Ek trek toe maar 'n knertsie rooietjie nader …

  • 2

… om die winter so effentjies van die knieë en gewrigte af weg te hou, en lees toe die panda's en kie se rekenaar-ongeletterdheid raak. Ek het laerskool genoem waarmee hulle bitterlik ontevrede was, maar daar gaat hulle tog en vertel vir mekaar om soos gr 3's eers te soek, te blaai en dan te alt en te 1 + 2 + 3 + 4 ens. 'n Regte gr 3 lang som, in plaas daarvan om net hul muisvinger te gebruik - dit neem net 5 sek. 

In my tyd kon 'n laerskool onnie met sy diplomatjie slegs vanaf st1 en nie hoër op as st 5 klas gee nie. Hoërskool onnies egter moes 'n tersiêre kwalifikasie hê en kon dus laer af voor staan. Vir sub A en B was 'n andersoortige Dipl nodig.

Verder lyk dit my Panda se 1.0 x 1022 is sowaar  = 1.0 x 10²²! 

Hy bemoei hom oor die aantal km³  water wat nodig sou wees om die hele aarde te laat versuip. Plaas dat hy ons vertel waar die water vandaan kom. Hy sal onthou ( net ingeval hy dalk nie ) dat die aarde 'n kokende hel en woesteny in sy skeppingsjare was, toe afgekoel en daar water 'verskyn' het.

Ek noem, en nou ter inligting van ene Angus, drie name, almal op hul dag oortuigde en selfverklaarde ateïste, en hy lees hulle mis. 

Een 'n mediese dokter wat in die 'hospitale' van Wes-Afrika tot die besef gekom het dat daar werklik 'n God bestaan. Die ander twee is ontvangers van die Templetonprys (een vir die misterie oor hoekom ons hier is en die ander oor die onwaarskynlikheid dat alles maar net spontaan sou ontstaan het ) en wag daarvoor, dit aanvaar het. Een van hulle is hier op die Sê onder die ateïste as hul 'Quisling' uitgekryt. Kan dit wees dat intellektueel, Angus die Smalende, dalk al vergeet het? Moes seker al, want hy vra waar is die minder bene waarop die ateïste staan!

Het gisteraand na 'n huldeblyk aan dr Louw Alberts oor RSG geluister. Daar verwonder hy hom in sy eie stem aan die geweldige hoeveelheid (lees)werk wat die ateïste moet baasraak om by hul oortuiging te hou, in teenstelling met die gelowige se eenvoudige en maklik ... glo net! 

Hulle, die ateïste hier op die Sê, is in hul eie waan so hardnekkig en steeks dat indien hulle eendag die lig sou sien (wat verseker nie sal gebeur nie ), dit nogtans met hulle sal gaan soos in Charles M Schulz se “Charlie Brown”-aanhaling:

Sometimes I lie awake at night, and I ask "Where have I gone wrong ?" Then a voice says to me "This is going to take more than one night."

Groetnis.

Raed-na-Gael

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top