gee om sy leefwyse te regverdig en andersyds om Frits die kans te bied om groter begrip vir gays te wek."

Sirkel voltooi

2013-06-04 "Letterlik die laaste stukkie ongerepte kus gaan voor my oë onder die hamer van gesiglose afslaers toegeslaan word en ook, soos meeste ander stukkies kus, ontwikkel word."

afskeidskreet

Jacobus Faasen 2013-06-03 synde Afrikaan, vaaljapie, bleeksiel, metro-het’ro-seksueel,
sprek’r v’n suiw’r Biebouwiaans, Millennium Drie Afrikaans,

Wêreldbevolking en voedselproduksie

Varkspek 2013-06-03 Ek plaas die volgende uittreksels oor bostaande onderwerp en sal later poog om meer inligting te kry, veral oor waterbeskikbaarheid.

Water in die VSA

Varkspek 2013-06-03 Ek plaas hierdie kort uittreksel uit Wikipedia "Water supply and Sanitation in the United States" sonder kommentaar.

Is sinvolle debatvoering met Dolf en KdK moontlik?

Thomas 2013-06-03 Is sinvolle debatvoering met mense met so ’n lewensuitkyk hoegenaamd moontlik?

? Bybelse anachronisme?

Angus 2013-06-03 Elke week lig Dominee my per SMS in oor die komende erediens

Vir Tiens nav sy 'Omdat dit mooi is'

Jan Rap 2013-06-03 Ja-nee Tiens, ek bewonder mense wat met woorde kan toor.

George Claassen en Marietta

Raed-na-Gael 2013-06-03 George se baklei met haar gaan nie daaroor of sy lieg of nie.
Top