Karakters van my kontrei: Die nasate van Jean Durand en sy kleinseun: heemraad Jan Durand van Graaff-Reinet  in die Oosgrensdistrikte om en by Glen Lynden, Baviaansrivier, en die familie

  • 1

A. Roger Federer se afkoms.

B. Bewyse dat Roger Federer 'n negende geslag nasaat is van  die Hugenote stamvader Jean Durand en sy tweede vrou Wilhelmina van Zijl, en gevolglik ook die sewende nasaat van oud-heemraad Jan Durand van Graaff-Reinet. Laasgenoemde was aanvanklik woonagtig te Baviaansrivier, Bedford. (b4C4).

C. Omstandigheidsgetuienis word ook voorgelê vir die waarskynlikheid  dat die stamvader van die sogenaamde Duraans, naamlik Jan Hendrik Doorhaan/Doran/Duran (gebore 1875), die oudste maar buite-egtelike  seun was van Jan Durand (b4c3) by die vermoedelik Kaapse vrou Catrina (geen van). Hy was dus andersyds op grond van die vae en onwaarskynlike inligting op sy sterftesertifikaat aangaande sy herkoms  die nie-inwonende en ontkende vierde geslag oudste seun van Jan Durand (C3), heemraad van Graaff-Reinet.

D. Hierdie veronderstelling word verder versterk deurdat Wilhelmina, die dogter van Jan Durand C3,  met Jan Hendrik Duran se swaer T G Steenkamp getroud is. Die oorkruis huwelik sou as toevalligheid vergesog wees en bevestig die vermoede van die bloedverwantskap. 'n Finale aanduiding is die geboortedatum 1875 van Jan Hendrik wat die verbintenis verder bevestig deurdat dit  presies inpas by die binne-egtelike geboortes van Jan (C3) se egtelike  kinders en ons dus kan aanneem dat Jan Hendrik Doran  Jan Durand (C3) se oudste seun was.

E. 'n Verdere interessante komplikasie wat lig werp op die emigrasie van Jan Durand (C3) was die optrede van sy grootmoeder Wilhelmina van Zijl, Jean Durand se tweede vrou na die dood van Anna Vermeulen.  Vrede-en-Lust was naamlik die buurplaas in Simondium ( die huidige eienaar is mnr Dana Buys), van Willem van Zijl en sy vrou Christina van Loveren met wie se dogter Wilhelmina  Jean Durand getroud is en uit welke huwelik ons, die Durands van die grensdistrikte soos die huidige Adelaide en Pearston voortkom. Sy was ongeveer 30 jr jonger as Jean en binne 'n jaar na Jean se dood  trou sy  in 1726 met Jacob Louw, eertydse kneg van Adam Tas.

F. Ondanks die pro forma reg op haar  erfenis van Jean se twee plase Fredericksber en La Motte, word die wense en versoeke in die testament van 1726 deur haar huwelik met die jeugdige kneg Jacob Louw van Adam Tas geïgnoreer (byvoorbeeld dat die waterregte as 'n gemeenskaplike en onverdeelbare bate van die kinders behou en aangewend moet word tot die kinders by mondigwording vir eienaarskap kwalifiseer) en dra sy die Durand plase summier en dus in stryd met die letter en gees van hierdie geïmpliseerde begeertes en wense van haar oorlede eggenoot oor aan haar nuwe man.

Die seuns gee dus pad: Jan word koringboer in Rhoodesand en Jonathan eienaar van De Zoete Inval in Agter-Paarl.

Hierdie intrige van Wilhelmina se tweede huwelik en die oordrag van die Durand-plase skep so die voorspel van onbestendigheid vir die nasate as toekomstige grondbesitters en boere. Dat die kleinseun Jan as  seun van die koringboer Jan B1 dus binne die raam van die algemene probleem van skaarste  aan grond in die Boland met die Tregardts en ander emigrante na die Oos-Grens( Bedford) en die Oos-Rietrivier trek, gee nietemin aanleiding tot vrae oor die redes wat Wilhelmina tot die handeling genoop het om die Durand-plase so gou na haar huwelik van die kinders te vervreem - al het die testamente van die tyd aan die vrou volle erfreg toegeken.

