Nog 'n HB-grappie

  • 4

As die Higgs-boson werklik die Godpartikel is, waarom het God dan die patentereg daarop aan Higgs afgestaan?

Groete
Angus

  • 4

Kommentaar

  • Kobus de Klerk

    O, maar dit is omdat God so vrygewig, mededeelsaam en lankmoedig is. Kyk om jou heen - God het dit alles gemaak en tot ons beskikking gestel.

    Dit is net iemand soos jy wat alles wat jy vermag, sal wil beskerm vir jou eie selfsugtige gewin. God is nie so nie. As God nie so goedertieren, vrygewig en lankmoedig was nie, sou jy nie meer asemhaal nie ...

    Dit is omdat jy jou eie uiters gebrekkige menslike hoedanighede en sienswyses op God wil projekteer dat jy nie kan glo dat Hy bestaan nie. Ek stem saam, as jy na 'n God soek wat soos jy is, gaan jy Hom nie vind nie.

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Maar Angus, hoe is dit dan dat jy dit as slegsê sien wanneer ek die spieël voor jou staanmaak en jy jouself daarin sien? Tja, dan moet jy mos darem nou iets daaromtrent doen sodat jy nie meer hoef skaam te word as mens die spieël voor jou staanmaak, nie.

    Ware Christene behoort jou nie te paai en jou te laat staan soos jy is, nie. Dit sal baie sleg wees vir jou... en vir hulle.

    Kobus de Klerk

  • Cornelius Henn

    Beste Angus, met hartseer moet 'n mens maar besef dat alle fundamentaliste so is - die ware gelowiges en die ware ongelowiges. Fundamentalisme is 'n reaksie teen die hele wêreld. Dis diep gewortel in 'n dwaling waarin die mens in wese geminag en verwerp word. Menswees omvat in wese geloof en ongeloof; lewend en as deel van die ganse kosmos. Fundamentaliste se redetwis is diep - onoorbrugbaar diep - begrens met 'n keuse tussen ware geloof of ware ongeloof - ongeag waar, en by watter mylpaal elkeen se hart op hul weg. "Ons is reg; julle is verkeerd", is die ergernis waarmee ware ongelowiges, en ware gelowiges, vir jare reeds enigeen teister wat hulle nie eer nie. Namaste! Cornelius Henn

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top