Dag Francois
Ek verwys na jou brief waarin jy jou blydskap uitspreek oor die regering wat nou NOG 'n meganisme – daar is al 'n tiental of wat – wil instel om korrupsie en skelmgeit aan te spreek. Plaas laat jy maar stilbly daaroor want dit vestig net weer die aandag op hoe wydverspreid korrupsie hier is.
Dis vraag en aanbod, swaer. Hoe harder die regering verkondig dat hulle korrupsie en misdaad wil beveg hoe duideliker erken hulle eintlik hulle is korrup. Jy kan nie ouens prys vir (futiele) pogings tot genesing as hulle die oorsaak van die siekte is nie. Dis soos om aasvoëlinslepers te prys vir hulle insleepdienste as hulle olie op die pad gooi om ongelukke te veroorsaak (Jaco, help my tog met nog 'n gepaste analoog hier man!)
Verder verwys ek na jou brief oor die opstand daar in Turkye, jy laat sak jou kop in skaamte oor witmense betoog sê jy. Half rassisties van jou; dit lyk of jy dink betoog en bandebrandery is maar 'n swart ding want jy laat sak nie jou kop in skaamte oor jou SwJ's se opstande hier nie – op 'n stadium tot 16 PER DAG hier in Gauteng!
Ek sien jy't ook niks gesê oor die geweld wat 'oorgespoel' het Swede toe nie; seker nog 'n bewys dat jy dit maar as natuurlik beskou as dit deur 'immigrante' gepleeg word. Jy was erg tevrede oor die messtekery in Birmingham tot jy seker gehoor het dit was 'n immigrant. Seker die wat jy ook maar geswyg het oor die vermoorde soldaat in Engeland en die een in Frankryk.
Jy wat so neerhalend teenoor die witmense is, hoe verklaar jy die feit dat, toe die Boere die land nog regeer het, ons altyd bo-aan die lyste van goeie goed was en onderaan die lyste van slegte goed? Nou's dit andersom; drie raaie hoekom.
Jaco, jy's reg dat ek bietjie stadig dink. Nou's dit nog erger; ek kan nie lank sit en tik nie want ek het so 'n ruk gelede op een of ander manier 'n rugsenuwee geknyp so om te antwoord vat nog langer. Maar dit kom darem stadig reg (nou weet ek hoe't my arme worshondjie gely).
Groetnis
Jan Rap


Kommentaar
Jan
Indien jy nie skerts nie, my innige simpatie. My ouboet Daan het 'n rug-operasie gehad om 'n geknypte senuwee, ten duurste, te verlig, blykbaar sonder sukses. Hy het voortdurend geweldige pyn in sy laer rug wat in sy regter been afskiet. Hy leef op pynpille en hitte aanpaksels om die pyn te prober verlig.
Sterkte.
Jaco Fourie
Jan.
Indien jy op Simvastatin of ander Cholesterol onderdrukkende medikasie is, is een moontlike newe-effek daarvan vernietigende-spierweefsel wat in erge spierkrampe en pyn manifesteer, wat baiemaal verkeerdelik as senuwee-knyping gediagnoseer word. 'n MRI (tonnel-ektrale) sal versekering al dan nie gee insake sodanige diagnose. Indien op enige vorm van Statin medikasie is, neem ook CoQ10 pille wat hierdie hormoon wat Statin-medikasie in die liggaam vernietig, en na sodanige spierpyne lei, vervang.
Nieteenstaande, volg ten alle tye eerder jou geneesheer se raad
Beste Wense
Jaco Fourie
Hallo Jaco
Nee ek skerts nie, dis four. king. seer maar dis nou beter; ek kan nog net nie lank slaap nie, so 2 na 3 ure dan moet ek weer beweeg. In die begin kon ek net knielend slaap (lyk of ek aanhoudend bid) en later het ek die bed soort van so van onder af bekruip en dan op my pens geslaap vir so uur of wat en dan weer net so in trurat afgekruip tot in 'n knielende posisie.
Gelukkig was my een seun se krukke nog in die huis (hy't dit gebruik na 'n motorfiertsongeluk) en dan moes ek vir so 2 na 3 minute eers staan en opcharge soos my vrou dit noem voor ek kon beweeg met die krukke.
Dankie vir die raad oor die pille en goed maar nie een van daardie is op my lys nie. Die spesialis het pille voorgeskryf maar ek het gevoel die goed maak my sleg voel. 'Verbeelding' het my vrou gesê maar ek het opgehou om die goed te drink en my toe verbeel ek voel nie so sleg nie. Net disprins gedrink want ek het my verbeel die goed maak my vaak en laat my beter slaap alhoewel dit nie veel vir die pyn gedoen het nie.
Laas wat ek hierdie soort van pyn ondervind het was met interne bloeding toe ek 'n spier in my kuit geskeur het en net morfien het daarvoor gehelp. Ek het egter nie toegang tot morfien by die huis nie; moes miskien kyk of ek bietjie dagga in die hande kon kry. Maar, soos ek sê, dis nou beter.
Sê vir Daan ek het groot simpatie met hom.
Groetnis
Jan
Dankie vir die terugvoer, en vinnige sterkte vorentoe.
Jaco Fourie