virre vale

  • 0

onskuld, skuld, twee pole,aysh, glattie om’t ewe,
Millennium Drie Mens leer, re Lewe Twee Lewe,
nie altyd vorie handligg’nd, sup’r-eksakt’ g’gewe,
nie vi’ dié, wie na “Duiw’lspiek”-erbarm’ng strewe

oorlogslustige saai chaos, stabiliteit’s ontwrig,
maneuv’r-’p-maneuv’r, Ann’r t’uitmaneuvreer,
Naaste nesse stuk vlees aan fyn flarde t’skeur,
oorlog, struktuurg’weld, imm’rs imm’r onheil’g

binnekringb’gunstigde klim kordaat ytie kas,
spinsangoma draai sig Self in eige web vas,
v’rras, re ultra-vals illusie v’n “ras”-’n-“klas”,
as’f’t ooit tot voordeel v’n Mens, -dom, was

val hoogboom-meeste-wind-kind só, in eie val,
gooi onkund’-ontkenn’ngsekspert virre vale wal

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top