Die Huisgesin

  • 0

In die Jun/Julie uitgawe van JUIG! skryf Angus Buchan oor vaderskap. Hy s?: “Die enigste ding wat ons saam kan neem Hemel toe, is ons gesinne. Wees ‘n lewende voorbeeld vir hulle om te volg.”

Die huisgesin soos deur God ingestel is vir God self baie belangrik. Wanneer ‘n seun of dogter rebelsgesind voorkom is die eerste vraag wat ons as hulpverlener vra: “Het hierdie kind genoegsame gesonde liefde van albei ouers ontvang?” of “Is die ma en pa nog in die huis?” Want – ons is almal ‘n produk van ons verlede.

Angus verklaar: “Jou seun doen nie wat jy s? hy behoort te doen nie, hy doen presies wat jy doen. Dit is hoekom dit so belangrik vir pa’s is om die leiding te neem.”

‘n Vaderlose generasie is ‘n probleem generasie. ‘n Moederlose generasie is ‘n naakte generasie. Hou ons as ouers nog ons woord gestand teenoor mekaar, asook beloftes aan ons kinders?

Eie eer en selfgesentreerdheid vanaf vader of moeder breek die koester-sirkel van ‘n huisgesin. So word die ruggraat van ‘n nasie verbrokkel. 

Ons s? ons is Afrikaners, trotse boerevolk, maar stel ons God eerste in die huwelik. Soek Sy raad en hang bybelse voorskrifte en waardes aan? Of verkies ons om te leef volgens die bieg-gemors wat op hierdie forum geskryf word. Toets jouself aan die artikels wat jy lees of aanhang. Dit is ‘n goeie barometer van jou huwelik of inbors. 

Angus sluit sy artikel af met hierdie woorde: “As jy Jesus die Leidsman in jou huis maak, die laaste Woord, dan sal jy ‘n gesin h? waarop jy so trots sal wees.”

Dankie vir insiggewende en geïnspireerde woorde om na te volg.

Trienie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top