Ek het George Claasen se brief oor die sieners gelees. Ek het al gewonder of ek nie dieselfde moet doen nie. Die mense kry darem baie geld vir stront praat. Dis nie net me Theunissen wat die mense se verbeelding aangryp nie, daar is 'n ander lat wat ook al hier kom kuier het. Kan nou wragtig nie sy naam onthou nie. (Kan John Edwards of Edmonds wees)
Sy program verloop gewoonlik as volg. Iemand in die gehoor, of almal in die gehoor het iemand aan die dood afgestaan. Hy kies dan iemand en vertel die persoon dat hy iemand sien wat "crossed over" het. Die persoon tjank dan en dan begin die raaiery wie en wat die persoon was. Gewoonlik is die persoon dan dood aan 'n siekte in die torso of een of ander deel van die lyf. Sover ek weet sit jou hart in daardie omgewing. Jy kyk na die naastes en besef die ou het aan 'n hartaanval of verwante siekte gesneuwel. Die man raai totdat hy op die regte spoor is en dan maak hy sy "ontdekking".
Gewoonlik is 'n ou wat dood is so verlig en bly dat hy van al die stront op die aarde weg is, dat hy natuurlik "very happy" is daar waar hy homself tans bevind.
Die boodskap wat die dooie ou ook gewoonlik het is "don't worry be happy" en vreet jou groente en moenie jou familie die moer in maak nie.
Me Theunissen se aanslag is meer subtiel. Jy moet haar vertel van wie jy 'n boodskappie wil kry. Natuurlik is jy nuuskierig wat jou geliefde mammie of pappie of nefie vir jou wil meedeel en jy noem dit aan haar. Niemand sal die ou wat jou bedonner het se sjees wil oproep of pla nie. Het nog nooit gehoor van iemand wat 'n gesneuwelde gevra het waar de moer is die Krugerponde wat hy begrawe het of hoekom jy my vrou gevry het nie.
Ek ken toevallig iemand wat na haar man se afsterwe me Theunissen besoek het. Haar man het so gesuip dat die brandweer die dag van die verassing op "stand by" was, want hulle was bang die krematorium sal ontplof. Me Theunissen het eerstens die man se voorkoms verkeerd beskryf en die oorsaak van sy dood totaal mis geraai. Hy was in elk geval nie "happy" waar hy is nie want daar is nie 'n Dokter Solly se Spreekamers (Solly Kramers) nie. Hy sit droogbek daar waar hy homself bevind.
Iemand wat stront innie lewe het kan my sms of vonkpos. Ek het raad vir jou. As jy te vet is, vreet jy te veel. As jy te maer is, te min. Jy spyker of te veel of te min, nooit genoeg nie. Die rede hoekom jou man jou moer is, jy luister nie. Vir mans, die rede hoekom jou vrou nie gelukkig is met jou nie, jy pla haar net as jy gesuip is. (Jy drink haar dan mooi). Die kinners irriteer jou. Skoonma ry drie besems 'n week moertoe. So gaan dit aan.
Ek sal teen geen vergoeding optree. Reël net vir 'n skipadbraai en ek is daar. (Skilpadbraai = Baaaaie dop en min vleis)
Reusedwerg


Kommentaar
Mooi man! - ek hou van hierdie berading behalwe vir die skilpadbraai.
Beste Webvoet,