SêNet-briewe

Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat. Stuur jou brief aan webvoet@litnet.co.za. Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions. Send letters to webvoet@litnet.co.za.

Nog 'n HB-grappie

Angus 2013-06-13 As die Higgs-boson werklik die Godpartikel is, waarom het God dan die patentereg daarop aan Higgs afgestaan?

Vroom onkunde

CM 2013-06-13 Dit is al vir eeue bekend hoe feite bewys word, maar omtrent almal gee voor dat hulle nie weet hoe nie.

Kommentaar vir Angus oor sy kommentaar

Jan Rap 2013-06-13 Jy maak vir die hoeveelste keer die fout om te dink dat ek nie wil hê Afrikaans moet nie verander nie.

Onruste, brande en klipgooi ...

Francois Williams 2013-06-13 Jaak, shaaim huh, lyk my dinge gaan rof in die EU!

Angus, daar's nog!

Cornelius Henn 2013-06-13 Geloof en ongeloof, het duidelik niks daarmee te make nie.

Die Huisgesin

Trienie 2013-06-13 Die huisgesin soos deur God ingestel is vir God self baie belangrik.

Ek mag drink maar ek mag nie meer lees wat ek drink nie?

2013-06-13 "Die feit dat jy allerhande soorte wette kan maak beteken slegs jy het die mag om dit te doen. Dit beteken beslis nie dat dit sinvol is nie of dat jy enige wysheid het nie."

Welg’leg’n

Jacobus Faasen 2013-06-12 slaafkwartier’s prakties, oppie regte plek g’bou,
regonn’r kombuis, v’r vuur-anie-gang-kry, gou,
soms kô haal Baas, Kleinbaas, ook sjy stukkie,
vra, post-koïtaal, so wrintag nogge drukkie

Die Higgs-boson ...

Raed-na-Gael 2013-06-12 ... is in 1964 as 'n wetenskaplike teorie gevestig.

Kobus beweer dat ek gorrel en geen bewyse het nie

Angus 2013-06-12 Ek kan verstaan dat jy die Bybel probeer versoen met die wetenskap, en dat jy die wetenskap probeer gebruik om die inhoud van die Bybel te bewys, maar dit kan ongelukkig nie

Pieter sê vleis eet is sonde?

Raed-na-Gael 2013-06-12 Jy verwerp met jou visioen die evolusieleer ook. Ek meen, hulle sê ons het uit die primate geëvolueer en die vreet tot vandag toe vleis, in baie gevalle, hul eie soort.

Dooie lewe

CM 2013-06-12 Fossiele toon dat net lewende breine kan dink dat dooies leef.

Wat maak jy hier?

Hennie Fritz 2013-06-12 Hoewel Elia as profeet ’n gerekende man van God was, het hy die profesie laat wag en daar in die Horebberg in ’n grot gaan oornag. Tot die Here hom daar kom roep het ... "Wat maak jy hier?"

Woordkrag

CM 2013-06-11 Die verheerliking van bedenksels van voorgangers verewig dit lewenslank.

Verdere kommentaar vir Jaco

Jan Rap 2013-06-11 Ek het meermale al gesê ek glo dat daar geen verskil is in IK tussen swart, geel, beige en wit nie. Die normaalverdelingskromme mag na gelang van omstandighede tydelik effens skeefgetrek wees maar oor die eeue heen is almal ewe slim en dom.

Konformasie

CM 2013-06-11 Ter wille van vreedsame naasbestaan, is dit nodig om oor almal se beginsels saam te lieg.

Afrika-instrument

Jacobus Faasen 2013-06-11 elk taal dra in haar iets spesifieks etiek,
elk medium’s ’n spieël, vannie politiek,
hoedanig meerd’rheid (soos in sprek’r),
’t v’n trots laat oorloop, taalliefd’sbek’r

Skadebeheer

Reusedwerg 2013-06-11 Ek weet nie of ek onnodig verbouereerd is of nie maar hier kom 'n ding en dit is nie modder nie. Waarom die ewe skielike besoek van die VSA se president? Wat het of wat gaan gebeur.

Frances Thomas: Christina Rossetti

Johannes Comestor 2013-06-11 "Deurlopend is daar 'n oppervlakkigheid in wat aangebied word. Hierdie vlakheid veroorsaak dat Rossetti nie oortuigend as 'n eens lewende mens voorgestel word nie."

post-V’n Riebeeck-g’doente

Jacobus Faasen 2013-06-10 totte “spesiale soort” neo-blues v’rdoem,
neo-lib’raal, tragi-komies, nogal “neo-”,
Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens,
Top