G. 'n Brief van mev Lynette Federer, Roger Federer se moeder, insake haar Durand-ouers en grootouers aan die skrywer hiervan het my die geleentheid gebied om die raaisel van die Durand-Duraan-verhouding verder te ontknoop:
 
Sent: Tuesday, February 23, 2010 11:27 AM
Subject: FW: Emailing: WSH Du Randt 

Dear Mr. Durandt,

I have a correction::

Father of Lynette Federer(-Durand):        Jacobus Albertus Durand, born on 29th November 1906. 

Father of Jacobus Albertus Durand:        David Andries Durand

Mother of Jacobus Albertus Durand:       Lusia Hendrina Cilliers

Kind regards,

Lynette Federer
 
 
H. Nota van WSH Durandt:  Die volledige besonderhede van Jan Hendrik Doorhaan in RGN-familieregister (sic: Duraan)  word om onbekende redes soos volg  in die Duraan-stamboom in die Familie  Register (RGN) aangebied:
 * (gebore) Frankryk. 

Hierdie vae besonderheid word nog verder gekompliseer in die sterftekennisgewing van Jan Hendrik Doran waar die naam van sy vader deur sy  vrou bloot as Uyt Lander aangegee word en die moeder as Catrina (sonder van).

Die rede? Was die feit dat Johanna Zaal van die Kaap Jan Hendrik en sy suster Wilhelmina se  skoonma was vir die familie 'n steen des aanstoots? En wie was Catrina sonder van? En het Jan Hendrik by die Harmse-familie grootgeword as ons merk dat sy eersteling na Jan Harmse vernoem is? Watter verhaal van ontkenning en verwerping lê agter hierdie koue letters versteek?

I. Jan Hendrik Doorhaan (volgens die RGN-Register) die stamvader van die Duraans, sterf te Lokrivier 23.7.1838 (63 en dit beteken dat hy in 1875 gebore is); hy trou in Kaapstad op 7.8.1803 met Johanna Margaretha Steenkamp (wat die suster was van T G Steenkamp  met wie heemraad  Jan Durand (C3)  se dogter (b4c3d2) Wilhelmina Christina, gedoop 22.2.1778, in huwelik tree en wie se ouers  Lucas Steenkamp en Johanna Zaal van die Kaap was. Laasgenoemde sterf op 2.11.1834). Hulle nageslag is tot by Federer dus in die Duraan-familieregister van die RGN en Gisa:  b7, c1, d3 en e? , f? -  Lynette Durand.

Die Duraan-geslagsregister word dus in die RGN D-G (1989) as Duraan gelys met:
b7 Willem *22.12.1824; gedoop Tulbagh 4.10.1825 x NN; 
c1: Willem x Anna Jacoba Rouvierre xx Hopetown 25.12.1872 Maria  Catharina Magdalena  Muller *1850;
d3 David Andries *29.7.1873 gedoop Hopetown 4.1.1874 x Lusia Hendrina Cilliers en
e? Jacobus Albertus Durand * 29.11.1906
f? Lynette Durand-Federer, moeder van Roger Federer. 
 
J. Samevatting: 

Dat twee genealogies-nouverwante bloednasate van die prominente Drakensteinse Hugenoot Jean Durand (Genealogiese Stamboom Geslag A=GSG A) en vroeë eienaar van die huidige wynlandgoedere Fredericksburg (sic: oorspronklik Fredericksberg) en La Motte (met Johan Rupert en baron De Rothchild as  huidige mede-eienaars) in 2012 deur skouspelagtige prestasies op die internasionale speelveld  tot hoëprofiel nuusmakers "uitgelig" is, bevestig net maar weer die waarheid van die gesegde dat feite dikwels vreemder is as fiksie:

Enersyds verwys ek natuurlik na Roger Federer wat op 7 Julie vir die sewende keer die Wimbledon titel verower  en weer eens die  nommer een posisie  op die wêreld-tennisranglys verwerf het.  

Deur sy moeder Lynette Durand-Federer (GSG I) en met inligting van haar ouers en grootouers wat sy aan my voorsien het en verder nagevors is, word  Roger 'n negende geslag afstammeling van die  bogenoemde  Hugenote pater familias:  Jean Durand van La Motte Chalancon wat hom op Bergen Henegouen en later La Motte en Fredericksberg by die huidige Simondium vestig. Die laaste twee plase word tevergeefs in 'n testament van 1726 aan sy vrou Wilhelmina van Zijl as "voog" van haar kinders en veral twee seuns Jan en Jonathan se belang nagelaat.

Die Hugenoot Jean Durand se kleinseun Jan  Durand (GSG: C3), was 'n emigrante-boer van Rhoodesand wat hom "onwettig" saam met vele van  die emigrante groep Rhoodesanders (waaronder die Tregardts)  reeds in 1778 aan die verkeerde kant van die Oos -Rietrivierse grens  in die Baviaansrivier,  Bedford gevestig  en volgens Gordon het Jan as gids van Van Plettenberg op  sy reis na die Oosgrens opgetree.

Heemraad Jan Durand se oudste seun Jan Hendrik, wie se  afkoms as seun van Jan Durand op sy sterftekennisgewing klaarblyklik  verdoesel word, was die omstrede stamvader van die sogenaamde Duraans, naamlik Jan Hendrik Doorhaan. Hy is op 13 Julie 1838 te Lokrivier oorlede is nadat hy en sy suster Wilhelmina Christina Durand (D2), tweede oudste dogter van die heemraad van Graaff-Reinet,  Jan Durand, albei met 'n broer (TG) en suster Johanna Margaretha Steenkamp getroud is.
Hierdie dubbele of oorkruis huwelik lewer in teenstelling met mnr Endemann, eertydse hoof van GISA  se onbewese aantekening op p 158 van die Steenkamp-register in die RGN-reeks, afdoende bewys dat die Duraan-familie volledig deel is van die stamboom van die Durands.

As oud-heemraad van Graaff-Reinet was Jan Durand woordeliks in F A van Jaarsveld se 100 Historiese Dokumente die "driftige" woordvoerder van die burgers se frustrasie  op die historiese vergadering van 1795 waar landdros Maynier verjaag en Graaff-Reinet hom as Republiek onafhanklik van die gesag van die VOC verklaar het. Andersyds, as tweede nuusmaker, verskyn niemand minder nie  as sy Groot-grootjie se genant: Jan Jonathan (Jannie) Durand in Junie  2012 (Rapport 21 Junie)  op die internasionale sake- en media toneel toe hy as Johann Rupert se persoonlike assistent en tweede in bevel van die internasionale sakereus Remgro na die dood van Thys Visser as hoof uitvoerende beampte aangestel word.

Dat die spelling van die  familienaam Du Randt ten onregte na analogie van byvoorbeeld Du Toit of Du Preez  later gebruik is, doen egter afbreuk aan die oorspronklike etimologiese betekenis van Durand as duursaam, duur (nie goedkoop nie soos in duur gekoop), verduur ("endure"), durend en verwant aan die Endurance vallei in Provence.

Die "driftige" aard van heemraad Jan Durand soos dit uit die Notule van die Burgervergadering van 1795 in F A van Jaarsveld se 100 Historiese Dokumente van S A letterlik nav sy toespraak opgeteken is,  word in groot mate gereïnkarneer in sy vyfde geslag kleinseun wyle President Pieter Willem Botha wat soos sy vader na wie hy vernoem is (oorspronklik voor sy verhuising na die Vrystaat woonagtig te Doornkloof, Adelaide) dus die  genant was van sy Groot-grootjie Pieter Willem Durand (E5) van Allemanskraal, Smoordrif, Kookhuis  wie se Durand  weeskinders na hulle vader se dood deur hulle oupa Abraham Lodevicus ("Wessel") Botha van Doornkloof, Adelaide (President se groot- grootjie - sien President Botha se kwartierstaat onder)  grootgemaak is.

Uit hierdie selfde bloedlyn stam ook die bekende Oosgrens-held kommandant  Jan Jonathan Durand (E 1) van die Albanie wyk en broer van die reedsgenoemde  Pieter Willem Durand, "grootjie" van PW se pa maar ook die  oupa en naamgewer van my (wsh du randt se) oupa Pieter Willem Durand van Allemanskraal, Winterberg, Adelaide (wat 'n eerste dubbele neef van PW se vader was) en wie se kleinseun Pieter Willem Du Randt (sic) van Adelaide saam met sy neef Pieter Willem Du Randt van Blouwaterbaai die jongste naamgenoot van die eerste PW is.

Ons oorlede vader van Adelaide, Abraham Lodevicus Botha (Wessel) Du Randt (H3) was  getroud met Cornelia Margaretha Goosen Humphries, dogter van die Afrikaans-gebore eienaar van "Mount Pleasant", Bedford:  William Stephen Humphries X Dorothea Maria Marais, is op sy beurt  na sy oupa en die gemeenskaplike Grootjie Abraham Lodewicus ("Wessel"") Botha van Doornkloof vernoem.

President P W Botha se vader asook sy neef Pieter Willem Durand van Winterberg, Adelaide was op hulle beurt weer die neef van die jong, karaktervolle  en vreeslose rebel van die rebellebundel "Zo zij stierven" (Jordaan) soos uitgebeeld in die dramatiese skets uit die pen van dr De Wet, distriksgeneesheer van Cradock, naamlik Frans Engelbertus Marx Du Randt (sic: Durand).  Laasgenoemde is ironies eers na die ondertekening van die Vrede van Vereeniging  op die walle van die Visrivier buite Cradock as Boererebel gefusilleer.  Interessant is ook die rol wat Jan Jonathan Durand (D4) en sy seuns in die drama van die Slagtersnek-opstand en die opruiming van die Bezuidenhout-rebelle  volgens Heese (Slagtersnek en sy mense) gespeel het en waarvoor landdros Stockenstrom hulle met nuwe grond in die Bruintjeshoogte-kontrei beloon het.

K. Ten slotte, word die oorspronklike betekenis ook spesifiek weerspieël in die ikoontradisie van histories-uitsonderlike Durand-verteenwoordigers soos Dante (verkorting van Durante), die Hugenote-martelares Marie Durand  van die Toring-van-Constance faam, die burgers van La Motte Chalancon, die Hugenote stadjie in Dauphine, wat heldhaftig weerstand gebied het teen die opdrag van die katolieke regime om die stad te verwoes, waaronder die vader van die Hugenoot pater familias Jean, naamlik  Jonathan Durand vermelding verdien.

L. Naskrif:

DORAN/ DORAAN/DURAAN FAMILIE Dokumente

Hier volg die sterftekennis van Jan Hendrik * 1775:         DEATH NOTICE

Mikrofilm nommer 5-858, Verwysingsnommer 3025

   1.  Naam van oorledene: Jan Hendrik Doran (let wel hierdie van staan presies so geskryf)
   2.  Geboorteplek van oorledene: Uyt Lander
   3.  Ouers van oorledene: Jan Hendrik Doran en Catrina (haar van is onbekend)
   4.  Ouderdom van oorledene: 63 Jaar
   5.  Status: Gehuuw met Johanna Margaretha Steenkamp
   6.  Sterfdatum: 23.7.1838
   7.  Sterfplek: Lokrivier
   8.  Kinders:

Jan Hendrik Harremse Doraan (hier staan die van presies so)
Johanna Margarita
Lucas Peterus Jacobus
Catrina Maria Willemeina
Jannetje Sophya
Mondigge
Thomas Gerhardus Doran (Hier staan die van presies so)
Wellem
Geesje Jacoba (al die name van die kinders staan presies so geskryf)

9. Geteken deur J M Steenkamp

Hier volg die dooprekord van Jan Hendrik Harmse * 1803:

Op Mikrofilm nommer 5-153, Inskrywingsnommer 84, bladsynommer 119, Tulbagh

Kind:  Jan Hendrik Harmse * 10.8.1803 »  5.10.1805
Ouers:  Jan Hendrik Dùran, (hier word die van presies so geskryf)
  Johanna Margarita Steenkamp
Getuies: Johannis Albertus Korf
  Maria Steenkamp
  Willem Steenkamp
  Jannetje Sovia Steenkamp
  Jan Harmse Steenkamp
  Margarita Johanna Wise

L. Staatspresident Pieter Willem Botha se Kwartierstaat

Humphries du Randt**

** Professor William Stephen Humphries Du Randt, BA-Honneurs (cl)  M.A (cl)., D Litt, H O D (cl) (gebore op 23.12.1936 te Adelaide as Durand  B1C3D4E6 F1G1H3i2“ in die stamboom van Jean Durand en Wilhelmina van Zijl X Adelai S van de Vyver, oudste dogter van Theunis Christoffel van de Vyver van Rooidraai, Adelaide.

  • 1

Kommentaar

  • Sunette Du Rand

    Goeie Dag

    Volgens ons familierekords is ons ook afkomstig van Jean Du Rand en W Van Zyl. My ouma het vir my 'n soort van stamboom agter gelaat, maar dit lyk baie deurmekaar en is nie volledig nie. Sal jy my dalk kan help om my stamboom te kan voltooi?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top